Provérbios 15

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA

Sair da comparação
NAA Nova Almeida Atualizada 2017
1 'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.
1 A resposta branda desvia o furor, mas a palavra dura suscita a ira.
2 Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.
2 A língua dos sábios adorna o conhecimento, mas a boca dos insensatos derrama tolices.
3 Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.
3 Os olhos do Senhor estão em todo lugar, contemplando os maus e os bons.
4 Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.
4 A língua serena é árvore de vida, mas a língua perversa esmaga o espírito.
5 Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.
5 O insensato despreza a instrução de seu pai, mas o que aceita a repreensão consegue a prudência.
6 In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.
6 Na casa do justo há grande tesouro, mas no lucro dos ímpios há infelicidade.
7 Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.
7 As palavras dos sábios difundem o conhecimento, mas o coração dos insensatos não procede assim.
8 Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.
8 O Senhor detesta o sacrifício dos ímpios, mas a oração dos retos é o seu prazer.
9 Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.
9 O Senhor detesta o caminho do ímpio, mas ama o que segue a justiça.
10 'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.
10 Disciplina rigorosa há para o que abandona o caminho, e quem odeia a repreensão morrerá.
11 Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die HERE, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!
11 O mundo dos mortos e o abismo estão expostos diante do quanto mais o coração dos filhos dos homens!
12 Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.
12 O zombador não gosta de quem o repreende, nem se aproxima dos sábios.
13 'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.
13 O coração alegre embeleza o rosto, mas com a tristeza do coração o espírito se abate.
14 Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.
14 O coração sábio busca o conhecimento, mas a boca dos insensatos se alimenta de estupidez.
15 Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.
15 Para quem está aflito, todos os dias são maus, mas a vida de quem tem o coração alegre é uma festa contínua.
16 Liewer 'n bietjie in die vrees van die HERE, as 'n groot skat en onrus daarby.
16 Melhor é o pouco, havendo o temor do do que um grande tesouro onde há inquietação.
17 Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby.
17 Melhor é um prato de legumes onde há amor do que um boi inteiro acompanhado de ódio.
18 'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.
18 Quem se irrita facilmente provoca discórdia, mas quem é tardio em ficar irado acalma os conflitos.
19 Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.
19 O caminho do preguiçoso é como que cercado de espinhos, mas a vereda dos justos é plana.
20 'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder.
20 O filho sábio alegra o seu pai, mas o insensato despreza a sua mãe.
21 Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit.
21 Quem não tem juízo se alegra com a sua tolice, mas quem é sábio anda retamente.
22 Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.
22 Sem conselhos os projetos fracassam, mas com muitos conselheiros há sucesso.
23 'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd!
23 Que alegria é ter a resposta adequada! Como é boa a palavra dita na hora certa!
24 Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.
24 Para o sábio, o caminho da vida leva para cima, para desviar do inferno, embaixo.
25 Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas.
25 O Senhor derruba a casa dos orgulhosos, mas preserva a herança da viúva.
26 Die planne van die slegte is vir die HERE 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.
26 O Senhor detesta os planos dos maus, mas as palavras bondosas lhe são aprazíveis.
27 Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.
27 Quem é ávido por lucro desonesto arruína a sua casa, mas o que odeia o suborno, esse viverá.
28 Die hart van die regverdige dink n om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.
28 O coração do justo medita o que há de responder, mas a boca dos ímpios derrama maldades.
29 Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.
29 O Senhor está longe dos ímpios, mas ouve a oração dos justos.
30 Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet.
30 O brilho nos olhos alegra o coração; uma boa notícia fortalece até os ossos.
31 Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.
31 Quem dá ouvidos à repreensão construtiva terá a sua morada no meio dos sábios.
32 Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.
32 Quem rejeita a disciplina despreza a si mesmo, mas o que aceita a repreensão adquire entendimento.
33 Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.
33 O temor do Senhor é instrução na sabedoria, e a humildade precede a honra.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Provérbios 15, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.