Lucas 1

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA

Sair da comparação
ARA Almeida Revista e Atualizada 1993
1 Aangesien baie onderneem het om 'n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons al vervul is,
1 Visto que muitos houve que empreenderam uma narração coordenada dos fatos que entre nós se realizaram,
2 soos hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het,
2 conforme nos transmitiram os que desde o princípio foram deles testemunhas oculares e ministros da palavra,
3 het ek ook dit goedgedink, hooggeagte Theofilus, nadat ek van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan u te skrywe,
3 igualmente a mim me pareceu bem, depois de acurada investigação de tudo desde sua origem, dar-te por escrito, excelentíssimo Teófilo, uma exposição em ordem,
4 sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is.
4 para que tenhas plena certeza das verdades em que foste instruído.
5 Daar was in die dae van Herodes, koning van Jud,a, 'n sekere priester met die naam van Sagar¡a, uit die afdeling van Ab¡a; en sy vrou was uit die dogters van A„ron, en haar naam was Elisabet.
5 Nos dias de Herodes, rei da Judeia, houve um sacerdote chamado Zacarias, do turno de Abias. Sua mulher era das filhas de Arão e se chamava Isabel.
6 En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.
6 Ambos eram justos diante de Deus, vivendo irrepreensivelmente em todos os preceitos e mandamentos do Senhor.
7 En hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was en albei op ver gevorderde leeftyd.
7 E não tinham filhos, porque Isabel era estéril, sendo eles avançados em dias.
8 En terwyl hy besig was om die priesteramp voor God te bedien in die beurt van sy afdeling,
8 Ora, aconteceu que, exercendo ele diante de Deus o sacerdócio na ordem do seu turno, coube-lhe por sorte,
9 het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand.
9 segundo o costume sacerdotal, entrar no santuário do Senhor para queimar o incenso;
10 En die hele menigte van die volk was buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer.
10 e, durante esse tempo, toda a multidão do povo permanecia da parte de fora, orando.
11 Toe verskyn daar aan hom 'n engel van die Here, wat aan die regterkant van die reukofferaltaar staan.
11 E eis que lhe apareceu um anjo do Senhor, em pé, à direita do altar do incenso.
12 En toe Sagar¡a hom sien, was hy ontsteld, en vrees het hom oorval.
12 Vendo-o, Zacarias turbou-se, e apoderou-se dele o temor.
13 Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagar¡a, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.
13 Disse-lhe, porém, o anjo: Zacarias, não temas, porque a tua oração foi ouvida; e Isabel, tua mulher, te dará à luz um filho, a quem darás o nome de João.
14 En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees;
14 Em ti haverá prazer e alegria, e muitos se regozijarão com o seu nascimento.
15 want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.
15 Pois ele será grande diante do Senhor, não beberá vinho nem bebida forte e será cheio do Espírito Santo, já do ventre materno.
16 En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God.
16 E converterá muitos dos filhos de Israel ao Senhor, seu Deus.
17 En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van El¡a, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei.
17 E irá adiante do Senhor no espírito e poder de Elias, para converter o coração dos pais aos filhos, converter os desobedientes à prudência dos justos e habilitar para o Senhor um povo preparado.
18 Toe sê Sagar¡a vir die engel: Waaraan sal ek dit weet? Want ek is 'n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd.
18 Então, perguntou Zacarias ao anjo: Como saberei isto? Pois eu sou velho, e minha mulher, avançada em dias.
19 En die engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring.
19 Respondeu-lhe o anjo: Eu sou Gabriel, que assisto diante de Deus, e fui enviado para falar-te e trazer-te estas boas-novas.
20 En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.
20 Todavia, ficarás mudo e não poderás falar até ao dia em que estas coisas venham a realizar-se; porquanto não acreditaste nas minhas palavras, as quais, a seu tempo, se cumprirão.
21 En die volk het op Sagar¡a bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef.
21 O povo estava esperando a Zacarias e admirava-se de que tanto se demorasse no santuário.
22 Maar toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy 'n gesig in die tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.
22 Mas, saindo ele, não lhes podia falar; então, entenderam que tivera uma visão no santuário. E expressava-se por acenos e permanecia mudo.
