2 Samuel 22

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC

Sair da comparação
VC Versão Católica
1 En Dawid het die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.
1 Davi dirigiu ao Senhor as palavras do cântico que segue, no dia em que o Senhor o livrou da mão de todos os seus inimigos e da mão de Saul.
2 En hy het gesê: Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder;
2 O Senhor é o meu rochedo, minha fortaleza e meu libertador,
3 God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos.
3 meu Deus é a minha rocha onde encontro o meu refúgio, meu escudo e força de minha salvação, minha cidadela e meu refúgio. Meu salvador, que me salvais da violência.
4 Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.
4 Invoco o Senhor digno de todo louvor, e fico livre dos meus inimigos.
5 Want die golwe van die dood het my omring, strome van onheil het my oorval.
5 Circundavam-me os vagalhões da morte, torrentes devastadoras me atemorizavam,
6 Bande van die doderyk het my omring, strikke van die dood het my teëgekom.
6 enlaçavam-se as cadeias da habitação dos mortos, a própria morte me prendia em suas redes.
7 Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor, en my hulpgeroep was in sy ore.
7 Na minha angústia, invoquei ao Senhor, gritei para meu Deus: do seu templo ele ouviu a minha voz, e o meu clamor chegou aos seus ouvidos.
8 Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.
8 A terra vacilou e tremeu, os fundamentos dos céus fremiram, abalaram-se, porque Deus se abrasou em cólera:
9 Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.
9 suas narinas exalavam fumaça, sua boca, fogo devorador, brasas incandescentes.
10 En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en wolkedonkerheid was onder sy voete.
10 Ele inclinou os céus e desceu, calcando aos pés escuras nuvens,
11 En Hy het op 'n g,rub gery en gevlieg; ja, Hy het verskyn op die vlerke van die wind.
11 cavalgou sobre um querubim e voou, planando nas asas do vento.
12 En Hy het duisternis rondom Hom as hutte gestel, versameling van waters, diktes van wolke.
12 Envolveu-se nas trevas como numa tenda, nas águas tenebrosas, densas nuvens.
13 Uit die glans voor Hom het gloeiende kole gebrand.
13 Do esplendor de sua presença flamejaram centelhas de fogo,
14 Uit die hemel het die HERE gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor.
14 dos céus trovejou o Senhor, o Altíssimo fez ressoar a sua. voz,
15 En Hy het pyle uitgestuur en hulle verstrooi, bliksems en hulle verwar.
15 lançou setas e dispersou os inimigos, fulminou relâmpagos e os desbaratou.
16 En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van die HERE, vanweë die geblaas van die wind van sy neus.
16 E apareceu descoberto o leito do mar, os fundamentos da terra, ante a voz ameaçadora do Senhor, ante o furacão de sua cólera.
17 Uit die hoogte het Hy sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, my uit groot waters getrek.
17 Do alto estendeu a sua mão e me pegou, e retirou-me das águas profundas,
18 Hy het my verlos van my magtige vyand, van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.
18 livrou-me de inimigo poderoso, dos meus adversários, mais fortes do que eu.
19 Hulle het my oorval op die dag van my nood, maar die HERE was my steun.
19 Investiram contra mim no dia do meu infortúnio, mas o Senhor foi o meu arrimo,
20 En Hy het my uitgelei in die ruimte, Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.
20 pôs-me a salvo e livrou-me, porque me ama.
21 Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; na die reinheid van my hande het Hy my vergelde.
21 O Senhor me tratou segundo a minha inocência, retribuiu-me segundo a pureza de minhas mãos,
22 Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie.
22 porque guardei os caminhos do Senhor e não pequei separando-me do meu Deus;
23 Want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge -- daar het ek nie van afgewyk nie.
23 Tenho diante dos olhos todos os seus preceitos e não me desvio de suas leis.
24 Maar ek was opreg voor Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.
24 Ando irrepreensivelmente diante dele, guardando-me do meu pecado.
25 So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor sy oë.
25 O Senhor retribuiu-me segundo a minha justiça, segundo a minha pureza diante dos seus olhos.
26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,
26 Com quem é bondoso vos mostrais bondoso, com homem íntegro vos mostrais íntegro,
27 by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
27 puro, com quem é puro; prudente, com quem é astuto.
