Provérbios 16
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA
1 Die planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die HERE.
1 O coração do homem pode fazer planos, mas a resposta certa dos lábios vem do
2 Al die weë van 'n man is suiwer in sy oë, maar die HERE toets die geeste.
2 Todos os caminhos do homem são puros aos seus olhos, mas o
3 Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word.
3 Confia ao Senhor as tuas obras, e os teus desígnios serão estabelecidos.
4 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.
4 O Senhor fez todas as coisas para determinados fins e até o perverso, para o dia da calamidade.
5 Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE 'n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.
5 Abominável é ao Senhor todo arrogante de coração; é evidente que não ficará impune.
6 Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk 'n mens af van die kwaad.
6 Pela misericórdia e pela verdade, se expia a culpa; e pelo temor do
7 As die HERE behae het in die weë van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.
7 Sendo o caminho dos homens agradável ao Senhor , este reconcilia com eles os seus inimigos.
8 Liewer 'n bietjie met geregtigheid, as 'n menigte van inkomste met onreg.
8 Melhor é o pouco, havendo justiça, do que grandes rendimentos com injustiça.
9 Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.
9 O coração do homem traça o seu caminho, mas o
10 Die beslissing is op die lippe van die koning; in die regspraak handel sy mond nie ontrou nie.
10 Nos lábios do rei se acham decisões autorizadas; no julgar não transgrida, pois, a sua boca.
11 'n Regte weegtoestel en weegskaal kom van die HERE, al die weegstene in die sak is sy werk.
11 Peso e balança justos pertencem ao Senhor ; obra sua são todos os pesos da bolsa.
12 Dit is 'n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig.
12 A prática da impiedade é abominável para os reis, porque com justiça se estabelece o trono.
13 Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hom lief wat regte dinge spreek.
13 Os lábios justos são o contentamento do rei, e ele ama o que fala coisas retas.
14 Die grimmigheid van die koning is soos boodskappers van die dood, maar 'n wyse man bring dit tot bedaring.
14 O furor do rei são uns mensageiros de morte, mas o homem sábio o apazigua.
15 In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos 'n wolk van die laat reëns.
15 O semblante alegre do rei significa vida, e a sua benevolência é como a nuvem que traz chuva serôdia.
16 Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.
16 Quanto melhor é adquirir a sabedoria do que o ouro! E mais excelente, adquirir a prudência do que a prata!
17 Die gemaakte pad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy lewe.
17 O caminho dos retos é desviar-se do mal; o que guarda o seu caminho preserva a sua alma.
18 Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.
18 A soberba precede a ruína, e a altivez do espírito, a queda.
19 Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.
19 Melhor é ser humilde de espírito com os humildes do que repartir o despojo com os soberbos.
20 Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig.
20 O que atenta para o ensino acha o bem, e o que confia no
21 'n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering.
21 O sábio de coração é chamado prudente, e a doçura no falar aumenta o saber.
22 'n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid.
22 O entendimento, para aqueles que o possuem, é fonte de vida; mas, para o insensato, a sua estultícia lhe é castigo.
23 Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe.
23 O coração do sábio é mestre de sua boca e aumenta a persuasão nos seus lábios.
24 Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek: soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.
24 Palavras agradáveis são como favo de mel: doces para a alma e medicina para o corpo.
25 Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
25 Há caminho que parece direito ao homem, mas afinal são caminhos de morte.
26 Die honger van die werksman arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan.
26 A fome do trabalhador o faz trabalhar, porque a sua boca a isso o incita.
27 'n Deugniet grawe 'n kuil van onheil, en op sy lippe is soos 'n brandende vuur.
27 O homem depravado cava o mal, e nos seus lábios há como que fogo ardente.
28 'n Man van valse streke saai tweedrag, en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar.
28 O homem perverso espalha contendas, e o difamador separa os maiores amigos.
29 'n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op 'n weg wat nie goed is nie.
29 O homem violento alicia o seu companheiro e guia-o por um caminho que não é bom.
30 Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen.
30 Quem fecha os olhos imagina o mal, e, quando morde os lábios, o executa.
31 Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.
31 Coroa de honra são as cãs, quando se acham no caminho da justiça.
32 Die lankmoedige is beter as 'n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.
32 Melhor é o longânimo do que o herói da guerra, e o que domina o seu espírito, do que o que toma uma cidade.
33 In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.
33 A sorte se lança no regaço, mas do
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Provérbios 16, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.