Provérbios 22

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC

Sair da comparação
VC Versão Católica
1 'n Naam is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.
1 Bom renome vale mais que grandes riquezas; a boa reputação vale mais que a prata e o ouro.
2 Rykes en armes ontmoet mekaar, die HERE het hulle almal gemaak.
2 Rico e pobre se encontram: foi o Senhor que criou a ambos.
3 'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.
3 O homem prudente percebe a aproximação do mal e se abriga, mas os imprudentes passam adiante e recebem o dano.
4 Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.
4 O prêmio da humildade é o temor do Senhor, a riqueza, a honra e a vida.
5 Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.
5 Espinhos e laços há no caminho do perverso; quem guarda sua vida retira-se para longe deles.
6 Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.
6 Ensina à criança o caminho que ela deve seguir; mesmo quando envelhecer, dele não se há de afastar.
7 Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.
7 O rico domina os pobres: o que toma emprestado torna-se escravo daquele que lhe emprestou.
8 Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn.
8 Aquele que semeia o mal, recolhe o tormento: a vara de sua ira o ferirá.
9 Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee.
9 O homem benevolente será abençoado porque tira do seu pão para o pobre.
10 Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.
10 Expulsa o mofador e cessará a discórdia: ultrajes e litígios cessarão.
11 Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is -- die koning is sy vriend.
11 Quem ama a pureza do coração, pela graça dos seus lábios, é amigo do rei.
12 Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.
12 Os olhos do Senhor protegem a sabedoria, mas arruínam as palavras do pérfido.
13 Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!
13 Há um leão do lado de fora!, diz o preguiçoso, eu poderei ser morto na rua!
14 Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val.
14 A boca das meretrizes é uma cova profunda; nela cairá aquele contra o qual o Senhor se irar.
15 As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.
15 A loucura apega-se ao coração da criança; a vara da disciplina afastá-la-á dela.
16 Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.
16 Quem oprime o pobre, enriquece-o. Quem dá ao rico, empobrece-o.
17 Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis.
17 Presta atenção às minhas palavras, aplica teu coração à minha doutrina,
18 Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe.
18 porque é agradável que as guardes dentro de teu coração e que elas permaneçam, todas, presentes em teus lábios.
19 Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.
19 É para que o Senhor seja tua confiança, que quero instruir-te hoje.
20 Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis,
20 Desde muito tempo eu te escrevi conselhos e instruções,
21 om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?
21 para te ensinar a verdade das coisas certas, para que respondas certo àquele que te indaga.
22 Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie.
22 Não despojes o pobre, porque é pobre, não oprimas o fraco à porta da cidade,
23 Want die HERE sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe.
23 porque o Senhor pleiteará sua causa e tirará a vida aos que os despojaram.
24 Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie,
24 Não faças amizade com um homem colérico, não andes com o violento,
25 sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en 'n strik vir jouself span nie.
25 há o perigo de que aprendas os seus costumes e prepares um laço fatal.
26 Wees nie onder die wat 'n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.
26 Não sejas daqueles que se obrigam, apertando a mão, e se fazem fiadores de dívidas;
27 As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem?
27 se não tens com que pagar, arrebatar-te-ão teu leito debaixo de ti.
28 Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie.
28 Não passes além dos marcos antigos que puseram teus pais.
29 Sien jy 'n man wat vaardig is in sy werk -- hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.
29 Viste um homem hábil em sua obra? Ele entrará ao serviço dos reis, e não ficará entre gente obscura.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Provérbios 22, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.