Jó 22

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA

Sair da comparação
NAA Nova Almeida Atualizada 2017
1 Toe het lifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:
1 Então Elifaz, o temanita, tomou a palavra e disse:
2 Kan 'n man aan God 'n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige 'n diens.
2 “Pode o homem ser de algum proveito para Deus? Não! O sábio só é útil a si mesmo.
3 Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel?
3 Será que o Todo-Poderoso tem interesse em que você seja justo? Será que ele tem algum lucro, se você for perfeito em todos os seus caminhos?
4 Is dit oor jou Godsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan?
4 Ou será que é por causa do seu temor a Deus que ele o repreende ou entra em juízo contra você?
5 Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?
5 Não é fato que é grande a sua maldade, e incalculável a sua iniquidade?
6 Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.
6 Porque sem motivo você exigiu penhores do seu irmão e despojou das roupas os que estavam seminus.
7 Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou.
7 Você não deu água ao cansado e ao faminto você se recusou a dar pão.
8 Maar aan die man van geweld -- aan hom behoort die land; en die aansienlike -- hy moet daarin woon!
8 A terra pertencia ao homem poderoso, e só os privilegiados moravam nela.
9 Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.
9 Você despediu as viúvas de mãos vazias, e os braços dos órfãos foram quebrados.
10 Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.
10 Por isso, você está cercado de laços, e repentino pavor toma conta de você.
11 Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?
11 Está submerso por trevas, que impedem você de enxergar, e pelas águas transbordantes que o cobrem.”
12 Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.
12 “Não está Deus nas alturas do céu? Olhe para as estrelas mais altas! Que altura!
13 Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou?
13 E você diz: ‘O que é que Deus sabe? Será que ele pode julgar através de densa escuridão?
14 Wolke is 'n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.
14 Grossas nuvens o encobrem, de modo que não pode ver; ele só passeia pela abóbada do céu.’”
15 Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,
15 “Você quer seguir a rota antiga, que os iníquos percorreram?
16 wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos 'n stroom,
16 Estes foram levados antes do tempo; uma torrente arrastou os seus alicerces.
17 wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?
17 Diziam a Deus: ‘Deixa-nos em paz.’ E perguntavam: ‘O que pode fazer-nos o Todo-Poderoso?’
18 En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!
18 Contudo, foi Deus quem encheu de bens as casas deles. Longe de mim o conselho dos ímpios!
19 Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:
19 Os justos veem a destruição deles e se alegram; o inocente zomba deles,
20 Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.
20 dizendo: ‘Na verdade, os nossos adversários foram destruídos, e o fogo consumiu o resto deles.’”
21 Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.
21 “Portanto, reconcilie-se com Deus, viva em paz com ele e assim lhe sobrevirá o bem.
22 Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.
22 Aceite a instrução que vem da boca de Deus e guarde as palavras dele em seu coração.
23 As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.
23 Se você se converter ao Todo-Poderoso, será restabelecido; se afastar da sua tenda a injustiça
24 En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.
24 e lançar ao pó o seu ouro — o ouro de Ofir entre pedras dos ribeiros —,
25 Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.
25 então o Todo-Poderoso será o seu ouro e a sua prata escolhida.
26 Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.
26 Então você encontrará prazer no Todo-Poderoso e levantará o seu rosto para Deus.
27 Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.
27 Você fará oração, e Deus o ouvirá; e você pagará os seus votos.
28 Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn 'n lig.
28 Se você projetar alguma coisa, ela lhe será bem-sucedida, e a luz brilhará em seus caminhos.
29 As die afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.
29 Se forem humilhados, você dirá: ‘Para cima!’ E Deus salvará o humilde.
30 Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.
30 Livrará até o que não é inocente; sim, será libertado, porque você tem as mãos limpas.”

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jó 22, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.