1 Tessalonicenses 5

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVI

Sair da comparação
NVI Nova Versão Internacional
1 Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
1 Irmãos, quanto aos tempos e épocas, não precisamos escrever-lhes,
2 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos 'n dief in die nag.
2 pois vocês mesmos sabem perfeitamente que o dia do Senhor virá como ladrão à noite.
3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid -- dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
3 Quando disserem: "Paz e segurança", então, de repente, a destruição virá sobre eles, como dores à mulher grávida; e de modo nenhum escaparão.
4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos 'n dief sou oorval nie.
4 Mas vocês, irmãos, não estão nas trevas, para que esse dia os surpreenda como ladrão.
5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
5 Vocês todos são filhos da luz, filhos do dia. Não somos da noite nem das trevas.
6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
6 Portanto, não durmamos como os demais, mas estejamos atentos e sejamos sóbrios;
7 Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.
7 pois os que dormem, dormem de noite, e os que se embriagam, embriagam-se de noite.
8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.
8 Nós, porém, que somos do dia, sejamos sóbrios, vestindo a couraça da fé e do amor e o capacete da esperança da salvação.
9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
9 Porque Deus não nos destinou para a ira, mas para recebermos a salvação por meio de nosso Senhor Jesus Cristo.
10 wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.
10 Ele morreu por nós para que, quer estejamos acordados quer dormindo, vivamos unidos a ele.
11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
11 Por isso, exortem-se e edifiquem-se uns aos outros, como de fato vocês estão fazendo.
12 Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;
12 Agora lhes pedimos, irmãos, que tenham consideração para com os que se esforçam no trabalho entre vocês, que os lideram no Senhor e os aconselham.
13 en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.
13 Tenham-nos na mais alta estima, com amor, por causa do trabalho deles. Vivam em paz uns com os outros.
14 En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.
14 Exortamos vocês, irmãos, a que advirtam os ociosos, confortem os desanimados, auxiliem os fracos, sejam pacientes para com todos.
15 Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd n wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
15 Tenham cuidado para que ninguém retribua o mal com o mal, mas sejam sempre bondosos uns para com os outros e para com todos.
16 Wees altyddeur bly.
16 Alegrem-se sempre.
17 Bid sonder ophou.
17 Orem continuamente.
18 Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
18 Dêem graças em todas as circunstâncias, pois esta é a vontade de Deus para vocês em Cristo Jesus.
19 Blus die Gees nie uit nie.
19 Não apaguem o Espírito.
20 Verag die profesieë nie.
20 Não tratem com desprezo as profecias,
21 Beproef alle dinge; behou die goeie.
21 mas ponham à prova todas as coisas e fiquem com o que é bom.
22 Onthou julle van elke vorm van kwaad.
22 Afastem-se de toda forma de mal.
23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
23 Que o próprio Deus da paz os santifique inteiramente. Que todo o espírito, alma e corpo de vocês seja conservado irrepreensível na vinda de nosso Senhor Jesus Cristo.
24 Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.
24 Aquele que os chama é fiel, e fará isso.
25 Broeders, bid vir ons.
25 Irmãos, orem por nós.
26 Groet die broeders almal met 'n heilige kus.
26 Saúdem todos os irmãos com beijo santo.
27 Ek besweer julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word.
27 Responsabilizo-os diante do Senhor para que esta carta seja lida a todos os irmãos.
28 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
28 A graça de nosso Senhor Jesus Cristo seja com vocês.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 1 Tessalonicenses 5, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.