Jó 18
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVT
1 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
1 Então Bildade, de Suá, respondeu:
2 Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.
2 “Até onde você vai com suas palavras? Mostre sensatez, se deseja que respondamos!
3 Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë?
3 Imagina que somos animais? Pensa que somos ignorantes?
4 Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn -- sal om jou ontwil die aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word?
4 Ainda que arranque os cabelos de raiva, acaso isso destruirá a terra? Fará as rochas mudarem de lugar?
5 Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.
5 “Por certo, a luz do perverso se apagará; as faíscas de seu fogo deixarão de brilhar.
6 Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.
6 A luz de sua tenda se escurecerá; a lâmpada pendurada sobre ele se extinguirá.
7 Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.
7 Os passos confiantes do perverso serão encurtados; será arruinado pelas próprias tramas.
8 Want hy raak in 'n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van 'n vangkuil.
8 O perverso caminha direto para a rede; cai num alçapão.
9 'n Vangnet gryp sy hakskeen, 'n strik hou hom vas.
9 Uma armadilha o pega pelo calcanhar, um laço o prende com força.
10 'n Tou is vir hom verberg in die grond en 'n valstrik vir hom op die pad.
10 Há uma cilada escondida na terra, uma corda estendida em seu caminho.
11 Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.
11 “Terrores cercam o perverso e o perseguem a cada passo.
12 Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.
12 A fome esgota suas forças, e a calamidade aguarda seu tropeço.
13 Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.
13 A doença consumirá sua pele, e uma morte horrível devorará seus membros.
14 Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.
14 É arrancado da segurança de seu lar e levado ao rei dos terrores.
15 Daar woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.
15 O lar do perverso será consumido pelo fogo, e enxofre se espalhará sobre sua casa.
16 Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak.
16 Por baixo, suas raízes secarão; por cima, seus ramos murcharão.
17 Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.
17 Toda lembrança de sua existência desaparecerá da terra; ninguém recordará seu nome.
18 Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.
18 Será lançado da luz para as trevas, expulso do mundo.
19 Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.
19 Não terá filhos nem netos, nem haverá sobreviventes no lugar onde morava.
20 Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan.
20 No oeste, ficarão espantados com seu destino; no leste, serão tomados de horror.
21 Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.
21 Dirão: ‘Esta era a habitação do perverso, o lugar de alguém que não conheceu a Deus’”.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jó 18, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.