Salmos 18

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARIB

Sair da comparação
ARIB Almeida Revisada Imprensa Bíblica
1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.
1 Eu te amo, ó Senhor, força minha.
2 En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte.
2 O Senhor é a minha rocha, a minha fortaleza e o meu libertador; o meu Deus, o meu rochedo, em quem me refúgio; o meu escudo, a força da minha salvação, e o meu alto refúgio.
3 Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
3 Invoco o Senhor, que é digno de louvor, e sou salvo dos meus inimigos.
4 Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.
4 Cordas de morte me cercaram, e torrentes de perdição me amedrontaram.
5 Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval.
5 Cordas de Seol me cingiram, laços de morte me surpreenderam.
6 Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom.
6 Na minha angústia invoquei o Senhor, sim, clamei ao meu Deus; do seu templo ouviu ele a minha voz; o clamor que eu lhe fiz chegou aos seus ouvidos.
7 Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.
7 Então a terra se abalou e tremeu, e os fundamentos dos montes também se moveram e se abalaram, porquanto ele se indignou.
8 Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.
8 Das suas narinas subiu fumaça, e da sua boca saiu fogo devorador; dele saíram brasas ardentes.
9 Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.
9 Ele abaixou os céus e desceu; trevas espessas havia debaixo de seus pés.
10 En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder sy voete.
10 Montou num querubim, e voou; sim, voou sobre as asas do vento.
11 En Hy het op 'n g,rub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind.
11 Fez das trevas o seu retiro secreto; o pavilhão que o cercava era a escuridão das águas e as espessas nuvens do céu.
12 Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke.
12 Do resplendor da sua presença saíram, pelas suas espessas nuvens, saraiva e brasas de fogo.
13 Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole.
13 O Senhor trovejou a sua voz; e havia saraiva e brasas de fogo.
14 En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole.
14 Despediu as suas setas, e os espalhou; multiplicou raios, e os perturbou.
15 En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, sy bliksems in menigte, en Hy het hulle verwar.
15 Então foram vistos os leitos das águas, e foram descobertos os fundamentos do mundo, à tua repreensão, Senhor, ao sopro do vento das tuas narinas.
16 En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus.
16 Do alto estendeu o braço e me tomou; tirou-me das muitas águas.
17 Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek.
17 Livrou-me do meu inimigo forte e daqueles que me odiavam; pois eram mais poderosos do que eu.
18 Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.
18 Surpreenderam-me eles no dia da minha calamidade, mas o Senhor foi o meu amparo.
19 Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die HERE was my steun.
19 Trouxe-me para um lugar espaçoso; livrou-me, porque tinha prazer em mim.
20 En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.
20 Recompensou-me o Senhor conforme a minha justiça, retribuiu-me conforme a pureza das minhas mãos.
21 Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande.
21 Pois tenho guardado os caminhos do Senhor, e não me apartei impiamente do meu Deus.
22 Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie;
22 Porque todas as suas ordenanças estão diante de mim, e nunca afastei de mim os seus estatutos.
23 want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie.
23 Também fui irrepreensível diante dele, e me guardei da iniqüidade.
24 Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.
24 Pelo que o Senhor me recompensou conforme a minha justiça, conforme a pureza de minhas mãos perante os seus olhos.
25 So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë.
25 Para com o benigno te mostras benigno, e para com o homem perfeito te mostras perfeito.
26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,
26 Para com o puro te mostras puro, e para com o perverso te mostras contrário.
27 by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
27 Porque tu livras o povo aflito, mas os olhos altivos tu os abates.
28 Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is.
28 Sim, tu acendes a minha candeia; o Senhor meu Deus alumia as minhas trevas.
29 Want U laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar.
29 Com o teu auxílio dou numa tropa; com o meu Deus salto uma muralha.
30 Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur.
30 Quanto a Deus, o seu caminho é perfeito; a promessa do Senhor é provada; ele é um escudo para todos os que nele confiam.
31 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
31 Pois, quem é Deus senão o Senhor? e quem é rochedo senão o nosso Deus?
32 Want wie is God buiten die HERE, en wie is 'n rots behalwe onse God?
32 Ele é o Deus que me cinge de força e torna perfeito o meu caminho;
33 God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.
33 faz os meus pés como os das corças, e me coloca em segurança nos meus lugares altos.
34 Hy maak my voete soos die van herte en laat my staan op my hoogtes.
34 Adestra as minhas mãos para a peleja, de sorte que os meus braços vergam um arco de bronze.
35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span.
35 Também me deste o escudo da tua salvação; a tua mão direita me sustém, e a tua clemência me engrandece.
36 Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
36 Alargas o caminho diante de mim, e os meus pés não resvalam.
37 U het my voetstap ruim gemaak onder my, en my enkels het nie gewankel nie.
37 Persigo os meus inimigos, e os alcanço; não volto senão depois de os ter consumido.
38 Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.
38 Atravesso-os, de modo que nunca mais se podem levantar; caem debaixo dos meus pés.
39 Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete.
39 Pois me cinges de força para a peleja; prostras debaixo de mim aqueles que contra mim se levantam.
40 En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk.
40 Fazes também que os meus inimigos me dêem as costas; aos que me odeiam eu os destruo.
41 En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, die het ek vernietig.
41 Clamam, porém não há libertador; clamam ao Senhor, mas ele não lhes responde.
42 Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie -- tot die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
42 Então os esmiuço como o pó diante do vento; lanço-os fora como a lama das ruas.
43 Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate.
43 Livras-me das contendas do povo, e me fazes cabeça das nações; um povo que eu não conhecia se me sujeita.
44 U het my gered uit die getwis van die volk; U het my 'n hoof gemaak van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.
44 Ao ouvirem de mim, logo me obedecem; com lisonja os estrangeiros se me submetem.
45 Sodra hulle van my gehoor het, was hulle my gehoorsaam, uitlanders het kruipende na my gekom.
45 Os estrangeiros desfalecem e, tremendo, saem dos seus esconderijos.
46 Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.
46 Vive o Senhor; bendita seja a minha rocha, e exaltado seja o Deus da minha salvação,
47 Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil!
47 o Deus que me dá vingança, e sujeita os povos debaixo de mim,
48 Die God wat my die wraak gee en volke aan my onderwerp;
48 que me livra de meus inimigos; sim, tu me exaltas sobre os que se levantam contra mim; tu me livras do homem violento.
49 wat my red van my vyande; ja, U verhef my bo my teëstanders; U bevry my van die man van geweld.
49 Pelo que, ó Senhor, te louvarei entre as nações, e entoarei louvores ao teu nome.
50 Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing. [ (Psalms 18:51) Hy wat die verlossinge van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid. ]
50 Ele dá grande livramento ao seu rei, e usa de benignidade para com o seu ungido, para com Davi e sua posteridade, para sempre.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Salmos 18, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.