Salmos 78
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC
1 'n Onderwysing van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond.
1 Hino de Asaf. Escuta, ó meu povo, minha doutrina; às palavras de minha boca presta atenção.
2 Ek wil my mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.
2 Abrirei os lábios, pronunciarei sentenças, desvendarei os mistérios das origens.
3 Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het,
3 O que ouvimos e aprendemos, através de nossos pais,
4 sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.
4 nada ocultaremos a seus filhos, narrando à geração futura os louvores do Senhor, seu poder e suas obras grandiosas.
5 Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het -- om dit aan hulle kinders bekend te maak,
5 Ele promulgou uma lei para Jacó, instituiu a legislação de Israel, para que aquilo que confiara a nossos pais, eles o transmitissem a seus filhos,
6 sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders,
6 a fim de que a nova geração o conhecesse, e os filhos que lhes nascessem pudessem também contar aos seus.
7 en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar,
7 Aprenderiam, assim, a pôr em Deus sua esperança, a não esquecer as divinas obras, a observar as suas leis;
8 en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en wederstrewige geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.
8 e a não se tornar como seus pais, geração rebelde e contumaz, de coração desviado, de espírito infiel a Deus.
9 Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het omgespring op die dag van oorlog.
9 Os filhos de Efraim, hábeis no arco, voltaram as costas no dia do combate.
10 Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te wandel in sy wet.
10 Não guardaram a divina aliança, recusaram observar a sua lei.
11 En hulle het sy dade vergeet en sy wonders wat Hy hulle laat sien het.
11 Eles esqueceram suas obras, e as maravilhas operadas ante seus olhos.
12 Voor hulle vaders het Hy wonders gedoen, in die land Egipte, die veld van Soan.
12 Em presença de seus pais, ainda em terras do Egito, ele fez grandes prodígios nas planícies de Tanis.
13 Hy het die see geklief en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos 'n wal.
13 O mar foi dividido para lhes dar passagem, represando as águas, verticais como um dique;
14 En Hy het hulle bedags gelei met 'n wolk en die hele nag met 'n lig van vuur.
14 De dia ele os conduziu por trás de uma nuvem, e à noite ao clarão de uma flama.
15 Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle oorvloedig laat drink soos uit watervloede.
15 Rochedos foram fendidos por ele no deserto, com torrentes de água os dessedentara.
16 En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere.
16 Da pedra fizera jorrar regatos, e manar água como rios.
17 Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, om wederstrewig te wees teen die Allerhoogste in die dor land.
17 Entretanto, continuaram a pecar contra ele, e a se revoltar contra o Altíssimo no deserto.
18 En hulle het God versoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle sin.
18 Provocaram o Senhor em seus corações, reclamando iguarias de suas preferências.
19 En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God 'n tafel kan dek in die woestyn?
19 E falaram contra Deus: Deus será capaz de nos servir uma mesa no deserto?
20 Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het -- sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk?
20 Eis que feriu a rocha para fazer jorrar dela água em torrentes. Mas poderia ele nos dar pão e preparar carne para seu povo?
21 Daarom het die HERE gehoor en toornig geword, en 'n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel;
21 O Senhor ouviu e se irritou: sua cólera se acendeu contra Jacó, e sua ira se desencadeou contra Israel,
22 omdat hulle in God nie geglo en op sy hulp nie vertrou het nie.
22 porque não tiveram fé em Deus, nem confiaram em seu auxílio.
23 En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak;
23 Contudo, ele ordenou às nuvens do alto, e abriu as portas do céu.
24 en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee.
24 Fez chover o maná para saciá-los, deu-lhes o trigo do céu.
25 Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur.
25 Pôde o homem comer o pão dos fortes, e lhes mandou víveres em abundância,
26 Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer;
26 depois fez soprar no céu o vento leste, e seu poder levantou o vento sul.
27 en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë;
27 Fez chover carnes, então, como poeira, numerosas aves como as areias do mar,
28 en Hy het dit binne-in sy laer laat val, rondom sy wonings.
28 As quais caíram em seus acampamentos, ao redor de suas tendas.
29 Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hulle begeerte het Hy bevredig.
