Provérbios 21
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA
1 Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.
1 Como ribeiros de águas assim é o coração do rei na mão do Senhor ; este, segundo o seu querer, o inclina.
2 Elke weg van 'n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte.
2 Todo caminho do homem é reto aos seus próprios olhos, mas o
3 Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers.
3 Exercitar justiça e juízo é mais aceitável ao
4 Hoogheid van oë en trotsheid van hart -- die glans van die goddelose is sonde.
4 Olhar altivo e coração orgulhoso, a lâmpada dos perversos, são pecado.
5 Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.
5 Os planos do diligente tendem à abundância, mas a pressa excessiva, à pobreza.
6 Die verwerwing van skatte deur 'n valse tong is 'n verwaaide asem -- dodelike valstrikke.
6 Trabalhar por adquirir tesouro com língua falsa é vaidade e laço mortal.
7 Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.
7 A violência dos perversos os arrebata, porque recusam praticar a justiça.
8 Gekronkeld is die weg van 'n skuldige mens; maar die reine -- sy handeling is reg.
8 Tortuoso é o caminho do homem carregado de culpa, mas reto, o proceder do honesto.
9 Dit is beter om op die hoek van 'n dak te woon as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis.
9 Melhor é morar no canto do eirado do que junto com a mulher rixosa na mesma casa.
10 Die siel van die goddelose begeer die kwaad; sy naaste vind in sy oë geen genade nie.
10 A alma do perverso deseja o mal; nem o seu vizinho recebe dele compaixão.
11 As 'n mens 'n spotter straf, word die eenvoudige bedagsaam; en as 'n mens 'n wyse onderrig, neem hy self kennis aan.
11 Quando o escarnecedor é castigado, o simples se torna sábio; e, quando o sábio é instruído, recebe o conhecimento.
12 Die regverdige let op die huis van die goddelose; Hy stort die goddelose in die ongeluk.
12 O Justo considera a casa dos perversos e os arrasta para o mal.
13 Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie.
13 O que tapa o ouvido ao clamor do pobre também clamará e não será ouvido.
14 'n Geskenk in die geheim bring die toorn tot bedaring en 'n geskenk in die skoot die heftige woede.
14 O presente que se dá em segredo abate a ira, e a dádiva em sigilo, uma forte indignação.
15 Vreugde is dit vir die regverdige om reg te doen, maar 'n verskrikking vir die werkers van ongeregtigheid.
15 Praticar a justiça é alegria para o justo, mas espanto, para os que praticam a iniquidade.
16 'n Mens wat afdwaal van die pad van verstand, sal in die vergadering van die skimme rus.
16 O homem que se desvia do caminho do entendimento na congregação dos mortos repousará.
17 Wie van vrolikheid hou, is 'n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie.
17 Quem ama os prazeres empobrecerá, quem ama o vinho e o azeite jamais enriquecerá.
18 Die goddelose is 'n losprys vir die regverdige, en in die plek van die opregtes kom die ontroue.
18 O perverso serve de resgate para o justo; e, para os retos, o pérfido.
19 Dit is beter om in 'n woeste land te woon as by 'n twisgierige vrou en ergernis.
19 Melhor é morar numa terra deserta do que com a mulher rixosa e iracunda.
20 'n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar 'n dwase mens bring dit deur.
20 Tesouro desejável e azeite há na casa do sábio, mas o homem insensato os desperdiça.
21 Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind.
21 O que segue a justiça e a bondade achará a vida, a justiça e a honra.
22 Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting neer waar dit op vertrou.
22 O sábio escala a cidade dos valentes e derriba a fortaleza em que ela confia.
23 Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.
23 O que guarda a boca e a língua guarda a sua alma das angústias.
24 'n Vermetele, 'n trotsaard word 'n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel.
24 Quanto ao soberbo e presumido, zombador é seu nome; procede com indignação e arrogância.
25 Die begeerte van die luiaard sal hom doodmaak, want sy hande weier om te werk;
25 O preguiçoso morre desejando, porque as suas mãos recusam trabalhar.
26 die hele dag deur word daar dringend begeer, maar die regverdige gee en hou nie terug nie.
26 O cobiçoso cobiça todo o dia, mas o justo dá e nada retém.
27 Die offer van die goddelose is 'n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring.
27 O sacrifício dos perversos já é abominação; quanto mais oferecendo-o com intenção maligna!
28 'n Leuenagtige getuie kom om; maar 'n man wat goed toeluister, spreek vir altyd.
28 A testemunha falsa perecerá, mas a auricular falará sem ser contestada.
29 Die goddelose trek 'n onbeskaamde gesig, maar die opregte gee aan sy weë die regte rigting.
29 O homem perverso mostra dureza no rosto, mas o reto considera o seu caminho.
30 Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor die HERE nie.
30 Não há sabedoria, nem inteligência, nem mesmo conselho contra o
31 Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die HERE.
31 O cavalo prepara-se para o dia da batalha, mas a vitória vem do
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Provérbios 21, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.