Jó 28
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA
1 Want vir die silwer is daar 'n plek waar dit uitkom, en 'n plek vir die goud wat hulle uitwas.
1 “Na verdade, a prata tem as suas minas, e o ouro, que se refina, tem o seu lugar.
2 Yster word uit die grond gehaal, en koper word uit klip gegiet.
2 O ferro é tirado da terra, e da pedra se funde o cobre.
3 'n Einde maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee.
3 Os homens põem termo à escuridão e até os últimos confins procuram as pedras ocultas nas trevas e na densa escuridão.
4 Hy breek 'n mynskag, w,g van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer.
4 Abrem entrada para minas longe da habitação dos homens; são esquecidos pelos que passam por cima; e, assim, longe de todos, dependurados em cordas, balançam de um lado para outro.
5 Die aarde -- daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.
5 Da terra procede o alimento, mas embaixo ela é revolvida como que pelo fogo.
6 Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud.
6 Nas suas pedras se encontra safira, e há pó que contém ouro.
7 'n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie;
7 Essa vereda, a ave de rapina a ignora, e os olhos do falcão nunca a viram.
8 waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie.
8 Feras majestosas nunca pisaram essa vereda, e nenhum leão passou por ali.
9 Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.
9 O homem estende a sua mão contra o rochedo e revolve os montes desde as suas raízes.
10 In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.
10 Abre canais nas pedras, e os seus olhos veem tudo o que há de mais precioso.
11 Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig.
11 Tapa os veios de água, e nem uma gota sai deles; e traz à luz o que estava escondido.”
12 Maar die wysheid -- waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?
12 “Mas onde se achará a sabedoria? E em que lugar estará o entendimento?
13 Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.
13 O ser humano não conhece o valor da sabedoria, e ela não se encontra na terra dos viventes.
14 Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.
14 O abismo diz: ‘Ela não está em mim.’ E o mar diz: ‘Não está comigo.’
15 Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie.
15 Não se compra a sabedoria com ouro fino; ela também não pode ser paga com prata.
16 Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie.
16 O seu valor não pode ser avaliado pelo ouro de Ofir, nem pelo precioso ônix, nem pela safira.
17 Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil 'n mens dit nie.
17 O ouro não se iguala a ela, nem o cristal; não se pode trocá-la por joias de ouro fino.
18 Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale.
18 Ela faz esquecer o coral e o cristal; o preço da sabedoria é maior que o das pérolas.
19 Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.
19 O topázio da Etiópia não se compara com ela; não se compra a sabedoria nem com ouro puro.
20 Die wysheid dan -- waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?
20 Mas de onde vem a sabedoria? E em que lugar estará o entendimento?
21 Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel.
21 Está encoberta aos olhos de todos os seres vivos, e oculta às aves do céu.
22 Die plek van vertering en die dood sê: Met ons ore het ons die gerug daarvan gehoor.
22 O abismo e a morte dizem: ‘Ouvimos com os nossos ouvidos a sua fama.’”
23 God weet die weg daarheen, en Hy ken die woonplek daarvan.
23 “Deus lhe entende o caminho, e ele é quem sabe o seu lugar.
24 Want Hy sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.
24 Porque o seu olhar alcança as extremidades da terra; ele vê tudo o que há debaixo dos céus.
25 Toe Hy vir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het,
25 Quando Deus regulou o peso do vento e fixou a medida das águas;
26 toe Hy vir die reën 'n wet gestel het en 'n weg vir die onweerstraal,
26 quando determinou leis para a chuva e caminho para o relâmpago dos trovões,
27 toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.
27 então ele viu a sabedoria e a manifestou; estabeleceu-a e também a examinou.
28 Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.
28 E disse ao ser humano: ‘Eis que o temor do Senhor é a sabedoria, e afastar-se do mal é o entendimento.’”
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jó 28, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.