Salmos 119
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARIB
1 Alef. Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel.
1 Bem-aventurados os que trilham com integridade o seu caminho, os que andam na lei do Senhor!
2 Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;
2 Bem-aventurados os que guardam os seus testemunhos, que o buscam de todo o coração,
3 ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel.
3 que não praticam iniqüidade, mas andam nos caminhos dele!
4 U het u bevele gegee om dit trou te onderhou.
4 Tu ordenaste os teus preceitos, para que fossem diligentemente observados.
5 Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou!
5 Oxalá sejam os meus caminhos dirigidos de maneira que eu observe os teus estatutos!
6 Dan sal ek nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie.
6 Então não ficarei confundido, atentando para todos os teus mandamentos.
7 Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer.
7 Louvar-te-ei com retidão de coração, quando tiver aprendido as tuas retas ordenanças.
8 Ek sal u insettinge onderhou; verlaat my nie geheel en al nie.
8 Observarei os teus estatutos; não me desampares totalmente!
9 Bet. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.
9 Como purificará o jovem o seu caminho? Observando-o de acordo com a tua palavra.
10 Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.
10 De todo o meu coração tenho te buscado; não me deixes desviar dos teus mandamentos.
11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.
11 Escondi a tua palavra no meu coração, para não pecar contra ti.
12 Lofwaardig is U, o HERE! Leer my u insettinge!
12 Bendito és tu, ó Senhor; ensina-me os teus estatutos.
13 Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond.
13 Com os meus lábios declaro todas as ordenanças da tua boca.
14 Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom.
14 Regozijo-me no caminho dos teus testemunhos, tanto como em todas as riquezas.
15 Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.
15 Em teus preceitos medito, e observo os teus caminhos.
16 Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.
16 Deleitar-me-ei nos teus estatutos; não me esquecerei da tua palavra.
17 Gimel. Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar.
17 Faze bem ao teu servo, para que eu viva; assim observarei a tua palavra.
18 Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.
18 Desvenda os meus olhos, para que eu veja as maravilhas da tua lei.
19 Ek is 'n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie.
19 Sou peregrino na terra; não escondas de mim os teus mandamentos.
20 My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur.
20 A minha alma se consome de anelos por tuas ordenanças em todo o tempo.
21 U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie afdwaal.
21 Tu repreendeste os soberbos, os malditos, que se desviam dos teus mandamentos.
22 Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar.
22 Tira de sobre mim o opróbrio e o desprezo, pois tenho guardado os teus testemunhos.
23 Al sit vorste en beraadslaag teen my -- u kneg oordink u insettinge.
23 Príncipes sentaram-se e falavam contra mim, mas o teu servo meditava nos teus estatutos.
24 Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne.
24 Os teus testemunhos são o meu prazer e os meus conselheiros.
25 Dalet. My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord.
25 A minha alma apega-se ao pó; vivifica-me segundo a tua palavra.
26 My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge!
26 Meus caminhos te descrevi, e tu me ouviste; ensina-me os teus estatutos.
27 Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.
27 Faze-me entender o caminho dos teus preceitos; assim meditarei nas tuas maravilhas.
28 My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord.
28 A minha alma se consome de tristeza; fortalece-me segundo a tua palavra.
29 Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet.
29 Desvia de mim o caminho da falsidade, e ensina-me benignidade a tua lei.
30 Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.
30 Escolhi o caminho da fidelidade; diante de mim pus as tuas ordenanças.
31 Ek kleef u getuienisse aan; o HERE, maak my nie beskaamd nie!
31 Apego-me aos teus testemunhos, ó Senhor; não seja eu envergonhado.
32 Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart.
32 Percorrerei o caminho dos teus mandamentos, quando dilatares o meu coração.
33 He. HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.
33 Ensina-me, ó Senhor, o caminho dos teus estatutos, e eu o guardarei até o fim.
34 Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.
34 Dá-me entendimento, para que eu guarde a tua lei, e a observe de todo o meu coração.
35 Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek 'n behae.
35 Faze-me andar na vereda dos teus mandamentos, porque nela me comprazo.
36 Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie.
36 Inclina o meu coração para os teus testemunhos, e não para a cobiça.
37 Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.