29 Delas comeram até se fartarem, e satisfazerem os seus desejos.
30 Hulle was nie weg van hul begeerte nie -- hulle voedsel was nog in hulle mond --
30 Mas apenas o apetite saciaram, estando-lhes na boca ainda o alimento,
31 toe die toorn van God teen hulle opgegaan het en Hy 'n slagting onder hulle kragtige manne aangerig en die jongmanne van Israel neergewerp het.
31 desencadeia-se contra eles a cólera divina, fazendo perecer a sua elite, e prostrando a juventude de Israel.
32 Ondanks dit alles het hulle verder gesondig en nie aan sy wonders geglo nie.
32 Malgrado tudo isso, persistiram em pecar, não se deixaram persuadir por seus prodígios.
33 So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking.
33 Então, Deus pôs súbito termo a seus dias, e seus anos tiveram repentino fim.
34 Elke keer as Hy hulle gedood het, het hulle na Hom gevra en teruggekom en God gesoek;
34 Quando os feria, eles o procuravam, e de novo se voltavam para Deus.
35 en hulle het daaraan gedink dat God hul rots was en God, die Allerhoogste, hul verlosser.
35 E se lembravam que Deus era o seu rochedo, e que o Altíssimo lhes era o salvador.
36 En hulle het Hom met hul mond gevlei en Hom met hul tong belieg;
36 Mas suas palavras enganavam, e lhe mentiam com a sua língua.
37 maar hulle hart het nie aan Hom vasgehou nie, en hulle was nie trou in sy verbond nie.
37 Seus corações não falavam com franqueza, não eram fiéis à sua aliança.
38 Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwels wend Hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie.
38 Mas ele, por compaixão, perdoava-lhes a falta e não os exterminava. Muitas vezes reteve sua cólera, não se entregando a todo o seu furor.
39 En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was, 'n wind wat weggaan en nie terugkom nie.
39 Sabendo que eles eram simples carne, um sopro só, que passa sem voltar.
40 Hoe dikwels was hulle wederstrewig teen Hom in die woestyn, het hulle Hom gegrief in die wildernis;
40 Quantas vezes no deserto o provocaram, e na solidão o afligiram!
41 en hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk.
41 Recomeçaram a tentar a Deus, a exasperar o Santo de Israel.
42 Hulle het nie aan sy hand gedink, aan die dag toe Hy hulle van die teëstander verlos het nie;
42 Esqueceram a obra de suas mãos, no dia em que os livrou do adversário,
43 toe Hy sy tekens gedoen het in Egipte en sy wonders in die veld van Soan.
43 quando operou seus prodígios no Egito e maravilhas nas planícies de Tânis;
44 En Hy het hulle riviere verander in bloed en hulle strome, sodat hulle nie kon drink nie.
44 quando converteu seus rios em sangue, a fim de impedi-los de beber de suas águas;
45 Hy het onder hulle steekvlieë gestuur wat hulle verteer het, en paddas wat verwoesting oor hulle gebring het.
45 quando enviou moscas para os devorar e rãs que os infestaram;
46 En Hy het hulle opbrings aan die kaalvreter gegee en die vrug van hulle werk aan die treksprinkaan.
46 quando entregou suas colheitas aos pulgões, e aos gafanhotos o fruto de seu trabalho;
47 Hy het hulle wingerdstok deur die hael doodgemaak en hulle wildevyeboom deur ryp.
47 quando arrasou suas vinhas com o granizo, e suas figueiras com a geada;
48 Ook het Hy hulle diere aan die hael oorgegee en hulle vee aan die blitse.
48 quando extinguiu seu gado com saraivadas, e seus rebanhos pelos raios;
49 Hy het die gloed van sy toorn onder hulle gestuur, grimmigheid en woede en benoudheid, 'n uitsending van ongeluksbodes.
49 quando descarregou o ardor de sua cólera, indignação, furor, tribulação, um esquadrão de anjos da desgraça.
50 Hy het 'n pad vir sy toorn gebaan, hulle siel nie gered van die dood nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee.
50 Deu livre curso à sua cólera; longe de preservá-los da morte, ele entregou à peste os seres vivos.
51 En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam.
51 Matou os primogênitos no Egito, os primeiros partos nas habitações de Cam,
52 Maar Hy het sy volk laat wegtrek soos skape en hulle gelei soos 'n kudde in die woestyn.
52 enquanto retirou seu povo como ovelhas, e o fez atravessar o deserto como rebanho.
