Jó 11
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ
1 Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:
1 Então, respondeu Zofar, o naamatita, e disse:
2 Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man reg hê?
2 Não deveria a multidão de palavras ser respondida? E deveria um homem cheio de discurso ser justificado?
3 Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot -- sonder dat iemand jou beskaamd maak --
3 Deveriam tuas mentiras fazer com que os homens mantenham sua paz? E quando zombares, nenhum homem te envergonhará?
4 en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?
4 Porque tu disseste: A minha doutrina é pura, e eu sou limpo aos teus olhos.
5 Maar, ag, as God maar wou spreek en sy lippe open teen jou!
5 Mas, ah, se Deus falasse e abrisse os seus lábios contra ti;
6 En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien.
6 e que te mostrasse os segredos da sabedoria, que são o dobro para aquele que a tem! Sabe, pois, que Deus requer de ti menos do que merece a tua iniquidade.
7 Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?
7 Tu poderás, pela busca, encontrar a Deus? Poderás encontrar o Todo-Poderoso até a perfeição?
8 Hoogtes van die hemel is dit -- wat kan jy doen? Dieper as die doderyk -- wat kan jy weet?
8 É tão alto como o céu; o que tu podes fazer? É mais profundo do que o inferno; o que tu podes saber?
9 Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.
9 A sua medida é mais comprida do que a terra, e mais larga do que o mar.
10 As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep -- wie sal Hom dan teëhou?
10 Se ele corta, fecha, ou ajunta, então quem poderá impedi-lo?
11 Want Hy ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.
11 Porque ele conhece os homens vãos; ele também vê a maldade; ele não considerará então isso?
12 So kan dan 'n domme verstand verkry en 'n jong wilde-esel as mens gebore word.
12 Pois homem vão seria sábio, embora o homem nasça como um potro de jumento selvagem.
13 As jy jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom
13 Se tu preparas o teu coração, e estendes as tuas mãos na direção dele;
14 -- as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie --
14 se a iniquidade estiver na tua mão, lança-a para longe de ti, e não deixes a maldade habitar em teus tabernáculos.
15 ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.
15 Porque então levantarás a tua face sem mácula; sim, tu estarás firme, e não temerás.
16 Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.
16 Porque te esquecerás da tua miséria, e lembrar-te-ás dela como das águas que passam;
17 En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker -- dit sal wees soos die môre !
17 e a tua era será mais clara do que o meio-dia; tu resplandecerás, serás como a manhã.
18 En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond -- jy sal in veiligheid gaan slaap.
18 E tu estarás seguro, porque há esperança; sim, olharás ao redor de ti e terás teu descanso em segurança.
19 Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.
19 Também deitar-te-ás, e ninguém te causará medo; sim, muitos farão pedidos a ti.
20 Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is -- uitblasing van die laaste asem.
20 Mas os olhos dos perversos falharão, e eles não escaparão; e a sua esperança será como o render do espírito.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jó 11, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.