Provérbios 10
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC
1 Die spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.
1 O filho sábio é a alegria de seu pai; o insensato, porém, a aflição de sua mãe.
2 Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.
2 Tesouros mal adquiridos de nada servem, mas a justiça livra da morte.
3 Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.
3 O Senhor não deixa o justo passar fome, mas repele a cobiça do ímpio.
4 Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.
4 A mão preguiçosa causa a indigência; a mão diligente se enriquece.
5 Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak.
5 Quem recolhe no verão é um filho prudente; quem dorme na ceifa merece a vergonha.
6 Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
6 As bênçãos descansam sobre a cabeça do justo, mas a boca dos maus oculta a injustiça.
7 Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.
7 A memória do justo alcança as bênçãos; o nome dos ímpios apodrecerá.
8 Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.
8 O sábio de coração recebe os preceitos, mas o insensato caminha para a ruína.
9 Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.
9 Quem anda na integridade caminha com segurança, mas quem emprega astúcias será descoberto.
10 Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot 'n val.
10 Quem pisca os olhos traz desgosto, mas o que repreende com franqueza procura a paz.
11 Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
11 A boca do justo é uma fonte de vida; a do ímpio, porém, esconde injustiça.
12 Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.
12 O ódio desperta rixas; a caridade, porém, supre todas as faltas.
13 Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.
13 Nos lábios do sábio encontra-se a sabedoria; no dorso do insensato a correção.
14 Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is.
14 Os sábios entesouram a sabedoria, mas a boca do tolo é uma desgraça sempre ameaçadora.
15 Die goed van die ryke is vir hom 'n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.
15 A fortuna do rico é a sua cidade forte; a pobreza dos indigentes ocasiona-lhes ruína.
16 Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.
16 O salário do justo é para a vida; o fruto do ímpio produz o pecado.
17 'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.
17 O que observa a disciplina está no caminho da vida; anda errado o que esquece a repressão.
18 Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.
18 Quem dissimula o ódio é um mistificador; um insensato o que profere calúnias.
19 By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.
19 Não pode faltar o pecado num caudal de palavras; quem modera os lábios é um homem prudente.
20 Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.
20 A língua do justo é prata finíssima; o coração dos maus, porém, para nada serve.
21 Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.
21 Os lábios dos justos nutrem a muitos; mas os néscios perecem por falta de inteligência.
22 Die seën van die HERE -- dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.
22 É a bênção do Senhor que enriquece; o labor nada acrescenta a ela.
23 Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand.
23 É um divertimento para o ímpio praticar o mal; e para o sensato, ser sábio.
24 Waar die goddelose bang voor is -- dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.
24 O que receia o mal, este cai sobre ele. O desejo do justo lhe é concedido.
25 Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.
25 Quando passa a tormenta, desaparece o perverso, mas o justo descansa sobre fundamentos duráveis.
26 Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.
26 Como o vinagre nos dentes e a fumaça nos olhos, assim é o preguiçoso para os que o mandam.
27 Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.
27 O temor do Senhor prolonga os dias, mas os anos dos ímpios serão abreviados.
28 Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.
28 A expectativa dos justos causa alegria; a esperança dos ímpios, porém, perecerá.
29 Die weg van die HERE is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
29 Para o homem íntegro o Senhor é uma fortaleza, mas é a ruína dos que fazem o mal.
30 Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.
30 Jamais o justo será abalado, mas os ímpios não habitarão a terra.
31 Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.
31 A boca do justo produz sabedoria, mas a língua perversa será arrancada.
32 Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.
32 Os lábios do justo sabem dizer o que é agradável; a boca dos maus, o que é mal.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Provérbios 10, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.