37 Desvia os meus olhos de contemplarem a vaidade, e vivifica-me no teu caminho.
38 Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees.
38 Confirma a tua promessa ao teu servo, que se inclina ao teu temor.
39 Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed.
39 Desvia de mim o opróbrio que temo, pois as tuas ordenanças são boas.
40 Gewis, ek het 'n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid.
40 Eis que tenho anelado os teus preceitos; vivifica-me por tua justiça.
41 Wau. En laat u goedertierenhede oor my kom, o HERE, u heil volgens u belofte,
41 Venha também sobre mim a tua benignidade, ó Senhor, e a tua salvação, segundo a tua palavra.
42 sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.
42 Assim terei o que responder ao que me afronta, pois confio na tua palavra.
43 En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.
43 De minha boca não tires totalmente a palavra da verdade, pois tenho esperado nos teus juízos.
44 Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd,
44 Assim observarei de contínuo a tua lei, para sempre e eternamente;
45 en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele.
45 e andarei em liberdade, pois tenho buscado os teus preceitos.
46 Ook wil ek voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie.
46 Falarei dos teus testemunhos perante os reis, e não me envergonharei.
47 En ek wil my verlustig in u gebooie wat ek liefhet,
47 Deleitar-me-ei em teus mandamentos, que eu amo.
48 en my hande ophef na u gebooie wat ek liefhet, en u insettinge oordink.
48 Também levantarei as minhas mãos para os teus mandamentos, que amo, e meditarei nos teus estatutos.
49 Sajin. Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.
49 Lembra-te da palavra dada ao teu servo, na qual me fizeste esperar.
50 Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak.
50 Isto é a minha consolação na minha angústia, que a tua promessa me vivifica.
51 Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie.
51 Os soberbos zombaram grandemente de mim; contudo não me desviei da tua lei.
52 Ek het gedink, o HERE, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos.
52 Lembro-me dos teus juízos antigos, ó Senhor, e assim me consolo.
53 Toorngloed het my aangegryp vanweë die goddelose wat u wet verlaat.
53 Grande indignação apoderou-se de mim, por causa dos ímpios que abandonam a tua lei.
54 U insettinge was gesange vir my in die huis van my vreemdelingskap.
54 Os teus estatutos têm sido os meus cânticos na casa da minha peregrinação.
55 HERE, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou.
55 De noite me lembrei do teu nome, ó Senhor, e observei a tua lei.
56 Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het.
56 Isto me sucedeu, porque tenho guardado os teus preceitos.
57 Get. Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.
57 O Senhor é o meu quinhão; prometo observar as tuas palavras.
58 Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte.
58 De todo o meu coração imploro o teu favor; tem piedade de mim, segundo a tua palavra.
59 Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.
59 Quando considero os meus caminhos, volto os meus pés para os teus testemunhos.
60 Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.
60 Apresso-me sem detença a observar os teus mandamentos.
61 Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie.
61 Enleiam-me os laços dos ímpios; mas eu não me esqueço da tua lei.
62 Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge.
62 À meia-noite me levanto para dar-te graças, por causa dos teus retos juízos.
63 Ek is 'n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou.
63 Companheiro sou de todos os que te temem, e dos que guardam os teus preceitos.
64 HERE, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge.
64 A terra, ó Senhor, está cheia da tua benignidade; ensina-me os teus estatutos.
65 Tet. U het goed gedoen aan u kneg, HERE, na u woord.
65 Tens usado de bondade para com o teu servo, Senhor, segundo a tua palavra.
66 Leer my 'n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie.
66 Ensina-me bom juízo e ciência, pois creio nos teus mandamentos.
67 Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord.
67 Antes de ser afligido, eu me extraviava; mas agora guardo a tua palavra.
68 U is goed en doen goed; leer my u insettinge.
68 Tu és bom e fazes o bem; ensina-me os teus estatutos.
69 Vermeteles het my leuens toegedig; maar ,k bewaar van ganser harte u bevele.
69 Os soberbos forjam mentiras contra mim; mas eu de todo o coração guardo os teus preceitos.
70 Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ,k verlustig my in u wet.
70 Torna-se-lhes insensível o coração como a gordura; mas eu me deleito na tua lei.
71 Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer.
71 Foi-me bom ter sido afligido, para que aprendesse os teus estatutos.
72 Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer.