53 Ja, Hy het hulle veilig gelei, sodat hulle nie gevrees het nie; maar die see het hulle vyande oordek.
53 Conduziu-o com firmeza sem nada ter que temer, enquanto aos inimigos os submergiu no mar.
54 En Hy het hulle gebring na sy heilige grondgebied, na die bergland wat sy regterhand verwerf het.
54 Ele os levou para uma terra santa, até os montes que sua destra conquistou.
55 En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en die aan hulle as afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in hulle tente laat woon.
55 Ele expulsou nações diante deles, distribuiu-lhes as terras como herança, fez habitar em suas tendas as tribos de Israel.
56 Maar hulle het Hom versoek en was wederstrewig teen God, die Allerhoogste, en hulle het sy getuienisse nie onderhou nie.
56 Mas ainda tentaram a Deus e provocaram o Altíssimo, e não observaram os seus preceitos.
57 En hulle was afvallig en het troueloos gehandel soos hul vaders; hulle het omgedraai soos 'n bedrieglike boog.
57 Transviaram-se e prevaricaram como seus pais, erraram o alvo, como um arco mal entesado.
58 En hulle het Hom geterg deur hul hoogtes en deur hul gesnede beelde sy jaloersheid gewek.
58 Provocaram-lhe a ira com seus lugares altos, e inflamaram-lhe o zelo com seus ídolos.
59 God het dit gehoor en toornig geword, en Hy het Israel heeltemal verwerp.
59 À vista disso Deus se encolerizou e rejeitou Israel severamente.
60 En Hy het die tabernakel in Silo prysgegee, die tent wat Hy opgeslaan het onder die mense.
60 Abandonou o santuário de Silo, tabernáculo onde habitara entre os homens.
61 En Hy het sy sterkte oorgegee in gevangenskap en sy heerlikheid in die hand van die teëstander.
61 Deixou conduzir cativa a arca de sua força, permitiu que a arca de sua glória caísse em mãos inimigas.
62 En Hy het sy volk oorgelewer aan die swaard en toornig geword op sy erfdeel.
62 Abandonou seu povo à espada, e se irritou contra a sua herança.
63 Die vuur het hulle jongmanne verteer, en hulle jongedogters is nie geprys nie.
63 O fogo devorou sua juventude, suas filhas não encontraram desponsório.
64 Hulle priesters het deur die swaard geval, en hulle weduwees het nie geween nie.
64 Seus sacerdotes pereceram pelo gládio, e as viúvas não choraram mais seus mortos.
65 Toe het die Here wakker geword soos een wat slaap, soos 'n held wat oorweldig is deur die wyn;
65 Então, o Senhor despertou como de um sono, como se fosse um guerreiro dominado pelo vinho.
66 en Hy het sy teëstanders van agter geslaan, Hy het hulle 'n ewige smaadheid aangedoen.
66 E feriu pelas costas os inimigos, infligindo-lhes eterna igomínia.
67 En Hy het die tent van Josef verwerp, en die stam van Efraim het Hy nie uitverkies nie,
67 Rejeitou o tabernáculo de José, e repeliu a tribo de Efraim.
68 maar die stam van Juda uitverkies, die berg Sion wat Hy liefhet.
68 Mas escolheu a de Judá e o monte Sião, monte de predileção.
69 En Hy het sy heiligdom soos hemelhoogtes gebou, soos die aarde wat Hy vir ewig gegrondves het.
69 Construiu seu santuário, qual um céu, estável como a terra, firmada para sempre.
70 En Hy het sy kneg Dawid uitverkies en hom van die skaapkrale af geneem.
70 Escolhendo a Davi, seu servo, e o tomando dos apriscos das ovelhas.
71 Agter die lammerooie het Hy hom gaan weghaal, om Jakob, sy volk, op te pas en Israel, sy erfdeel.
71 Chamou-o do cuidado das ovelhas e suas crias, para apascentar o rebanho de Jacó, seu povo, e de Israel, sua herança.
72 En hy het hulle opgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande.
72 Davi foi para eles um pastor reto de coração, que os dirigiu com mão prudente.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Salmos 78, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.