Salmos 106

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ACF

Sair da comparação
ACF Almeida Corrigida Fiel
1 Halleluja! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
1 Louvai ao SENHOR. Louvai ao SENHOR, porque ele é bom, porque a sua misericórdia dura para sempre.
2 Wie kan die magtige dade van die HERE uitspreek, al sy roem verkondig?
2 Quem pode contar as obras poderosas do Senhor? Quem anunciará os seus louvores?
3 Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
3 Bem-aventurados os que guardam o juízo, o que pratica justiça em todos os tempos.
4 Dink aan my, o HERE, na die welbehae in u volk, besoek my met u heil,
4 Lembra-te de mim, Senhor, segundo a tua boa vontade para com o teu povo; visita-me com a tua salvação.
5 dat ek kan aanskou die geluk van u uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van u volk, my kan beroem met u erfdeel.
5 Para que eu veja os bens de teus escolhidos, para que eu me alegre com a alegria da tua nação, para que me glorie com a tua herança.
6 Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel.
6 Nós pecamos como os nossos pais, cometemos a iniqüidade, andamos perversamente.
7 Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op u wonders, hulle het nie gedink aan die menigte van u goedertierenhede nie, maar was wederstrewig by die see, by die Skelfsee.
7 Nossos pais não entenderam as tuas maravilhas no Egito; não se lembraram da multidão das tuas misericórdias; antes o provocaram no mar, sim no Mar Vermelho.
8 Maar Hy het hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak.
8 Não obstante, ele os salvou por amor do seu nome, para fazer conhecido o seu poder.
9 En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat dit opgedroog het, en hulle deur die watervloede laat gaan soos deur 'n woestyn.
9 Repreendeu, também, o Mar Vermelho, e este se secou, e os fez caminhar pelos abismos como pelo deserto.
10 En Hy het hulle verlos uit die hand van die hater en hulle bevry uit die hand van die vyand.
10 E os livrou da mão daquele que os odiava, e os remiu da mão do inimigo.
11 En die waters het hulle teëstanders oordek: nie een van hulle het oorgebly nie.
11 E as águas cobriram os seus adversários; nem um só deles ficou.
12 Toe het hulle aan sy woorde geglo, hulle het sy lof gesing.
12 Então creram nas suas palavras, e cantaram os seus louvores.
13 Maar hulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie.
13 Porém cedo se esqueceram das suas obras; não esperaram o seu conselho.
14 En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis.
14 Mas deixaram-se levar à cobiça no deserto, e tentaram a Deus na solidão.
15 Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel 'n maerte gestuur.
15 E ele lhes cumpriu o seu desejo, mas enviou magreza às suas almas.
16 En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op A„ron, die heilige van die HERE.
16 E invejaram a Moisés no campo, e a Arão, o santo do Senhor.
17 Die aarde het oopgegaan en Datan verslind en die bende van Ab¡ram oordek.
17 Abriu-se a terra, e engoliu a Datã, e cobriu o grupo de Abirão.
18 En 'n vuur het gebrand onder hulle bende, 'n vlam die goddelose aan die brand gesteek.
18 E um fogo se acendeu no seu grupo; a chama abrasou os ímpios.
19 Hulle het by Horeb 'n kalf gemaak en gebuig voor 'n gegote beeld.
19 Fizeram um bezerro em Horebe e adoraram a imagem fundida.
20 En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die afbeelding van 'n bees wat gras eet.
20 E converteram a sua glória na figura de um boi que come erva.
21 Hulle het God vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte,
21 Esqueceram-se de Deus, seu Salvador, que fizera grandezas no Egito,
22 wonders in die land van Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee.
22 Maravilhas na terra de Cão, coisas tremendas no Mar Vermelho.
23 Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moses, sy uitverkorene, nie voor sy aangesig in die bres gaan staan het om sy grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie.
23 Por isso disse que os destruiria, não houvesse Moisés, seu escolhido, ficado perante ele na brecha, para desviar a sua indignação, a fim de não os destruir.
24 Hulle het ook die kosbare land versmaad, sy woord nie geglo nie;
24 Também desprezaram a terra aprazível; não creram na sua palavra.
25 en hulle het gemurmureer in hul tente, na die stem van die HERE nie geluister nie.