72 Melhor é para mim a lei da tua boca do que milhares de ouro e prata.
73 Jod. U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer.
73 As tuas mãos me fizeram e me formaram; dá-me entendimento para que aprenda os teus mandamentos.
74 Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek.
74 Os que te temem me verão e se alegrarão, porque tenho esperado na tua palavra.
75 Ek weet, HERE, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het.
75 Bem sei eu, ó Senhor, que os teus juízos são retos, e que em tua fidelidade me afligiste.
76 Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg.
76 Sirva, pois, a tua benignidade para me consolar, segundo a palavra que deste ao teu servo.
77 Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging.
77 Venham sobre mim as tuas ternas misericórdias, para que eu viva, pois a tua lei é o meu deleite.
78 Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ,k oordink u bevele.
78 Envergonhados sejam os soberbos, por me haverem subvertido sem causa; mas eu meditarei nos teus preceitos.
79 Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken.
79 Voltem-se para mim os que te temem, para que conheçam os teus testemunhos.
80 Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie.
80 Seja perfeito o meu coração nos teus estatutos, para que eu não seja envergonhado.
81 Kaf. My siel smag na u heil; op u woord wag ek.
81 Desfalece a minha alma, aguardando a tua salvação; espero na tua palavra.
82 My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos?
82 Os meus olhos desfalecem, esperando por tua promessa, enquanto eu pergunto: Quando me consolarás tu?
83 Want ek het geword soos 'n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie.
83 Pois tornei-me como odre na fumaça, mas não me esqueci dos teus estatutos.
84 Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers?
84 Quantos serão os dias do teu servo? Até quando não julgarás aqueles que me perseguem?
85 Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie.
85 Abriram covas para mim os soberbos, que não andam segundo a tua lei.
86 Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my!
86 Todos os teus mandamentos são fiéis. Sou perseguido injustamente; ajuda-me!
87 Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar ,k het u bevele nie verlaat nie.
87 Quase que me consumiram sobre a terra, mas eu não deixei os teus preceitos.
88 Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou.
88 Vivifica-me segundo a tua benignidade, para que eu guarde os testemunhos da tua boca.
89 Lamed. Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele.
89 Para sempre, ó Senhor, a tua palavra está firmada nos céus.
90 U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan.
90 A tua fidelidade estende-se de geração a geração; tu firmaste a terra, e firme permanece.
91 Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte.
91 Conforme a tua ordenança, tudo se mantém até hoje, porque todas as coisas te obedecem.
92 As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende.
92 Se a tua lei não fora o meu deleite, então eu teria perecido na minha angústia.
93 Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.
93 Nunca me esquecerei dos teus preceitos, pois por eles me tens vivificado.
94 Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele.
94 Sou teu, salva-me; pois tenho buscado os teus preceitos.
95 Die goddelose lê en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse.
95 Os ímpios me espreitam para me destruírem, mas eu atento para os teus testemunhos.
96 Aan alle volmaaktheid het ek 'n einde gesien, maar u gebod is baie wyd.
96 A toda perfeição vi limite, mas o teu mandamento é ilimitado.
97 Mem. Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.
97 Oh! quanto amo a tua lei! ela é a minha meditação o dia todo.
98 U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig.
98 O teu mandamento me faz mais sábio do que meus inimigos, pois está sempre comigo.
99 Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing.
99 Tenho mais entendimento do que todos os meus mestres, porque os teus testemunhos são a minha meditação.
100 Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.
100 Sou mais entendido do que os velhos, porque tenho guardado os teus preceitos.
101 Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar.
101 Retenho os meus pés de todo caminho mau, a fim de observar a tua palavra.
102 Ek het van u verordeninge nie afgewyk nie, want U het my geleer.
102 Não me aperto das tuas ordenanças, porque és tu quem me instrui.
103 Hoe soet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond.
103 Oh! quão doces são as tuas palavras ao meu paladar! mais doces do que o mel à minha boca.
104 Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.
104 Pelos teus preceitos alcanço entendimento, pelo que aborreço toda vereda de falsidade.
105 Noen. U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.
105 Lâmpada para os meus pés é a tua palavra, e luz para o meu caminho.
106 Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou.
