Jó 19

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARIB

Sair da comparação
ARIB Almeida Revisada Imprensa Bíblica
1 Maar Job het geantwoord en gesê:
1 Então Jó respondeu:
2 Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel?
2 Até quando afligireis a minha alma, e me atormentareis com palavras?
3 Nou tien maal al doen julle my smaadheid aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam.
3 Já dez vezes me haveis humilhado; não vos envergonhais de me maltratardes?
4 En het ek ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my.
4 Embora haja eu, na verdade, errado, comigo fica o meu erro.
5 As julle jul werklik teen my wil groot maak en teen my my smaadheid wil bewys,
5 Se deveras vos quereis engrandecer contra mim, e me incriminar pelo meu opróbrio,
6 weet dan dat God my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het.
6 sabei então que Deus é o que transtornou a minha causa, e com a sua rede me cercou.
7 As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie.
7 Eis que clamo: Violência! mas não sou ouvido; grito: Socorro! mas não há justiça.
8 Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.
8 com muros fechou ele o meu caminho, de modo que não posso passar; e pôs trevas nas minhas veredas.
9 My eer het Hy van my afgetrek en die kroon van my hoof weggeneem.
9 Da minha honra me despojou, e tirou-me da cabeça a coroa.
10 Hy werp my aan alle kante omver, en -- daar gaan ek! En Hy het my verwagting uitgeruk soos 'n boom.
10 Quebrou-me de todos os lados, e eu me vou; arrancou a minha esperança, como a, uma árvore.
11 Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as een van sy vyande.
11 Acende contra mim a sua ira, e me considera como um de seus adversários.
12 As een man kom sy skare aan en baan 'n pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent.
12 Juntas as suas tropas avançam, levantam contra mim o seu caminho, e se acampam ao redor da minha tenda.
13 My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword.
13 Ele pôs longe de mim os meus irmãos, e os que me conhecem tornaram-se estranhos para mim.
14 My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet.
14 Os meus parentes se afastam, e os meus conhecidos se esquecem de, mim.
15 My bywoners en my slavinne beskou my as 'n vreemde; 'n onbekende het ek geword in hulle oë.
15 Os meus domésticos e as minhas servas me têm por estranho; vim a ser um estrangeiro aos seus olhos.
16 Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek.
16 Chamo ao meu criado, e ele não me responde; tenho que suplicar-lhe com a minha boca.
17 My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot.
17 O meu hálito é intolerável à minha mulher; sou repugnante aos filhos de minha mãe.
18 Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my.
18 Até os pequeninos me desprezam; quando me levanto, falam contra mim.
19 Al my vertroude vriende het 'n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer.
19 Todos os meus amigos íntimos me abominam, e até os que eu amava se tornaram contra mim.
20 My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap.
20 Os meus ossos se apegam à minha pele e à minha carne, e só escapei com a pele dos meus dentes.
21 Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!
21 Compadecei-vos de mim, amigos meus; compadecei-vos de mim; pois a mão de Deus me tocou.
22 Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?
22 Por que me perseguis assim como Deus, e da minha carne não vos fartais?
23 Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in 'n boek opgeteken word --
23 Oxalá que as minhas palavras fossem escritas! Oxalá que fossem gravadas num livro!
24 met 'n ystergriffel en lood -- vir altyd in 'n rots ingekap!
24 Que, com pena de ferro, e com chumbo, fossem para sempre esculpidas na rocha!
25 Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
25 Pois eu sei que o meu Redentor vive, e que por fim se levantará sobre a terra.
26 En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;
26 E depois de consumida esta minha pele, então fora da minha carne verei a Deus;
27 Hom wat ,k sal aanskou my ten goede, en my oë -- en geen vreemde nie -- sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.
27 vê-lo-ei ao meu lado, e os meus olhos o contemplarão, e não mais como adversário. O meu coração desfalece dentro de mim!
28 As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! --
28 Se disserdes: Como o havemos de perseguir! e que a causa deste mal se acha em mim,
29 vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar 'n oordeel is.
29 temei vós a espada; porque o furor traz os castigos da espada, para saberdes que há um juízo.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jó 19, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.