Jó 33

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARC

Sair da comparação
ARC Almeida Revista e Corrigida 2009
1 Maar hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde.
1 Assim, na verdade, ó Jó, ouve as minhas razões e dá ouvidos a todas as minhas palavras.
2 Kyk, ek het my mond oopgemaak; my tong spreek in my verhemelte.
2 Eis que já abri a minha boca; já falou a minha língua debaixo do meu paladar.
3 My woorde kom uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit.
3 As minhas razões sairão da sinceridade do meu coração; e a pura ciência, dos meus lábios.
4 Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend.
4 O Espírito de Deus me fez; e a inspiração do Todo-Poderoso me deu vida.
5 As u kan, antwoord my; maak klaar teen my; staan gereed!
5 Se podes, responde-me; dispõe bem as tuas razões e levanta-te.
6 Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp.
6 Eis que vim de Deus, como tu; do lodo também eu fui formado.
7 Kyk, vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie.
7 Eis que não te perturbará o meu terror, nem será pesada sobre ti a minha mão.
8 Sekerlik, u het voor my ore gesê, ek het die geluid van die woorde gehoor:
8 Na verdade, tu falaste aos meus ouvidos; e eu ouvi a voz das tuas palavras; dizias:
9 Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.
9 Limpo estou, sem transgressão; puro sou; e não tenho culpa.
10 Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyandskap teen my; Hy hou my vir 'n vyand van Hom.
10 Eis que ele acha contra mim ocasiões e me considerou como seu inimigo.
11 Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie.
11 Põe no tronco os meus pés e observa todas as minhas veredas.
12 Kyk, daarin het u nie reg nie antwoord ek u, want groter is God as 'n mens.
12 Eis que nisto te respondo: Não foste justo; porque maior é Deus do que o homem.
13 Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van 'n mens nie antwoord nie?
13 Por que razão contendes com ele? Porque ele não dá contas de nenhum dos seus feitos.
14 Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.
14 Antes, Deus fala uma e duas vezes; porém ninguém atenta para isso.
15 In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,
15 Em sonho ou em visão de noite, quando cai sono profundo sobre os homens, e adormecem na cama,
16 dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;
16 então, abre os ouvidos dos homens, e lhes sela a sua instrução,
17 om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;
17 para apartar o homem do seu desígnio e esconder do homem a soberba;
18 sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.
18 para desviar a sua alma da cova e a sua vida, de passar pela espada.
19 Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,
19 Também na sua cama é com dores castigado, e com a incessante contenda dos seus ossos;
20 sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.
20 de modo que a sua vida abomina até o pão; e a sua alma, a comida apetecível.
21 Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.
21 Desaparece a sua carne a olhos vistos; e os seus ossos, que se não viam, agora aparecem;
22 Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.
22 e a sua alma se vai chegando à cova; e a sua vida, ao que traz morte.
23 Is daar dan vir hom 'n gesant, 'n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;
23 Se com ele, pois, houver um mensageiro, um intérprete, um entre milhares para declarar ao homem a sua retidão,
24 en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het 'n losprys gevind --
24 então, terá misericórdia dele e lhe dirá: Livra-o, que não desça à cova; já achei resgate.
25 dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.
25 Sua carne se reverdecerá mais do que na sua infância e tornará aos dias da sua juventude.
26 Hy bid tot God, en Hy het 'n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid.
26 Deveras, orará a Deus, que se agradará dele, e verá a sua face com júbilo, e restituirá ao homem a sua justiça.
27 Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie.
27 Olhará para os homens e dirá: Pequei e perverti o direito, o que de nada me aproveitou.
28 Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig.
28 Mas Deus livrou a minha alma de ir para a cova; e a minha vida verá a luz.
29 Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja, drie keer met 'n mens
29 Eis que tudo isto é obra de Deus, duas e três vezes para com o homem,
30 om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.
30 para desviar a sua alma da perdição e o alumiar com a luz dos viventes.
31 Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ,k sal spreek.
31 Escuta, pois, ó Jó, ouve-me; cala-te, e eu falarei.
32 As u woorde het, antwoord my; spreek, want ek wil u graag gelyk gee.
32 Se tens alguma coisa que dizer, responde-me; fala, porque desejo justificar-te.
33 So nie, luister u dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer.
33 Se não, escuta-me tu; cala-te, e ensinar-te-ei a sabedoria.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jó 33, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.