Mateus 24

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NTLH

Sair da comparação
NTLH Nova Tradução na Linguagem de Hoje 2000
1 En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.
1 Jesus saiu do pátio do Templo, e, quando já estava indo embora, os seus discípulos chegaram perto dele e chamaram a sua atenção para os edifícios do Templo.
2 En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.
2 Então ele disse:
3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?
3 Jesus estava sentado no monte das Oliveiras. Então os discípulos chegaram perto dele e lhe perguntaram em particular: — Conte para nós quando é que isso vai acontecer. Que sinal haverá para mostrar que chegou o tempo de o senhor voltar e de tudo acabar?
4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
4 Jesus respondeu:
5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
5 Porque muitos vão aparecer fingindo ser eu e dizendo: “Eu sou o
6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
6 Não tenham medo quando ouvirem o barulho de batalhas ou notícias de guerras. Tudo isso vai acontecer, mas ainda não será o fim.
7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
7 Uma nação vai guerrear contra outra, e um país atacará outro. Em vários lugares haverá falta de alimentos e tremores de terra.
8 Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte.
8 Essas coisas serão como as primeiras dores de parto.
9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
9 — Depois vocês serão presos e entregues para serem maltratados e vocês serão mortos. Todos os odiarão por serem meus seguidores.
10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
10 Nessa época muitos vão abandonar a sua fé e vão trair e odiar uns aos outros.
11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
11 Então muitos falsos
12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
12 A maldade vai se espalhar tanto, que o amor de muitos esfriará;
13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
13 mas quem ficar firme até o fim será salvo.
14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
14 E a boa notícia sobre o
15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom -- laat hy wat lees, oplet --
15 E Jesus continuou:
16 dan moet die wat in Judiais, na die berge vlug;
16 Então, os que estiverem na região da Judeia, que fujam para os montes.
17 wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;
17 Quem estiver em cima da sua casa, no terraço, que fuja logo e não entre para pegar as suas coisas.
18 en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.
18 E quem estiver no campo, que não volte para casa a fim de buscar as suas roupas.
19 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.
19 Ai das mulheres grávidas e das mães com criancinhas naqueles dias!
20 En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.
20 Orem a Deus para que vocês não tenham de fugir no inverno ou no sábado .
21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
21 Porque naqueles dias haverá um sofrimento tão grande como nunca houve desde que Deus criou o mundo; e nunca mais acontecerá uma coisa igual.
22 En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.
22 Porém Deus diminuiu esse tempo de sofrimento. Se não fosse assim, ninguém seria salvo. Mas, por causa do povo que Deus escolheu para salvar, esse tempo será diminuído.
23 As iemand d n vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! -- moet dit nie glo nie.
23 — Portanto, se alguém disser para vocês: “Vejam! O
24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
24 Porque aparecerão falsos profetas e falsos messias, que farão milagres e maravilhas para enganar, se possível, até o povo escolhido de Deus.
25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
25 Prestem atenção! Eu estou lhes dizendo tudo isso, antes que aconteça.
26 As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn -- moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer -- moet dit nie glo nie.
26 — E, se disserem: “Vejam! Ele está no deserto”, não vão lá. Ou ainda: “Vejam! Ele está escondido aqui”, não acreditem.
27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
27 Porque, assim como o relâmpago risca o céu, do nascente até o poente, assim será a vinda do
28 Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
28 — Onde estiver o corpo de um morto, aí se ajuntarão os urubus.
29 En dadelik n die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
29 Jesus disse:
30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
30 Então o sinal do
31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
31 A grande trombeta tocará, e ele mandará os seus anjos para os quatro cantos da terra. E os anjos reunirão os escolhidos de Deus de um lado do mundo até o outro.
32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
32 Jesus disse ainda:
33 So weet julle ook, wanneer julle l hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
33 Assim também, quando virem acontecer essas coisas, fiquem sabendo que o tempo está perto, pronto para começar.
34 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
34 Eu afirmo a vocês que isto é verdade: essas coisas vão acontecer antes de morrerem todos os que agora estão vivos.
35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
35 O céu e a terra desaparecerão, mas as minhas palavras ficarão para sempre.
36 Maar van die dag en die uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.
36 Jesus continuou, dizendo:
37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
37 A vinda do
38 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,
38 Pois, antes do dilúvio, o povo comia e bebia, e os homens e as mulheres casavam, até o dia em que Noé entrou na barca.
39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
39 Porém não sabiam o que estava acontecendo, até que veio o dilúvio e levou todos. Assim também será a vinda do Filho do Homem.
40 Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.
40 — Naquele dia dois homens estarão trabalhando na fazenda: um será levado, e o outro, deixado.
41 Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.
41 Duas mulheres estarão no moinho moendo trigo: uma será levada, e a outra, deixada.
42 Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.
42 Fiquem vigiando, pois vocês não sabem em que dia vai chegar o seu Senhor.
43 Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie.
43 Lembrem disto: se o dono da casa soubesse quando ia chegar o ladrão, ficaria vigiando e não deixaria que a sua casa fosse arrombada.
44 Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.
44 Por isso vocês também fiquem vigiando, pois o Filho do Homem chegará na hora em que vocês não estiverem esperando.
45 Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?
45 Jesus disse ainda:
46 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.
46 Feliz aquele empregado que estiver fazendo isso quando o patrão chegar!
47 Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.
47 Eu afirmo a vocês que isto é verdade: o patrão vai colocá-lo como encarregado de toda a sua propriedade.
48 Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom --
48 Mas, se o empregado for mau, pensará assim: “O meu patrão está demorando muito para voltar.”
49 en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,
49 Então começará a bater nos seus companheiros, e a comer, e a beber com os bêbados.
50 dan sal die heer van die dienskneg kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie en op 'n uur dat hy dit nie weet nie;
50 E o patrão voltará no dia em que o empregado menos espera e na hora que ele não sabe.
51 en sal hom pynig en hom 'n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
51 Aí o patrão mandará cortar o empregado em pedaços e o condenará a ir para o lugar aonde os hipócritas vão. Ali ele vai chorar e ranger os dentes de desespero.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Mateus 24, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.