Provérbios 30
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARIB
1 Die woorde van Agur, die seun van Jake; die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag.
1 Palavras de Agur, filho de Jaqué de Massá. Diz o homem a Itiel, e a Ucal:
2 Ja, ek is te dom om mens te kan wees, en ek het geen menseverstand nie.
2 Na verdade que eu sou mais estúpido do que ninguém; não tenho o entendimento do homem;
3 En ek het nie wysheid geleer, sodat ek kennis van die Heilige sou besit nie.
3 não aprendi a sabedoria, nem tenho o conhecimento do Santo.
4 Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun -- as jy dit weet?
4 Quem subiu ao céu e desceu? quem encerrou os ventos nos seus punhos? mas amarrou as águas no seu manto? quem estabeleceu todas as extremidades da terra? qual é o seu nome, e qual é o nome de seu filho? Certamente o sabes!
5 Elke woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.
5 Toda palavra de Deus é pura; ele é um escudo para os que nele confiam.
6 Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as 'n leuenaar openbaar word nie.
6 Nada acrescentes às suas palavras, para que ele não te repreenda e tu sejas achado mentiroso.
7 Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie:
7 Duas coisas te peço; não mas negues, antes que morra:
8 Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is;
8 Alonga de mim a falsidade e a mentira; não me dês nem a pobreza nem a riqueza: dá-me só o pão que me é necessário;
9 dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.
9 para que eu de farto não te negue, e diga: Quem é o Senhor? ou, empobrecendo, não venha a furtar, e profane o nome de Deus.
10 Belaster nie 'n slaaf by sy heer nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie.
10 Não calunies o servo diante de seu senhor, para que ele não te amaldiçoe e fiques tu culpado.
11 Daar is 'n geslag wat sy vader vervloek en sy moeder nie seën nie,
11 Há gente que amaldiçoa a seu pai, e que não bendiz a sua mãe.
12 'n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie,
12 Há gente que é pura aos seus olhos, e contudo nunca foi lavada da sua imundícia.
13 'n geslag -- hoe trots is sy oë, en hoe hoog is sy ooglede opgetrek! --
13 Há gente cujos olhos são altivos, e cujas pálpebras são levantadas para cima.
14 'n geslag waarvan die tande swaarde is, waarvan die gebit messe is, om die ellendiges uit die land te verteer en die behoeftiges onder die mensdom uit.
14 Há gente cujos dentes são como espadas; e cujos queixais são como facas, para devorarem da terra os aflitos, e os necessitados dentre os homens.
15 Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! --
15 A sanguessuga tem duas filhas, a saber: Dá, Dá. Há três coisas que nunca se fartam; sim, quatro que nunca dizem: Basta;
16 die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie!
16 o Seol, a madre estéril, a terra que não se farta d'água, e o fogo que nunca diz: Basta.
17 'n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag -- die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.
17 Os olhos que zombam do pai, ou desprezam a obediência à mãe, serão arrancados pelos corvos do vale e devorados pelos filhos da águia.
18 Drie is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vier wat ek nie begryp nie:
18 Há três coisas que são maravilhosas demais para mim, sim, há quatro que não conheço:
19 die weg van die arend in die lug, die weg van 'n slang oor 'n rots, die weg van 'n skip in die hart van die see, en die weg van 'n man by 'n maagd.
19 o caminho da águia no ar, o caminho da cobra na penha, o caminho do navio no meio do mar, e o caminho do homem com uma virgem.
20 So is die weg van 'n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie.
20 Tal é o caminho da mulher adúltera: ela come, e limpa a sua boca, e diz: não pratiquei iniqüidade.
21 Onder drie bewe die aarde, en onder vier kan hy dit nie uithou nie:
21 Por três coisas estremece a terra, sim, há quatro que não pode suportar:
22 onder 'n slaaf as hy koning word, en 'n dwaas as hy volop brood het;
22 o escravo quando reina; o tolo quando se farta de comer;
23 onder 'n nie-geliefde as sy tog 'n man kry, en 'n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe.
23 a mulher desdenhada quando se casa; e a serva quando fica herdeira da sua senhora.
24 Vier is dit wat klein is op die aarde, maar hulle is uitermate wys:
24 Quatro coisas há na terra que são pequenas, entretanto são extremamente sábias;
25 die miere is nie 'n sterk volk nie, en tog berei hulle hul voedsel in die somer;
25 as formigas são um povo sem força, todavia no verão preparam a sua comida;
26 die klipdassies is nie 'n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots;
26 os querogrilos são um povo débil, contudo fazem a sua casa nas rochas;
27 die sprinkane het geen koning nie, en tog trek die hele swerm in goeie orde uit;
27 os gafanhotos não têm rei, contudo marcham todos enfileirados;
28 die geitjie kan jy met die hande gryp, en tog is hy in die konings se paleise.
28 a lagartixa apanha-se com as mãos, contudo anda nos palácios dos reis.
29 Drie is dit wat statig wegstap, ja, vier wat statig wegloop:
29 Há três que andam com elegância, sim, quatro que se movem airosamente:
30 die leeu, die held onder die diere, wat vir niks omdraai nie;
30 o leão, que é o mais forte entre os animais, e que não se desvia diante de ninguém;
31 die dier met gespierde heupe, of die bok, en 'n koning met die troepemag by hom.
31 o galo emproado, o bode, e o rei à frente do seu povo.
32 As jy dwaas gewees het deur jou te verhef, of as jy vooraf nagedink het -- die hand op die mond!
32 Se procedeste loucamente em te elevares, ou se maquinaste o mal, põe a mão sobre a boca.
33 Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort.
33 Como o espremer do leite produz queijo verde, e o espremer do nariz produz sangue, assim o espremer da ira produz contenda.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Provérbios 30, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.