25 Antes murmuraram nas suas tendas, e não deram ouvidos à voz do Senhor.
26 Toe het Hy sy hand teen hulle opgehef om hulle neer te slaan in die woestyn,
26 Por isso levantou a sua mão contra eles, para os derrubar no deserto;
27 en om hulle nageslag te versprei onder die nasies en hulle te verstrooi in die lande.
27 Para derrubar também a sua semente entre as nações, e espalhá-los pelas terras.
28 Ook het hulle hul aan Ba„l-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet;
28 Também se juntaram com Baal-Peor, e comeram os sacrifícios dos mortos.
29 en hulle het die HERE geterg deur hul dade, sodat 'n plaag onder hulle uitgebreek het.
29 Assim o provocaram à ira com as suas invenções; e a peste rebentou entre eles.
30 Toe het P¡nehas opgetree en gerig geoefen, en die plaag het opgehou;
30 Então se levantou Finéias, e fez juízo, e cessou aquela peste.
31 en dit is hom gereken tot geregtigheid, van geslag tot geslag tot in ewigheid.
31 E isto lhe foi contado como justiça, de geração em geração, para sempre.
32 Hulle het Hom ook vertoorn by die waters van M,riba, en dit het met Moses sleg gegaan om hulle ontwil;
32 Indignaram-no também junto às águas da contenda, de sorte que sucedeu mal a Moisés, por causa deles;
33 want hulle was wederstrewig teen sy Gees, sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe.
33 Porque irritaram o seu espírito, de modo que falou imprudentemente com seus lábios.
34 Hulle het die volke nie verdelg soos die HERE aan hulle gesê het nie,
34 Não destruíram os povos, como o Senhor lhes dissera.
35 maar hul met die heidene vermeng en hulle werke geleer.
35 Antes se misturaram com os gentios, e aprenderam as suas obras.
36 En hulle het hulle afgode gedien, en dit het vir hulle 'n strik geword.
36 E serviram aos seus ídolos, que vieram a ser-lhes um laço.
37 Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer
37 Demais disto, sacrificaram seus filhos e suas filhas aos demônios,
38 en onskuldige bloed vergiet -- die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kana„n geoffer het -- sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.
38 E derramaram sangue inocente, o sangue de seus filhos e de suas filhas que sacrificaram aos ídolos de Canaã; e a terra foi manchada com sangue.
39 En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade.
39 Assim se contaminaram com as suas obras, e se corromperam com os seus feitos.
40 Toe het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk, en Hy het 'n afsku gekry van sy erfdeel.
40 Então se acendeu a ira do Senhor contra o seu povo, de modo que abominou a sua herança.
41 En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers;
41 E os entregou nas mãos dos gentios; e aqueles que os odiavam se assenhorearam deles.
42 en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig.
42 E os seus inimigos os oprimiram, e foram humilhados debaixo das suas mãos.
43 Hy het hulle baiekeer gered; maar hulle was wederstrewig in hulle voorneme. So het hulle dan weggesink deur hul ongeregtigheid.
43 Muitas vezes os livrou, mas o provocaram com o seu conselho, e foram abatidos pela sua iniqüidade.
44 Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het;
44 Contudo, atendeu à sua aflição, ouvindo o seu clamor.
45 en Hy het tot hulle beswil aan sy verbond gedink en berou gekry na die veelheid van sy goedertierenhede.
45 E se lembrou da sua aliança, e se arrependeu segundo a multidão das suas misericórdias.
46 En Hy het hulle medelyde laat vind by almal wat hulle as gevangenes weggevoer het.
46 Assim, também fez com que deles tivessem misericórdia os que os levaram cativos.
47 Verlos ons, HERE onse God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
47 Salva-nos, Senhor nosso Deus, e congrega-nos dentre os gentios, para que louvemos o teu nome santo, e nos gloriemos no teu louvor.
48 Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En laat die hele volk sê: Amen. Halleluja!
48 Bendito seja o Senhor Deus de Israel, de eternidade em eternidade, e todo o povo diga: Amém. Louvai ao Senhor.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Salmos 106, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.