Jó 7

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ACF

Sair da comparação
ACF Almeida Corrigida Fiel
1 Het die mens nie 'n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie?
1 Porventura não tem o homem guerra sobre a terra? E não são os seus dias como os dias do jornaleiro?
2 Soos 'n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos 'n dagloner wat wag op sy werkloon,
2 Como o servo que suspira pela sombra, e como o jornaleiro que espera pela sua paga,
3 so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.
3 Assim me deram por herança meses de vaidade; e noites de trabalho me prepararam.
4 As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môre skemering toe.
4 Deitando-me a dormir, então digo: Quando me levantarei? Mas comprida é a noite, e farto-me de me revolver na cama até à alva.
5 My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.
5 A minha carne se tem vestido de vermes e de torrões de pó; a minha pele está gretada, e se fez abominável.
6 My dae is vinniger as 'n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.
6 Os meus dias são mais velozes do que a lançadeira do tecelão, e acabam-se, sem esperança.
7 Bedink tog dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.
7 Lembra-te de que a minha vida é como o vento; os meus olhos não tornarão a ver o bem.
8 Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my -- en ek is daar nie!
8 Os olhos dos que agora me vêem não me verão mais; os teus olhos estarão sobre mim, porém não serei mais.
9 Die wolk verdwyn en gaan heen -- so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.
9 Assim como a nuvem se desfaz e passa, assim aquele que desce à sepultura nunca tornará a subir.
10 Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.
10 Nunca mais tornará à sua casa, nem o seu lugar jamais o conhecerá.
11 So wil dan ook ,k my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.
11 Por isso não reprimirei a minha boca; falarei na angústia do meu espírito; queixar-me-ei na amargura da minha alma.
12 Is ek 'n see, of 'n groot seedier, dat U 'n wag teen my opstel?
12 Sou eu porventura o mar, ou a baleia, para que me ponhas uma guarda?
13 As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,
13 Dizendo eu: Consolar-me-á a minha cama; meu leito aliviará a minha ânsia;
14 dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,
14 Então me espantas com sonhos, e com visões me assombras;
15 sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my.
15 Assim a minha alma escolheria antes a estrangulação; e antes a morte do que a vida.
16 Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.
16 A minha vida abomino, pois não viveria para sempre; retira-te de mim; pois vaidade são os meus dias.
17 Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?
17 Que é o homem, para que tanto o engrandeças, e ponhas nele o teu coração,
18 En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?
18 E cada manhã o visites, e cada momento o proves?
19 Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?
19 Até quando não apartarás de mim, nem me largarás, até que engula a minha saliva?
20 As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is?
20 Se pequei, que te farei, ó Guarda dos homens? Por que fizeste de mim um alvo para ti, para que a mim mesmo me seja pesado?
21 En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.
21 E por que não perdoas a minha transgressão, e não tiras a minha iniqüidade? Porque agora me deitarei no pó, e de madrugada me buscarás, e não existirei mais.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jó 7, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.