Jó 31
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC
1 Ek het 'n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou?
1 Eu havia feito um pacto com meus olhos: não desejaria olhar nunca para uma virgem.
2 Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes --
2 Que parte me daria Deus lá do alto, que sorte o Todo-poderoso me enviaria dos céus?
3 is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie?
3 A infelicidade não está reservada ao injusto, e o infortúnio ao iníquo?
4 Sien Hy nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie?
4 Não conhece Deus os meus caminhos, e não conta todos os meus passos?
5 As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:
5 Se caminhei com a mentira, se meu pé correu atrás da fraude,
6 laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet!
6 que Deus me pese em justas balanças e reconhecerá minha integridade.
7 As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande 'n vlek gekleef het --
7 Se meus passos se desviaram do caminho, se meu coração seguiu meus olhos, se às minhas mãos se apegou qualquer mácula,
8 laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word.
8 semeie eu e outro o coma, e que minhas plantações sejam desenraizadas!
9 As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste --
9 Se meu coração foi seduzido por uma mulher, se fiquei à espreita à porta de meu vizinho,
10 laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig.
10 que minha mulher gire a mó para outro e que estranhos a possuam!
11 Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad.
11 Pois isso teria sido um crime, um delito dependente da justiça,
12 Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel.
12 um fogo que devoraria até o abismo, e que teria arruinado todos os meus bens.
13 As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het --
13 Nunca violei o direito de meus escravos, ou de minha serva, em suas discussões comigo.
14 wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen?
14 Que farei eu quando Deus se levantar? Quando me interrogar, que lhe responderei?
15 Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie?
15 Aquele que me criou no ventre, não o criou também a ele? Um mesmo criador não nos formou no seio da nossa mãe?
16 As ek die armes 'n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het
16 Não recusei aos pobres aquilo que desejavam, não fiz desfalecer os olhos da viúva,
17 en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet;
17 não comi sozinho meu pedaço de pão, sem que o órfão tivesse a sua parte;
18 — ausente —
18 desde minha infância cuidei deste como um pai, desde o ventre de minha mãe fui o guia da viúva.
19 as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie;
19 Se vi perecer um homem por falta de roupas, e o pobre que não tinha com que cobrir-se,
20 as sy lendene my nie geseënen hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie;
20 sem que seus rins me tenham abençoado, aquecido como estava com a lã de minhas ovelhas;
21 as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het --
21 se levantei a mão contra o órfão, quando me via apoiado pelos juízes,
22 laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word.
22 que meu ombro caia de minhas costas, que meu braço seja arrancado de seu cotovelo!
23 Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.
23 Pois o temor de Deus me invadiu, e diante de sua majestade não posso subsistir.
24 As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue!
24 Nunca pus no ouro minha segurança, nem jamais disse ao ouro puro: És minha esperança.
25 As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het;
25 Nunca me rejubilei por ser grande a minha riqueza, nem pelo fato de minha mão ter ajuntado muito.
26 as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan,
26 Quando eu via o sol brilhar, e a lua levantar-se em seu esplendor,
27 en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle 'n kus toegewerp het --
27 jamais meu coração deixou-se seduzir em segredo, e minha mão não foi levada à boca para um beijo.
28 ook dit sou 'n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.
28 Isto seria um crime digno de castigo, pois eu teria renegado o Deus do alto.
29 As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het;
29 Nunca me alegrei com a ruína de meu inimigo, e nem exultei quando a infelicidade o feriu.
30 — ausente —
30 Não permiti que minha língua pecasse, reclamando sua morte por uma imprecação.
31 as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie?
31 Jamais as pessoas de minha tenda me disseram: Há alguém que não saiu satisfeito.
32 — ausente —
32 O estrangeiro não passava a noite fora, eu abria a minha porta ao viajante.
33 as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek,
33 Nunca dissimulei minha culpa aos homens, escondendo em meu peito minha iniqüidade,
34 omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!
34 como se temesse a multidão e receasse o desprezo das famílias, a ponto de me manter quieto sem pôr o pé fora da porta.
35 Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening laat die Almagtige my antwoord! en die skrif wat my teëparty geskrywe het!
35 Oh, se eu tivesse alguém para me ouvir! Eis a minha assinatura: que o Todo-poderoso me responda! Que o meu adversário escreva também um memorial.
36 Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as 'n krans.
36 Será que eu não o poria sobre meus ombros, e não cingiria minha fronte com ele como de uma coroa?
37 Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe aankom.
37 Dar-lhe-ia conta de todos os meus passos, e me apresentaria diante dele altivo como um príncipe.
38 As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween;
38 Se minha terra clamou contra mim, e seus sulcos derramaram lágrimas,
39 as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het --
39 se comi seus frutos sem pagar, se afligi a alma de seu possuidor,
40 laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job.
40 que em vez de trigo produza espinhos, e joio em vez de cevada! Aqui terminam os discursos de Jó.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jó 31, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.