Salmos 107

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
1 Dai graças ao SENHOR, porque ele é bom, porque a sua misericórdia dura para sempre.
2 Dit moet die verlostes van die HERE sê, wat Hy uit die nood verlos het
2 Assim digam os remidos do SENHOR, a quem ele redimiu da mão do inimigo,
3 en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af.
3 e os retirou das terras do Oriente e do Ocidente, do norte e do sul.
4 Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; 'n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.
4 Eles vagaram pelo deserto, por caminhos solitários; não encontraram cidade para habitar.
5 Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag.
5 Famintos e sedentos, neles desfalecia a sua alma.
6 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.
6 Então eles clamaram ao SENHOR na sua dificuldade, e ele os livrou das suas angústias.
7 En Hy het hulle gelei op 'n regte pad om te gaan na 'n stad om in te woon.
7 E ele os guiou pelo caminho direito, para que fossem a uma cidade de habitação.
8 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
8 Oh, aqueles homens louvariam ao SENHOR pela sua bondade, e pelas suas obras maravilhosas para com os filhos dos homens!
9 want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.
9 Pois ele satisfaz a alma anelante, e enche a alma faminta de bens,
10 Die wat in duisternis en doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters --
10 Tal como sentar-se na escuridão e na sombra da morte, preso em aflição e em ferro.
11 omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het,
11 Porquanto eles se rebelaram contra as palavras de Deus, e desprezaram o conselho do Altíssimo.
12 het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.
12 Portanto, abateu-lhes o coração com trabalho; eles caíram, e não houve quem os ajudasse.
13 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
13 Então eles clamaram ao SENHOR nas suas dificuldades, e ele os salvou das suas angústias.
14 Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek.
14 Ele os tirou das trevas e da sombra da morte; e quebrou as suas prisões.
15 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
15 Oh, aqueles homens louvariam ao SENHOR pela sua bondade, e pelas suas obras maravilhosas para com os filhos dos homens!
16 want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan.
16 Pois ele quebrou os portões de bronze, e cortou as barras de ferro.
17 Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is --
17 Os tolos, por causa da sua transgressão, e por causa das suas iniquidades são afligidos.
18 hulle siel het 'n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom.
18 A sua alma aborrece todo o tipo de alimento, e eles se aproximam aos portões da morte.
19 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
19 Então clamam ao SENHOR nas suas dificuldades, e ele os salva das suas angústias.
20 Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.
20 Ele enviou a sua palavra, e os curou; e os libertou das suas destruições.
21 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
21 Oh, aqueles homens louvariam ao SENHOR pela sua bondade, e pelas suas obras maravilhosas para com os filhos dos homens!
22 en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.
22 E sacrifiquem os sacrifícios de ações de graças, e declarem as suas obras com regozijo.
23 Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters --
23 Os que descem ao mar em navios, que negociam nas grandes águas.
24 hulle het die werke van die HERE gesien en sy wonders in die diepte.
24 Esses veem as obras do SENHOR, e as suas maravilhas no profundo.
25 Want Hy het gespreek en 'n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het.
25 Porque ele comanda, e se levanta o vento tempestuoso, o qual eleva as suas ondas.
26 Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes -- hulle siel het vergaan van wee.
26 Eles sobem ao céu, eles descem novamente até ao abismo, e a sua alma se derrete por causa da dificuldade.
27 Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle wysheid is verwar.
27 Eles andam para lá e para cá, cambaleiam como um homem bêbado, e perdem todo o discernimento.
28 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.
28 Então clamam ao SENHOR na sua dificuldade; e ele os livra das suas angústias.
29 Hy het die storm 'n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.
29 Ele acalma a tempestade, de modo que as ondas se aquietam.
30 Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.
30 Então se alegram, porque se aquietaram; então ele os leva ao seu desejado refúgio.
31 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.
31 Oh, aqueles homens louvariam ao SENHOR pela sua bondade, e pelas suas obras maravilhosas para com os filhos dos homens!
32 En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes.
32 Exaltem-no também na congregação do povo, e louvem-no na assembleia dos anciãos.
33 Hy het riviere 'n woestyn gemaak en waterfonteine 'n dorsland,
33 Ele converte os rios em deserto, e as nascentes em solo seco;
34 vrugbare land 'n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon.
34 a terra frutífera em estéril, por causa da maldade dos que nela habitam.
35 Hy het die woestyn 'n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine;
35 Ele transforma o deserto em um lago, e o solo seco em nascentes.
36 en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het 'n stad gestig om in te woon.
36 E ali ele faz habitar os famintos, para que preparem uma cidade para habitação;
37 En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het.
37 e semeiem os campos, e plantem vinhas, que possam produzir fruto abundante.
38 En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie.
38 Ele também os abençoa, de modo que se multiplicam grandemente; e não permite que o seu gado diminua.
39 Toe het hulle min geword en weggesink deur die druk van onheil en kommer --
39 Outra vez eles são diminuídos e abatidos pela opressão, e aflição e angústia.
40 Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in 'n woeste wêreld, sonder pad --
40 Ele derrama o desprezo sobre os príncipes, e os faz vaguear pelo deserto, onde não há caminho.
41 Hy het die behoeftige beskerm teen verdrukking en die geslagte soos kuddes gemaak.
41 Todavia, coloca o pobre acima da aflição, e dá-lhe famílias como rebanhos.
42 Die opregtes sien dit en is bly, maar alle ongeregtigheid hou sy mond toe.
42 Os retos hão de ver e se alegrar, e toda a iniquidade fechará a sua boca.
43 Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die HERE.
43 Quem é sábio observará estas coisas, e eles compreenderão as benignidades do SENHOR.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Salmos 107, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.