Jó 20

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ACF

Sair da comparação
ACF Almeida Corrigida Fiel
1 Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:
1 Então respondeu Zofar, o naamatita, e disse:
2 Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.
2 Visto que os meus pensamentos me fazem responder, eu me apresso.
3 'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.
3 Eu ouvi a repreensão, que me envergonha, mas o espírito do meu entendimento responderá por mim.
4 Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:
4 Porventura não sabes tu que desde a antiguidade, desde que o homem foi posto sobre a terra,
5 dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik?
5 O júbilo dos ímpios é breve, e a alegria dos hipócritas momentânea?
6 Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke --
6 Ainda que a sua altivez suba até ao céu, e a sua cabeça chegue até às nuvens.
7 soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?
7 Contudo, como o seu próprio esterco, perecerá para sempre; e os que o viam dirão: Onde está?
8 Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig.
8 Como um sonho voará, e não será achado, e será afugentado como uma visão da noite.
9 Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.
9 O olho, que já o viu, jamais o verá, nem o seu lugar o verá mais.
10 Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.
10 Os seus filhos procurarão agradar aos pobres, e as suas mãos restituirão os seus bens.
11 Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.
11 Os seus ossos estão cheios do vigor da sua mocidade, mas este se deitará com ele no pó.
12 Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,
12 Ainda que o mal lhe seja doce na boca, e ele o esconda debaixo da sua língua,
13 al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte --
13 E o guarde, e não o deixe, antes o retenha no seu paladar,
14 tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.
14 Contudo a sua comida se mudará nas suas entranhas; fel de áspides será interiormente.
15 Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.
15 Engoliu riquezas, porém vomitá-las-á; do seu ventre Deus as lançará.
16 Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood.
16 Veneno de áspides sorverá; língua de víbora o matará.
17 Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.
17 Não verá as correntes, os rios e os ribeiros de mel e manteiga.
18 Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.
18 Restituirá o seu trabalho, e não o engolirá; conforme ao poder de sua mudança, e não saltará de gozo.
19 Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.
19 Porquanto oprimiu e desamparou os pobres, e roubou a casa que não edificou.
20 Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.
20 Porquanto não sentiu sossego no seu ventre; nada salvará das coisas por ele desejadas.
21 Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.
21 Nada lhe sobejará do que coma; por isso as suas riquezas não durarão.
22 By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.
22 Sendo plena a sua abastança, estará angustiado; toda a força da miséria virá sobre ele.
23 Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.
23 Mesmo estando ele a encher a sua barriga, Deus mandará sobre ele o ardor da sua ira, e a fará chover sobre ele quando for comer.
24 Hy sal vlug vir die ysterwapens -- 'n koperboog sal hom deurboor.
24 Ainda que fuja das armas de ferro, o arco de bronze o atravessará.
25 Hy trek -- daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!
25 Desembainhará a espada que sairá do seu corpo, e resplandecendo virá do seu fel; e haverá sobre ele assombros.
26 Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.
26 Toda a escuridão se ocultará nos seus esconderijos; um fogo não assoprado o consumirá, irá mal com o que ficar na sua tenda.
27 Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.
27 Os céus manifestarão a sua iniqüidade; e a terra se levantará contra ele.
28 Weggevoer word die opbrings van sy huis -- goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.
28 As riquezas de sua casa serão transportadas; no dia da sua ira todas se derramarão.
29 Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.
29 Esta, da parte de Deus, é a porção do homem ímpio; esta é a herança que Deus lhe decretou.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jó 20, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.