23 En toe die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan.
23 Sucedeu que, terminados os dias de seu ministério, voltou para casa.
24 En n hierdie dae het Elisabet, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg en gesê:
24 Passados esses dias, Isabel, sua mulher, concebeu e ocultou-se por cinco meses, dizendo:
25 So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem.
25 Assim me fez o Senhor, contemplando-me, para anular o meu opróbrio perante os homens.
26 En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na 'n stad in Galil,a met die naam van N saret,
26 No sexto mês, foi o anjo Gabriel enviado, da parte de Deus, para uma cidade da Galileia, chamada Nazaré,
27 na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.
27 a uma virgem desposada com certo homem da casa de Davi, cujo nome era José; a virgem chamava-se Maria.
28 En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.
28 E, entrando o anjo aonde ela estava, disse: Alegra-te, muito favorecida! O Senhor é contigo.
29 En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken.
29 Ela, porém, ao ouvir esta palavra, perturbou-se muito e pôs-se a pensar no que significaria esta saudação.
30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.
30 Mas o anjo lhe disse: Maria, não temas; porque achaste graça diante de Deus.
31 En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
31 Eis que conceberás e darás à luz um filho, a quem chamarás pelo nome de Jesus.
32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
32 Este será grande e será chamado Filho do Altíssimo; Deus, o Senhor, lhe dará o trono de Davi, seu pai;
33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
33 ele reinará para sempre sobre a casa de Jacó, e o seu reinado não terá fim.
34 Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?
34 Então, disse Maria ao anjo: Como será isto, pois não tenho relação com homem algum?
35 En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.
35 Respondeu-lhe o anjo: Descerá sobre ti o Espírito Santo, e o poder do Altíssimo te envolverá com a sua sombra; por isso, também o ente santo que há de nascer será chamado Filho de Deus.
36 En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook 'n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is.
36 E Isabel, tua parenta, igualmente concebeu um filho na sua velhice, sendo este já o sexto mês para aquela que diziam ser estéril.
37 Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.
37 Porque para Deus não haverá impossíveis em todas as suas promessas.
38 En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.
38 Então, disse Maria: Aqui está a serva do Senhor; que se cumpra em mim conforme a tua palavra. E o anjo se ausentou dela.
39 En in daardie dae het Maria opgestaan en haastig na die bergstreek gegaan, na 'n stad van Juda;
39 Naqueles dias, dispondo-se Maria, foi apressadamente à região montanhosa, a uma cidade de Judá,
40 en sy het in die huis van Sagar¡a gekom en Elisabet gegroet.
40 entrou na casa de Zacarias e saudou Isabel.
41 En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees
41 Ouvindo esta a saudação de Maria, a criança lhe estremeceu no ventre; então, Isabel ficou possuída do Espírito Santo.
42 en het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot!
42 E exclamou em alta voz: Bendita és tu entre as mulheres, e bendito o fruto do teu ventre!
43 En wat het my oorgekom dat die moeder van my Here na my toe kom?
43 E de onde me provém que me venha visitar a mãe do meu Senhor?
44 Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.
44 Pois, logo que me chegou aos ouvidos a voz da tua saudação, a criança estremeceu de alegria dentro de mim.
45 En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word.
45 Bem-aventurada a que creu, porque serão cumpridas as palavras que lhe foram ditas da parte do Senhor.
46 En Maria het gesê: My siel maak die Here groot,
46 Então, disse Maria: A minha alma engrandece ao Senhor,
47 en my gees is verheug in God, my Saligmaker;
47 e o meu espírito se alegrou em Deus, meu Salvador,
48 omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.
48 porque contemplou na humildade da sua serva. Pois, desde agora, todas as gerações me considerarão bem-aventurada,
49 Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam.
49 porque o Poderoso me fez grandes coisas. Santo é o seu nome.
50 En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.
50 A sua misericórdia vai de geração em geração sobre os que o temem.
51 Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen. Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi.
51 Agiu com o seu braço valorosamente; dispersou os que, no coração, alimentavam pensamentos soberbos.
52 Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog.
52 Derribou do seu trono os poderosos e exaltou os humildes.
53 Hongeriges het Hy met goeie dinge vervul en rykes met leë hande weggestuur.
53 Encheu de bens os famintos e despediu vazios os ricos.
54 Hy het sy kneg Israel bygestaan, sodat Hy aan sy barmhartigheid sou dink
54 Amparou a Israel, seu servo, a fim de lembrar-se da sua misericórdia
55 soos Hy tot ons vaders gespreek het -- aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.
