Provérbios 19

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVI

Sair da comparação
NVI Nova Versão Internacional
1 'n Arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as 'n verkeerde van lippe en daarby 'n dwaas.
1 Melhor é o pobre que vive com integridade do que o tolo que fala perversamente.
2 Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.
2 Não é bom ter zelo sem conhecimento, nem ser precipitado e perder o caminho.
3 'n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE.
3 É a insensatez do homem que arruína a sua vida, mas o seu coração se ira contra o Senhor.
4 Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.
4 A riqueza traz muitos amigos, mas até o amigo do pobre o abandona.
5 'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.
5 A testemunha falsa não ficará sem castigo, e aquele que despeja mentiras não sairá livre.
6 Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het 'n hoop vriende.
6 Muitos adulam o governante, e todos são amigos de quem dá presentes.
7 Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde -- weg is hulle!
7 O pobre é desprezado por todos os seus parentes, quanto mais por seus amigos! Embora os procure, para pedir-lhes ajuda, não os encontra em lugar nenhum.
8 Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.
8 Quem obtém sabedoria ama-se a si mesmo; quem acalenta o entendimento prospera.
9 'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.
9 A testemunha falsa não ficará sem castigo, e aquele que despeja mentiras perecerá.
10 Weelde pas nie vir 'n dwaas nie, hoeveel minder vir 'n kneg om oor vorste te heers!
10 Não fica bem o tolo viver no luxo; quanto pior é o servo dominar príncipes!
11 Die verstand van 'n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom 'n eer om die oortreding te vergewe.
11 A sabedoria do homem lhe dá paciência; sua glória é ignorar as ofensas.
12 Die grimmigheid van 'n koning is soos die gebrom van 'n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante.
12 A ira do rei é como o rugido do leão, mas a sua bondade é como o orvalho sobre a relva.
13 'n Dwase seun is 'n ramp vir sy vader, en die gekyf van 'n vrou is 'n aanhoudende gedrup.
13 O filho tolo é a ruína de seu pai, e a esposa briguenta é como uma goteira constante.
14 Huis en goed is 'n erfenis van die vaders, maar 'n verstandige vrou is van die HERE.
14 Casas e riquezas herdam-se dos pais, mas a esposa prudente vem do Senhor.
15 Luiheid laat in 'n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.
15 A preguiça leva ao sono profundo, e o preguiçoso passa fome.
16 Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.
16 Quem obedece aos mandamentos preserva a sua vida, mas quem despreza os seus caminhos morrerá.
17 Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.
17 Quem trata bem os pobres empresta ao Senhor, e ele o recompensará.
18 Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.
18 Discipline seu filho, pois nisso há esperança; não queiras a morte dele.
19 Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.
19 O homem de gênio difícil precisa do castigo; se você o poupar, terá que poupá-lo de novo.
20 Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.
20 Ouça conselhos e aceite instruções, e acabará sendo sábio.
21 Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad van die HERE, die sal bestaan.
21 Muitos são os planos no coração do homem, mas o que prevalece é o propósito do Senhor.
22 Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid; en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.
22 O que se deseja ver num homem é amor perene; melhor é ser pobre do que mentiroso.
23 Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word.
23 O temor do Senhor conduz à vida: Quem o teme pode descansar em paz, livre de problemas.
24 Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.
24 O preguiçoso põe a mão no prato, e não se dá ao trabalho de levá-la à boca!
25 Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.
25 Açoite o zombador, e os inexperientes aprenderão a prudência; repreenda o homem de discernimento, e ele obterá conhecimento.
26 Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is 'n seun wat skande maak en skandelik handel.
26 O filho que rouba o pai e expulsa a mãe é causador de vergonha e desonra.
27 Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.
27 Se você parar de ouvir a instrução, meu filho, irá afastar-se das palavras que dão conhecimento.
28 'n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg.
28 A testemunha corrupta zomba da justiça, e a boca dos ímpios tem fome de iniqüidade.
29 Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.
29 Os castigos estão preparados para os zombadores, e os açoites para as costas dos tolos.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Provérbios 19, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.