Jó 6
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NTLH
1 Maar Job het geantwoord en gesê:
1 Então em resposta Jó disse:
2 Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in 'n skaal opgehef!
2 “Ah! Se a minha desgraça e os meus sofrimentos fossem postos numa balança,
3 Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam.
3 com certeza pesariam mais do que a areia do mar. E foi por isso que falei com violência.
4 Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.
4 As flechas venenosas do Deus Todo-Poderoso estão fincadas em mim, e o veneno entra na minha alma. Com os seus ataques, Deus me tem enchido de terror.
5 Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk 'n bees by sy voer?
5 O jumento fica contente quando come capim, e o boi não reclama quando tem pasto.
6 Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van 'n eier?
6 Mas quem gosta de comida sem sal? Que gosto tem a clara do ovo?
7 My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys.
7 Não tenho apetite para comer essas coisas, e tudo o que como me faz mal.
8 Ag, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee!
8 “Ah! Se Deus me desse o que estou pedindo! Ah! Se Deus respondesse à minha oração!
9 En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!
9 Então ele me tiraria a vida; ele me atacaria e acabaria comigo!
10 Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie.
10 Se eu soubesse que Deus faria isso, daria pulos de alegria, mesmo sofrendo muita dor. Pois Deus é santo, e eu nunca fui contra as suas decisões.
11 Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees?
11 Onde estão as minhas forças para resistir? Por que viver, se não há esperança?
12 Is my krag 'n krag van klip of my vlees van koper?
12 Será que sou forte como a pedra? Será que o meu corpo é de bronze?
13 Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie?
13 Não sou capaz de me ajudar a mim mesmo, e não há ninguém que me socorra.
14 Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.
14 “Uma pessoa desesperada merece a compaixão dos seus amigos, mesmo que tenha deixado de ao Deus Todo-Poderoso.
15 My broers het troueloos gehandel soos 'n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop,
15 Mas eu não pude contar com vocês, meus amigos, que me desapontaram como um riacho que seca no verão.
16 wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg --
16 Primeiro ele está cheio de gelo e de neve,
17 in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek.
17 mas depois vira água, que vai sumindo no calor, até que no fim o seu leito fica seco e duro.
18 Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan.
18 As caravanas se perdem procurando água; avançam pelo deserto e ali morrem.
19 Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag.
19 Aquelas que vêm de Temá e de Sabá procuram esses ribeirões, cheias de esperança,
20 Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.
20 porém, quando chegam, todos ficam desapontados, e a sua esperança morre ali.
21 So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.
21 Vocês são como esses ribeirões; vocês veem a minha miséria e ficam com medo.
22 Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my 'n omkoopgeskenk uit julle vermoë?
22 Por acaso, pedi que vocês me dessem qualquer coisa? Ou que me oferecessem um presente?
23 Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?
23 Será que pedi que me salvassem de um inimigo ou que me livrassem das mãos dos bandidos?
24 Onderrig my, en ,k sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het.
24 “Ensinem-me, que eu ficarei calado; mostrem os erros que cometi.
25 Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig 'n bestraffing uit, van julle afkomstig?
25 Quem fala a verdade convence, mas a acusação de vocês não prova nada.
26 Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van 'n wanhopige is vir die wind!
26 Será que vocês querem criticar o que eu digo, querem tratar as palavras de um homem desesperado como se elas fossem vento?
27 Ja, julle sou 'n wees uitloot en julle vriend verhandel.
27 Vocês seriam capazes de vender um órfão em leilão; vocês venderiam até mesmo um amigo!
28 Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie.
28 Olhem bem nos meus olhos e digam se estou mentindo.
29 Keer tog terug -- laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug -- nog is my geregtigheid daar.
29 Retirem o que disseram; não sejam injustos. Não me condenem; eu estou com a razão.
30 Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?
30 Vocês pensam que sou mentiroso? Será que não sei o que é certo e o que é errado?
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jó 6, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.