Provérbios 11

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA

Sair da comparação
NAA Nova Almeida Atualizada 2017
1 'n Valse weegskaal is vir die HERE 'n gruwel, maar in 'n volle gewig het Hy behae.
1 O Senhor detesta balanças desonestas, mas o peso justo é o seu prazer.
2 Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.
2 Quando vem a soberba, a desgraça não tarda, mas com os humildes está a sabedoria.
3 Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.
3 A integridade dos retos os guia, mas a falsidade dos infiéis os destruirá.
4 Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood.
4 As riquezas não servem para nada no dia da ira, mas a justiça livra da morte.
5 Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid.
5 A justiça do íntegro endireita o seu caminho, mas o ímpio cai pela sua impiedade.
6 Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontroues gevang.
6 A justiça dos retos os livrará, mas os infiéis serão apanhados na sua própria ambição.
7 By die dood van 'n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan.
7 Quando morre o ímpio, morre a sua esperança, e o que ele esperava do seu poder se dissipa.
8 Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek.
8 O justo é libertado da angústia, mas o ímpio a recebe em lugar dele.
9 Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered.
9 O ímpio destrói o próximo com o que diz, mas os justos são libertados pelo conhecimento.
10 Oor die voorspoed van die regverdiges jubel 'n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel.
10 A cidade se alegra com o bem-estar dos justos, mas dá gritos de alegria quando perecem os ímpios.
11 Deur die seën van die opregtes kom 'n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek.
11 Pela bênção dos retos a cidade é exaltada, mas pela boca dos ímpios é destruída.
12 Die verstandelose verag sy naaste, maar 'n verstandige man bly stil.
12 Quem fala mal do seu próximo não tem juízo; o homem prudente se cala.
13 Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.
13 O mexeriqueiro revela os segredos, mas o fiel de espírito os encobre.
14 As daar nie goeie oorleg is nie, val 'n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.
14 Não havendo direção sábia, o povo fracassa; com muitos conselheiros, há segurança.
15 Baie sleg word iemand behandel as hy vir 'n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.
15 Quem fica por fiador de um estranho acaba tendo um problema, mas o que foge de ser fiador estará seguro.
16 'n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom.
16 A mulher bondosa alcança honra; os poderosos adquirem riqueza.
17 'n Man wat 'n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees.
17 O homem bondoso faz bem a si mesmo, mas o cruel fere a si mesmo.
18 Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon.
18 O ímpio recebe um salário ilusório, mas o que semeia justiça terá recompensa verdadeira.
19 Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood.
19 Tão certo como a justiça conduz para a vida, quem segue o mal caminha para a morte.
20 Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE 'n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is.
20 O Senhor detesta os perversos de coração, mas os que andam com integridade são o seu prazer.
21 Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry.
21 É evidente que os maus serão castigados, mas a geração dos justos será poupada.
22 'n Goue ring in 'n vark se snuit, so is 'n vrou wat mooi is maar sonder beleid.
22 Como joia de ouro em focinho de porco, assim é a mulher bonita que não tem juízo.
23 Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is 'n strafgerig van toorn.
23 O desejo dos justos tende somente para o bem, mas a expectativa dos ímpios resulta em ira.
24 Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.
24 Uns dão com generosidade e têm cada vez mais; outros retêm mais do que é justo e acabam na pobreza.
25 Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.
25 A pessoa generosa prosperará, e quem dá de beber terá a sua sede saciada.
26 Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop.
26 O povo amaldiçoa quem retém o trigo, mas bênção virá sobre a cabeça daquele que o vende.
27 Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom.
27 Quem procura o bem alcança favor; quem corre atrás do mal acaba encontrando o que procura.
28 Wie op sy rykdom vertrou, die sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.
28 Quem confia nas suas riquezas cairá, mas os justos reverdecerão como as folhagens.
29 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart is.
29 Aquele que perturba a sua casa herdará o vento, e o insensato será servo do sábio de coração.
30 Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.
30 O fruto do justo é árvore de vida, e o que ganha almas é sábio.
31 As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!
31 Se o justo é punido na terra, quanto mais o ímpio e o pecador!

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Provérbios 11, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.