106 Fiz juramento, e o confirmei, de guardar as tuas justas ordenanças.
107 Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord!
107 Estou aflitíssimo; vivifica-me, ó Senhor, segundo a tua palavra.
108 Laat tog die vrywillige offerandes van my mond U behaag, o HERE, en leer my u verordeninge.
108 Aceita, Senhor, eu te rogo, as oferendas voluntárias da minha boca, e ensina-me as tuas ordenanças.
109 My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie.
109 Estou continuamente em perigo de vida; todavia não me esqueço da tua lei.
110 Die goddelose het vir my 'n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie.
110 Os ímpios me armaram laço, contudo não me desviei dos teus preceitos.
111 Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart.
111 Os teus testemunhos são a minha herança para sempre, pois são eles o gozo do meu coração.
112 Ek het my hart geneig, om u insettinge te betrag, vir ewig, tot die einde toe.
112 Inclino o meu coração a cumprir os teus estatutos, para sempre, até o fim.
113 Samek. Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief.
113 Aborreço a duplicidade, mas amo a tua lei.
114 U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek.
114 Tu és o meu refúgio e o meu escudo; espero na tua palavra.
115 Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar!
115 Apartai-vos de mim, malfeitores, para que eu guarde os mandamentos do meu Deus.
116 Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie.
116 Ampara-me conforme a tua palavra, para que eu viva; e não permitas que eu seja envergonhado na minha esperança.
117 Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge let.
117 Sustenta-me, e serei salvo, e de contínuo terei respeito aos teus estatutos.
118 U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens.
118 Desprezas todos os que se desviam dos teus estatutos, pois a astúcia deles é falsidade.
119 U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief.
119 Deitas fora, como escória, todos os ímpios da terra; pelo que amo os teus testemunhos.
120 My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele.
120 Arrepia-se-me a carne com temor de ti, e tenho medo dos teus juízos.
121 Ajin. Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie.
121 Tenho praticado a retidão e a justiça; não me abandones aos meus opressores.
122 Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie.
122 Fica por fiador do teu servo para o bem; não me oprimem os soberbos.
123 My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid.
123 Os meus olhos desfalecem à espera da tua salvação e da promessa da tua justiça.
124 Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge.
124 Trata com o teu servo segundo a tua benignidade, e ensina-me os teus estatutos.
125 Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken.
125 Sou teu servo; dá-me entendimento, para que eu conheça os teus testemunhos.
126 Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek.
126 É tempo de agires, ó Senhor, pois eles violaram a tua lei.
127 Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud.
127 Pelo que amo os teus mandamentos mais do que o ouro, sim, mais do que o ouro fino.
128 Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.
128 Por isso dirijo os meus passos por todos os teus preceitos, e aborreço toda vereda de falsidade.
129 Pe. U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle.
129 Maravilhosos são os teus testemunhos, por isso a minha alma os guarda.
130 Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.
130 A exposição das tuas palavras dá luz; dá entendimento aos simples.
131 Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie verlang ek.
131 Abro a minha boca e arquejo, pois estou anelante pelos teus mandamentos.
132 Wend U tot my en wees my genadig volgens die reg van die wat u Naam liefhet.
132 Volta-te para mim, e compadece-te de mim, conforme usas para com os que amam o teu nome.
133 Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.
133 Firma os meus passos na tua palavra; e não se apodere de mim iniqüidade alguma.
134 Verlos my van die mens se verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou.
134 Resgata-me da opressão do homem; assim guardarei os teus preceitos.
135 Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.
135 Faze resplandecer o teu rosto sobre o teu servo, e ensina-me os teus estatutos.
136 My oë loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie.
136 Os meus olhos derramam rios de lágrimas, porque os homens não guardam a tua lei.
137 Sade. HERE, U is regverdig, en reg is u verordeninge.
137 Justo és, ó Senhor, e retos são os teus juízos.
138 In geregtigheid het U u getuienisse beveel en in louter trou.
138 Ordenaste os teus testemunhos com retidão, e com toda a fidelidade.
139 My ywer verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het.
139 O meu zelo me consome, porque os meus inimigos se esquecem da tua palavra.
140 U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief.
140 A tua palavra é fiel a toda prova, por isso o teu servo a ama.
141 Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie.
