Provérbios 3

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA

Sair da comparação
ARA Almeida Revista e Atualizada 1993
1 My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;
1 Filho meu, não te esqueças dos meus ensinos, e o teu coração guarde os meus mandamentos;
2 want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
2 porque eles aumentarão os teus dias e te acrescentarão anos de vida e paz.
3 Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,
3 Não te desamparem a benignidade e a fidelidade; ata-as ao pescoço; escreve-as na tábua do teu coração
4 dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense.
4 e acharás graça e boa compreensão diante de Deus e dos homens.
5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
5 Confia no Senhor de todo o teu coração e não te estribes no teu próprio entendimento.
6 Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
6 Reconhece-o em todos os teus caminhos, e ele endireitará as tuas veredas.
7 Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;
7 Não sejas sábio aos teus próprios olhos; teme ao
8 dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
8 será isto saúde para o teu corpo e refrigério, para os teus ossos.
9 Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
9 Honra ao Senhor com os teus bens e com as primícias de toda a tua renda;
10 dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.
10 e se encherão fartamente os teus celeiros, e transbordarão de vinho os teus lagares.
11 My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
11 Filho meu, não rejeites a disciplina do Senhor , nem te enfades da sua repreensão.
12 want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.
12 Porque o Senhor repreende a quem ama, assim como o pai, ao filho a quem quer bem.
13 Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;
13 Feliz o homem que acha sabedoria, e o homem que adquire conhecimento;
14 want die verkryging daarvan is beter as die van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud;
14 porque melhor é o lucro que ela dá do que o da prata, e melhor a sua renda do que o ouro mais fino.
15 dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
15 Mais preciosa é do que pérolas, e tudo o que podes desejar não é comparável a ela.
16 In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;
16 O alongar-se da vida está na sua mão direita, na sua esquerda, riquezas e honra.
17 sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.
17 Os seus caminhos são caminhos deliciosos, e todas as suas veredas, paz.
18 Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.
18 É árvore de vida para os que a alcançam, e felizes são todos os que a retêm.
19 Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;
19 O Senhor com sabedoria fundou a terra, com inteligência estabeleceu os céus.
20 deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.
20 Pelo seu conhecimento os abismos se rompem, e as nuvens destilam orvalho.
21 My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg,
21 Filho meu, não se apartem estas coisas dos teus olhos; guarda a verdadeira sabedoria e o bom siso;
22 dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals;
22 porque serão vida para a tua alma e adorno ao teu pescoço.
23 dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;
23 Então, andarás seguro no teu caminho, e não tropeçará o teu pé.
24 as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.
24 Quando te deitares, não temerás; deitar-te-ás, e o teu sono será suave.
25 Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;
25 Não temas o pavor repentino, nem a arremetida dos perversos, quando vier.
26 want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
26 Porque o Senhor será a tua segurança e guardará os teus pés de serem presos.
27 Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.
27 Não te furtes a fazer o bem a quem de direito, estando na tua mão o poder de fazê-lo.
28 Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee -- terwyl jy dit het.
28 Não digas ao teu próximo: Vai e volta amanhã; então, to darei, se o tens agora contigo.
29 Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.
29 Não maquines o mal contra o teu próximo, pois habita junto de ti confiadamente.
30 Twis nie sonder oorsaak met 'n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.
30 Jamais pleiteies com alguém sem razão, se te não houver feito mal.
31 Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.
31 Não tenhas inveja do homem violento, nem sigas nenhum de seus caminhos;
32 Want die verkeerde is vir die HERE 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.
32 porque o Senhor abomina o perverso, mas aos retos trata com intimidade.
33 Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.
33 A maldição do Senhor habita na casa do perverso, porém a morada dos justos ele abençoa.
34 As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.
34 Certamente, ele escarnece dos escarnecedores, mas dá graça aos humildes.
35 Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.
35 Os sábios herdarão honra, mas os loucos tomam sobre si a ignomínia.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Provérbios 3, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.