Provérbios 24

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARIB

Sair da comparação
ARIB Almeida Revisada Imprensa Bíblica
1 Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.
1 Não tenhas inveja dos homens malignos; nem desejes estar com eles;
2 Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.
2 porque o seu coração medita a violência; e os seus lábios falam maliciosamente.
3 Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;
3 Com a sabedoria se edifica a casa, e com o entendimento ela se estabelece;
4 en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.
4 e pelo conhecimento se encherão as câmaras de todas as riquezas preciosas e deleitáveis.
5 'n Wyse man is sterk, en 'n man van kennis ontwikkel krag.
5 O sábio é mais poderoso do que o forte; e o inteligente do que o que possui a força.
6 Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.
6 Porque com conselhos prudentes tu podes fazer a guerra; e há vitória na multidão dos conselheiros.
7 Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.
7 A sabedoria é alta demais para o insensato; ele não abre a sua boca na porta.
8 Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word 'n skelm genoem.
8 Aquele que cuida em fazer o mal, mestre de maus intentos o chamarão.
9 Die sonde is 'n dwase voorneme, en die spotter is 'n gruwel vir die mensdom.
9 O desígnio do insensato é pecado; e abominável aos homens é o escarnecedor.
10 Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.
10 Se enfraqueces no dia da angústia, a tua força é pequena.
11 Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!
11 Livra os que estão sendo levados à morte, detém os que vão tropeçando para a matança.
12 As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! -- sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.
12 Se disseres: Eis que não o sabemos; porventura aquele que pesa os corações não o percebe? e aquele que guarda a tua vida não o sabe? e não retribuirá a cada um conforme a sua obra?
13 Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.
13 Come mel, filho meu, porque é bom, e do favo de mel, que é doce ao teu paladar.
14 Erken dat die wysheid so is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
14 Sabe que é assim a sabedoria para a tua alma: se a achares, haverá para ti recompensa, e não será malograda a tua esperança.
15 Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.
15 Não te ponhas de emboscada, ó ímpio, contra a habitação do justo; nem assoles a sua pousada.
16 Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.
16 Porque sete vezes cai o justo, e se levanta; mas os ímpios são derribados pela calamidade.
17 As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,
17 Quando cair o teu inimigo, não te alegres, e quando tropeçar, não se regozije o teu coração;
18 dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.
18 para que o Senhor não o veja, e isso seja mau aos seus olhos, e desvie dele, a sua ira.
19 Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.
19 Não te aflijas por causa dos malfeitores; nem tenhas inveja dos ímpios;
20 Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.
20 porque o maligno não tem futuro; e a lâmpada dos ímpios se apagará.
21 My seun, vrees die HERE en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.
21 Filho meu, teme ao Senhor, e ao rei; e não te entremetas com os que gostam de mudanças.
22 Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?
22 Porque de repente se levantará a sua calamidade; e a ruína deles, quem a conhecerá?
23 Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.
23 Também estes são provérbios dos sábios: Fazer acepção de pessoas no juízo não é bom.
24 Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! -- die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.
24 Aquele que disser ao ímpio: Justo és; os povos o amaldiçoarão, as nações o detestarão;
25 Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.
25 mas para os que julgam retamente haverá delícias, e sobre eles virá copiosa bênção.
26 Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.
26 O que responde com palavras retas beija os lábios.
27 Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.
27 Prepara os teus trabalhos de fora, apronta bem o teu campo; e depois edifica a tua casa.
28 Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?
28 Não sejas testemunha sem causa contra o teu próximo; e não enganes com os teus lábios.
29 Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen -- ek sal die man vergelde na sy werk.
29 Não digas: Como ele me fez a mim, assim lhe farei a ele; pagarei a cada um segundo a sua obra.
30 Ek het by die land van 'n lui man verbygeloop en langs die wingerd van 'n verstandelose mens,
30 Passei junto ao campo do preguiçoso, e junto à vinha do homem falto de entendimento;
31 en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.
31 e eis que tudo estava cheio de cardos, e a sua superfície coberta de urtigas, e o seu muro de pedra estava derrubado.
32 En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:
32 O que tendo eu visto, o considerei; e, vendo-o, recebi instrução.
33 Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus;
33 Um pouco para dormir, um pouco para toscanejar, um pouco para cruzar os braços em repouso;
34 dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos 'n gewapende man.
34 assim sobrevirá a tua pobreza como um salteador, e a tua necessidade como um homem armado.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Provérbios 24, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.