Provérbios 17

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA

Sair da comparação
NAA Nova Almeida Atualizada 2017
1 Beter is 'n stuk droë brood en rus daarby as 'n huis vol offermaaltye met getwis.
1 Melhor é um bocado seco e tranquilidade do que a casa cheia de carnes e brigas.
2 'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.
2 O escravo sábio dominará sobre o filho que causa vergonha e, entre os irmãos, terá parte na herança.
3 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte.
3 O crisol prova a prata e o forno prova o ouro; mas o
4 Die kwaaddoener gee ag op 'n bedrieglike lip, 'n leuenaar luister na 'n tong wat onheil stig.
4 O malfeitor dá atenção aos lábios iníquos; o mentiroso inclina os ouvidos para a língua maligna.
5 Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor 'n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.
5 Quem zomba do pobre insulta aquele que o criou; o que se alegra com a calamidade não ficará impune.
6 Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.
6 Coroa dos velhos são os filhos dos filhos; e a glória dos filhos são os pais.
7 Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele!
7 Palavras bonitas não ficam bem ao insensato; muito menos a mentira na boca do príncipe!
8 Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.
8 O suborno é pedra mágica aos olhos de quem o oferece; onde quer que for oferecido dará resultado.
9 Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.
9 Quem encobre a transgressão fortalece a amizade, mas o que insiste no assunto separa os maiores amigos.
10 'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan.
10 Uma repreensão cala mais fundo em quem tem juízo do que cem chicotadas no insensato.
11 Die wederstrewige soek net onheil, maar 'n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur.
11 O rebelde só procura fazer o mal; por isso, um mensageiro cruel será enviado contra ele.
12 Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, maar nie 'n dwaas in sy sotheid nie.
12 Melhor é encontrar uma ursa da qual roubaram os filhotes do que o insensato na sua tolice.
13 Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.
13 Quanto àquele que paga o bem com o mal, o mal não se afastará da sua casa.
14 Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.
14 Começar uma discussão é como abrir uma represa; por isso, desista antes que surja o conflito.
15 Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.
15 O Senhor detesta quem justifica o ímpio e quem condena o justo; ele detesta tanto um quanto o outro.
16 Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?
16 De que serviria o dinheiro na mão do tolo para comprar a sabedoria, se ele não tem entendimento?
17 Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.
17 O amigo ama em todo tempo, e na angústia nasce o irmão.
18 Dit is 'n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.
18 Quem não tem juízo se compromete, ficando por fiador do seu próximo.
19 Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.
19 Quem ama a discórdia ama o pecado; o que faz alta a sua porta facilita a própria queda.
20 Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk.
20 O perverso de coração jamais encontra o bem; e o que diz coisas más acaba em desgraça.
21 Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie.
21 Quem gera um tolo faz isso para a sua própria tristeza; o pai do insensato não terá alegria.
22 'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.
22 O coração alegre é bom remédio, mas o espírito abatido faz secar os ossos.
23 Die goddelose neem 'n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.
23 O ímpio aceita suborno secretamente, para perverter as veredas da justiça.
24 Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde.
24 A sabedoria é o alvo do inteligente, mas o tolo volta os olhos para os confins da terra.
25 'n Dwase seun is 'n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.
25 O filho insensato é tristeza para o pai e amargura para quem o deu à luz.
26 Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie -- om edeles te slaan is onbetaamlik.
26 Não é bom punir o justo; é contra todo direito ferir o príncipe.
27 Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand.
27 Quem controla as suas palavras possui conhecimento, e o sereno de espírito é inteligente.
28 Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.
28 Até o insensato, quando se cala, é tido por sábio; se fica de boca fechada, passa por inteligente.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Provérbios 17, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.