Salmos 74
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVI
1 'n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?
1 Por que nos rejeitaste definitivamente, ó Deus? Por que se acende a tua ira contra as ovelhas da tua pastagem?
2 Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.
2 Lembra-te do povo que adquiriste em tempos passados, da tribo da tua herança, que resgataste, do monte Sião, onde habitaste.
3 Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.
3 Volta os teus passos para aquelas ruínas irreparáveis, para toda a destruição que o inimigo causou em teu santuário.
4 U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.
4 Teus adversários gritaram triunfantes bem no local onde te encontravas conosco, e hastearam suas bandeiras em sinal de vitória.
5 Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in 'n digte plek bome.
5 Pareciam homens armados com machados invadindo um bosque cerrado.
6 En nou -- die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.
6 Com seus machados e machadinhas esmigalharam todos os revestimentos de madeira esculpida.
7 Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.
7 Atearam fogo ao teu santuário; profanaram o lugar da habitação do teu nome.
8 Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.
8 Disseram no coração: "Vamos acabar com eles! " Queimaram todos os santuários do país.
9 Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.
9 Já não vemos sinais miraculosos; não há mais profetas, e nenhum de nós sabe até quando isso continuará.
10 Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?
10 Até quando o adversário irá zombar, ó Deus? Será que o inimigo blasfemará o teu nome para sempre?
11 Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!
11 Por que reténs a tua mão, a tua mão direita? Não fiques de braços cruzados! Destrói-os!
12 Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.
12 Mas tu, ó Deus, és o meu rei desde a antigüidade; trazes salvação sobre a terra.
13 U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.
13 Tu dividiste o mar pelo teu poder; quebraste as cabeças das serpentes das águas.
14 U het die koppe van die Levi tan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk -- vir woestyndiere.
14 Esmagaste as cabeças do Leviatã e o deste por comida às criaturas do deserto.
15 U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog.
15 Tu abriste fontes e regatos; secaste rios perenes.
16 Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel.
16 O dia é teu, e tua também é a noite; estabeleceste o sol e a lua.
17 U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer.
17 Determinaste todas as fronteiras da terra; fizeste o verão e o inverno.
18 Dink hieraan: Die vyand het die HERE gesmaad, en 'n dwase volk het u Naam verag.
18 Lembra-te de como o inimigo tem zombado de ti, ó Senhor, como os insensatos têm blasfemado o teu nome.
19 Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.
19 Não entregues a vida da tua pomba aos animais selvagens; não te esqueças para sempre da vida do teu povo indefeso.
20 Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.
20 Dá atenção à tua aliança, porque de antros de violência se enchem os lugares sombrios do país.
21 Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.
21 Não deixes que o oprimido se retire humilhado! Faze que o pobre e o necessitado louvem o teu nome.
22 Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas.
22 Levanta-te, ó Deus, e defende a tua causa; lembra-te de como os insensatos zombam de ti sem cessar.
23 Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie -- die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!
23 Não ignores a gritaria dos teus adversários, o crescente tumulto dos teus inimigos.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Salmos 74, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.