Salmos 71

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC

Sair da comparação
VC Versão Católica
1 By U, o HERE, skuil ek: laat my nie vir altyd beskaamd staan nie!
1 É em vós, Senhor, que procuro meu refúgio; que minha esperança não seja para sempre confundida.
2 Red my deur u geregtigheid en bevry my; neig u oor tot my en verlos my!
2 Por vossa justiça, livrai-me, libertai-me; inclinai para mim vossos ouvidos e salvai-me.
3 Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.
3 Sede-me uma rocha protetora, uma cidadela forte para me abrigar: e vós me salvareis, porque sois meu rochedo e minha fortaleza.
4 My God, red my uit die hand van die goddelose, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar.
4 Meu Deus, livrai-me da mãos do iníquo, das garras do inimigo e do opressor,
5 Want U is my verwagting, Here HERE, my vertroue van my jeug af.
5 porque vós sois, ó meu Deus, minha esperança. Senhor, desde a juventude vós sois minha confiança.
6 Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur.
6 Em vós eu me apoiei desde que nasci, desde o seio materno sois meu protetor; em vós eu sempre esperei.
7 Ek was vir baie soos 'n wonder; maar U is my magtige toevlug.
7 Tornei-me para a turba um objeto de admiração, mas vós tendes sido meu poderoso apoio.
8 My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem.
8 Minha boca andava cheia de vossos louvores, cantando continuamente vossa glória.
9 Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie.
9 Na minha velhice não me rejeiteis, ao declinar de minhas forças não me abandoneis.
10 Want my vyande praat van my, en die wat op my lewe loer, hou saam raad
10 Porque falam de mim meus inimigos e os que me observam conspiram contra mim,
11 en sê: God het hom verlaat; agtervolg en gryp hom, want daar is geen redder nie!
11 dizendo: Deus o abandonou; persegui-o e prendei-o, porque não há ninguém para o livrá-lo.
12 o God, wees nie ver van my af nie; my God, maak tog gou om my te help!
12 Ó Deus, não vos afasteis de mim. Meu Deus, apressai-vos em me socorrer.
13 Laat hulle wat my as vyand behandel, beskaamd staan, verteer word; laat hulle wat my ongeluk soek, hulleself toedraai in smaad en skande.
13 Sejam confundidos e pereçam os que atentam contra minha vida, sejam cobertos de vergonha e confusão os que procuram minha desgraça.
14 Maar ,k sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder.
14 Eu, porém, hei de esperar sempre, e, dia após dia, vos louvarei mais.
15 My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie.
15 Minha boca proclamará vossa justiça e vossos auxílios de todos os dias, sem poder enumerá-los todos.
16 Ek sal kom met die magtige dade van die Here HERE; ek sal u geregtigheid vermeld, die van U alleen.
16 Os portentos de Deus eu narrarei, só a vossa justiça hei de proclamar, Senhor.
17 o God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders.
17 Vós me tendes instruído, ó Deus, desde minha juventude, e até hoje publico as vossas maravilhas.
18 En ook tot die ouderdom en die grysheid toe -- o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.
18 Na velhice e até os cabelos brancos, ó Deus, não me abandoneis, a fim de que eu anuncie à geração presente a força de vosso braço, e vosso poder à geração vindoura,
19 Ook is u geregtigheid, o God, tot in die hoogte; U wat groot dinge gedoen het, o God, wie is soos U?
19 e vossa justiça, ó Deus, que se eleva à altura dos céus, pela qual vós fizestes coisas grandiosas. Senhor, quem vos é comparável?
20 U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.
20 Vós me fizestes passar por numerosas e amargas tribulações para, de novo, me fazer viver e dos abismos da terra novamente me tirar.
21 Vermeerder my grootheid, en wend U om en troos my.
21 Aumentai minha grandeza, e de novo consolai-me.
22 So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, o Heilige van Israel!
22 Celebrarei então vossa fidelidade nas cordas da lira, eu vos cantarei na harpa, ó Santo de Israel.
23 My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer, en my siel, wat U verlos het.
23 Meus lábios e minha alma que resgatastes exultarão de alegria quando eu cantar a vossa glória.
24 Ook sal my tong u geregtigheid die hele dag prys, want hulle het beskaamd gestaan, want hulle wat my ongeluk soek, het rooi van skaamte geword.
24 E, dia após dia, também minha língua exaltará vossa justiça, porque ficaram cobertos de vergonha e confusão aqueles que buscavam minha perdição.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Salmos 71, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.