28 En U verlos die verdrukte volk, maar u oë is teen die hoogmoediges; U verneder hulle.
28 Aos humildes salvais; os semblantes soberbos humilhais.
29 Want U is my lamp, o HERE! En die HERE laat my duisternis opklaar.
29 Senhor, sois meu farol; é o Senhor quem dissipa as minhas trevas.
30 Want met U loop ek 'n bende storm, met my God spring ek oor 'n muur.
30 Convosco afrontarei batalhões; com meu Deus escalarei muralhas.
31 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
31 Os caminhos de Deus são perfeitos; a palavra do Senhor é pura. Ele é o escudo de todos os que nele se refugiam.
32 Want wie is God buiten die HERE, en wie 'n rots buiten onse God?
32 Pois, quem é Deus senão o Senhor? Quem é o rochedo, senão o nosso Deus?
33 Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my 'n weg volkomelik uitgesoek.
33 É Deus quem me cinge de coragem e aplana o meu caminho.
34 Hy maak my voete soos die van herte en laat my staan op my hoogtes.
34 Torna os meus pés velozes como os das gazelas e me instala nas alturas.
35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span.
35 Adestra minhas mãos para o combate e meus braços para o tiro de arco.
36 En U het my die skild van u uitredding gegee, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
36 Vós me dais o escudo que me salva, e vossa bondade me engrandece.
37 U het my voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie.
37 Alargais o caminho a meus passos para meus pés não resvalarem.
38 Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.
38 Dou caça aos inimigos e os extermino. E não volto sem que os tenha aniquilado.
39 Ja, ek het hulle vernietig en hulle verbrysel, sodat hulle nie weer opgestaan het nie, maar onder my voete geval het.
39 De tal sorte os aniquilo e despedaço, que não mais se levantam: eles ficam caídos a meus pés.
40 En U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders onder my laat buk.
40 Vós me cingis de coragem para a luta e ante mim dobrais os meus adversários.
41 En U het my vyande vir my laat vlug; my haters, die het ek vernietig.
41 Afugentais da minha presença os meus inimigos. E reduzo ao silêncio os que me aborrecem.
42 Hulle het rondgekyk, maar daar was geen verlosser nie; na die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
42 Gritam por socorro, mas não há quem os salve, clamam ao Senhor, mas não responde...
43 Toe het ek hulle vermaal soos die stof van die aarde, soos modder van die strate het ek hulle fyngemaal, hulle vertrap.
43 Eu os trituro como ao pó da terra. E os esmago aos pés como ao barro das estradas.
44 En U het my gered uit die getwis van my volk; U het my bewaar as 'n hoof van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.
44 Vós me livrais das revoltas do meu povo e me guardais à frente das nações. Povos que eu desconhecia se tornaram meus servos.
45 Uitlanders het al kruipende na my gekom; sodra hulle van my gehoor het, was hulle gehoorsaam aan my.
45 Gente estranha me serve abnegadamente e obedecem-me à primeira intimação.
46 Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.
46 Gente estranha desfalece e sai tremendo de seus esconderijos.
47 Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God wat die rots is van my heil!
47 Viva o Senhor e bendito seja o meu rochedo! Exaltado seja Deus, rocha que me salva!
48 Die God wat my die wraak gee en volke onder my neerwerp;
48 Deus, que me proporciona a vingança e avassala nações a meus pés.
49 en wat my uitlei onder my vyande uit; ja, U verhef my bo my teëstanders, U bevry my van die man van geweld.
49 Sois vós quem me libertais dos meus inimigos, e me exaltais acima dos meus adversários, e me salvais do homem violento.
50 Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing;
50 Por isso vos louvarei, ó Senhor, entre as nações e celebrarei o vosso nome.
51 Hy is dit wat die verlossing van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid.
51 Ele prepara grandes vitórias a seu rei e faz misericórdia a seu ungido. A Davi e a sua descendência para sempre.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 2 Samuel 22, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.