Salmos 126

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353)

1 'n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom.

2 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.

3 Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!

4 o HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland.

5 Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.

6 Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.

Ler em outra tradução

Comparar lado a lado

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Salmos 126, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.