141 Pequeno sou e desprezado, mas não me esqueço dos teus preceitos.
142 U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid.
142 A tua justiça é justiça eterna, e a tua lei é a verdade.
143 Benoudheid en angs het my getref, maar u gebooie is my verlustiging.
143 Tribulação e angústia se apoderaram de mim; mas os teus mandamentos são o meu prazer.
144 U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe.
144 Justos são os teus testemunhos para sempre; dá-me entendimento, para que eu viva.
145 Kof. Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o HERE! Ek wil u insettinge bewaar.
145 Clamo de todo o meu coração; atende-me, Senhor! Eu guardarei os teus estatutos.
146 Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou.
146 A ti clamo; salva-me, para que guarde os teus testemunhos.
147 Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek.
147 Antecipo-me à alva da manhã e clamo; aguardo com esperança as tuas palavras.
148 My oë is die nagwake voor om u woord te oordink.
148 Os meus olhos se antecipam às vigílias da noite, para que eu medite na tua palavra.
149 Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u verordeninge.
149 Ouve a minha voz, segundo a tua benignidade; vivifica-me, ó Senhor, segundo a tua justiça.
150 Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is.
150 Aproximam-se os que me perseguem maliciosamente; andam afastados da tua lei.
151 U, o HERE, is naby, en al u gebooie is waarheid.
151 Tu estás perto, Senhor, e todos os teus mandamentos são verdade.
152 Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het.
152 Há muito sei eu dos teus testemunhos que os fundaste para sempre.
153 Resj. Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie.
153 Olha para a minha aflição, e livra-me, pois não me esqueço da tua lei.
154 Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte.
154 Pleiteia a minha causa, e resgata-me; vivifica-me segundo a tua palavra.
155 Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie.
155 A salvação está longe dos ímpios, pois não buscam os teus estatutos.
156 HERE, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge.
156 Muitas são, Senhor, as tuas misericórdias; vivifica-me segundo os teus juízos.
157 My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie.
157 Muitos são os meus perseguidores e os meus adversários, mas não me desvio dos teus testemunhos.
158 Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.
158 Vi os pérfidos, e me afligi, porque não guardam a tua palavra.
159 Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid.
159 Considera como amo os teus preceitos; vivifica-me, Senhor, segundo a tua benignidade.
160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
160 A soma da tua palavra é a verdade, e cada uma das tuas justas ordenanças dura para sempre.
161 Sin, Sjin. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.
161 Príncipes me perseguem sem causa, mas o meu coração teme as tuas palavras.
162 Ek is vrolik oor u belofte soos een wat 'n groot buit vind.
162 Regozijo-me com a tua palavra, como quem acha grande despojo.
163 Leuens haat ek en het daar 'n afsku van; u wet het ek lief.
163 Odeio e abomino a falsidade; amo, porém, a tua lei.
164 Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge.
164 Sete vezes no dia te louvo pelas tuas justas ordenanças.
165 Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.
165 Muita paz têm os que amam a tua lei, e não há nada que os faça tropeçar.
166 o HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.
166 Espero, Senhor, na tua salvação, e cumpro os teus mandamentos.
167 My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief.
167 A minha alma observa os teus testemunhos; amo-os extremamente.
168 Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U.
168 Observo os teus preceitos e os teus testemunhos, pois todos os meus caminhos estão diante de ti.
169 Tau. o HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord.
169 Chegue a ti o meu clamor, ó Senhor; dá-me entendimento conforme a tua palavra.
170 Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte.
170 Chegue à tua presença a minha súplica; livra-me segundo a tua palavra.
171 My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge.
171 Profiram louvor os meus lábios, pois me ensinas os teus estatutos.
172 My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.
172 Celebre a minha língua a tua palavra, pois todos os teus mandamentos são justos.
173 Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies.
173 Esteja pronta a tua mão para me socorrer, pois escolhi os teus preceitos.
174 o HERE, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging.
174 Anelo por tua salvação, ó Senhor; a tua lei é o meu prazer.
175 Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help.
175 Que minha alma viva, para que te louve; ajudem-me as tuas ordenanças.
176 Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.
176 Desgarrei-me como ovelha perdida; busca o teu servo, pois não me esqueço dos teus mandamentos.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Salmos 119, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.