55 a favor de Abraão e de sua descendência, para sempre, como prometera aos nossos pais.
56 En Maria het by haar omtrent drie maande gebly; en sy het teruggegaan na haar huis toe.
56 Maria permaneceu cerca de três meses com Isabel e voltou para casa.
57 En die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het 'n seun gebaar.
57 A Isabel cumpriu-se o tempo de dar à luz, e teve um filho.
58 En toe haar bure en bloedverwante hoor dat die Here sy barmhartigheid aan haar groot gemaak het, was hulle saam met haar bly.
58 Ouviram os seus vizinhos e parentes que o Senhor usara de grande misericórdia para com ela e participaram do seu regozijo.
59 En op die agtste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagar¡a noem, na die naam van sy vader.
59 Sucedeu que, no oitavo dia, foram circuncidar o menino e queriam dar-lhe o nome de seu pai, Zacarias.
60 Toe antwoord sy moeder en sê: Nee, maar hy moet Johannes genoem word.
60 De modo nenhum! Respondeu sua mãe. Pelo contrário, ele deve ser chamado João.
61 En hulle sê vir haar: Daar is niemand in jou familie wat die naam het nie.
61 Disseram-lhe: Ninguém há na tua parentela que tenha este nome.
62 En hulle beduie vir sy vader hoe hy wou hê dat hy genoem moes word.
62 E perguntaram, por acenos, ao pai do menino que nome queria que lhe dessem.
63 Hy vra toe 'n skryfbordjie en skryf: Johannes is sy naam. En almal was verwonderd.
63 Então, pedindo ele uma tabuinha, escreveu: João é o seu nome. E todos se admiraram.
64 En onmiddellik is sy mond geopen en het sy tong losgeraak, en hy het gepraat en God geloof.
64 Imediatamente, a boca se lhe abriu, e, desimpedida a língua, falava louvando a Deus.
65 En daar het vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en daar is baie gepraat oor al hierdie dinge in die hele bergstreek van Jud,a.
65 Sucedeu que todos os seus vizinhos ficaram possuídos de temor, e por toda a região montanhosa da Judeia foram divulgadas estas coisas.
66 En almal wat dit gehoor het, het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van hierdie kindjie word? En die hand van die Here was met hom.
66 Todos os que as ouviram guardavam-nas no coração, dizendo: Que virá a ser, pois, este menino? E a mão do Senhor estava com ele.
67 En Sagar¡a, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:
67 Zacarias, seu pai, cheio do Espírito Santo, profetizou, dizendo:
68 Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,
68 Bendito seja o Senhor, Deus de Israel, porque visitou e redimiu o seu povo,
69 en 'n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg --
69 e nos suscitou plena e poderosa salvação na casa de Davi, seu servo,
70 soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af --
70 como prometera, desde a antiguidade, por boca dos seus santos profetas,
71 redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat,
71 para nos libertar dos nossos inimigos e das mãos de todos os que nos odeiam;
72 om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink,
72 para usar de misericórdia com os nossos pais e lembrar-se da sua santa aliança
73 aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee
73 e do juramento que fez a Abraão, o nosso pai,
74 dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien,
74 de conceder-nos que, livres das mãos de inimigos, o adorássemos sem temor,
75 in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.
75 em santidade e justiça perante ele, todos os nossos dias.
76 En jy, kindjie, sal 'n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;
76 Tu, menino, serás chamado profeta do Altíssimo, porque precederás o Senhor, preparando-lhe os caminhos,
77 om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,
77 para dar ao seu povo conhecimento da salvação, no redimi-lo dos seus pecados,
78 deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,
78 graças à entranhável misericórdia de nosso Deus, pela qual nos visitará o sol nascente das alturas,
79 om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.
79 para alumiar os que jazem nas trevas e na sombra da morte, e dirigir os nossos pés pelo caminho da paz.
80 En die kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees; en hy was in die woestyne tot op die dag van sy vertoning aan Israel.
80 O menino crescia e se fortalecia em espírito. E viveu nos desertos até ao dia em que havia de manifestar-se a Israel.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Lucas 1, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.