Mateus 22
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ
1 En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:
1 E respondendo Jesus, novamente lhes falou em parábolas, dizendo:
2 Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het
2 O reino do céu é semelhante a um certo rei, que fez as bodas de seu filho,
3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.
3 e enviou os seus servos a chamar os convidados para as bodas, e estes não quiseram vir.
4 Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.
4 Mais uma vez, ele enviou outros servos, dizendo: Dizei aos convidados: Eis que tenho o meu jantar preparado, os meus bois e meus cevados estão mortos, e todas as coisas estão prontas; vinde às bodas.
5 Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en 'n ander na sy handelsaak.
5 Mas eles, fazendo pouco caso, seguiram os seus caminhos, um para sua fazenda, outro para o seu negócio.
6 En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.
6 E os outros, tomaram os seus servos, os maltrataram e mataram.
7 Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
7 Mas, ouvindo disso o rei, irou-se, e enviando os seus exércitos, destruiu aqueles assassinos, e incendiou a sua cidade.
8 Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.
8 Então ele diz aos servos: As bodas estão preparadas, mas os que foram convidados não eram dignos.
9 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
9 Ide, pois, às estradas, e convidai para as bodas todos quantos encontrardes.
10 En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.
10 E os servos, saindo pelas estradas, ajuntaram todos quantos encontraram, tanto maus como bons; e o casamento ficou cheio de convidados.
11 En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie.
11 E o rei, entrando para ver os convidados, viu ali um homem que não estava com veste de casamento.
12 En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
12 E ele disse-lhe: Amigo, como entraste aqui, não tendo veste de casamento? E ele emudeceu.
13 Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
13 Então disse o rei aos servos: Amarrai os seus pés e mãos, levai-o embora, e lançai-o nas trevas exteriores; ali haverá pranto e ranger de dentes.
14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.
14 Porque muitos são chamados, mas poucos são escolhidos.
15 Toe gaan die Fariseërs saam raad hou hoe om Hom in sy woord te verstrik.
15 Indo, então, os fariseus, consultaram entre si como o apanhariam em alguma palavra.
16 En hulle stuur hul dissipels saam met die Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie --
16 E enviaram-lhe os seus discípulos, com os herodianos, dizendo: Mestre, nós sabemos que tu és verdadeiro, e ensinas o caminho de Deus em verdade, e sem te preocupar com nenhum homem, pois não reparas na aparência dos homens.
17 sê dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?
17 Dize-nos, portanto, o que tu pensas? É lícito dar tributo a César, ou não?
18 Maar Jesus het hulle boosheid bemerk en gesê:
18 Mas Jesus, percebendo a sua maldade, disse: Por que me tentais, hipócritas?
19 Geveinsdes, waarom versoek julle My? Wys My die belastingmunt. En hulle het vir Hom 'n penning gebring.
19 Mostrai-me a moeda do tributo. E eles lhe trouxeram um denário.
20 En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit?
20 E ele disse-lhes: De quem é esta imagem e inscrição?
21 Hulle antwoord Hom: Die keiser s'n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.
21 Disseram-lhe: De César. Então ele lhes disse: Dai, portanto, a César as coisas que são de César, e a Deus as coisas que são de Deus.
22 En toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd en het Hom verlaat en weggegaan.
22 Quando eles ouviram essas palavras, maravilharam-se, e, deixando-o, foram pelo seu caminho.
23 Dieselfde dag kom daar na Hom Sadduseërs, hulle wat sê dat daar geen opstanding is nie, en vra Hom
23 No mesmo dia vieram até ele os saduceus, que dizem não haver ressurreição, e o interrogaram,
24 en sê: Meester, Moses het gesê: As iemand sonder kinders sterwe, moet sy broer sy vrou trou en kinders vir sy broer verwek.
24 dizendo: Mestre, Moisés disse: Se um homem morrer, não tendo filhos, seu irmão casará com a esposa dele, e suscitará descendência a seu irmão.
25 Nou was daar by ons sewe broers, en die eerste het getrou en gesterwe; en omdat hy geen kinders gehad het nie, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat.
25 Ora, houve entre nós sete irmãos; e o primeiro, casou-se com uma mulher, e faleceu, e não tendo descendente, deixou a sua esposa para o seu irmão.
26 So ook die tweede en die derde tot die sewende toe.
26 Da mesma forma o segundo, e o terceiro, até o sétimo.
27 En laaste van almal het die vrou ook gesterwe.
27 E por último de todos, morreu também a mulher.
28 In die opstanding dan, van watter een van die sewe sal sy die vrou wees -- want hulle almal het haar gehad?
28 Portanto, na ressurreição, de qual dos sete será a mulher, pois todos a tiveram?
29 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.
29 Jesus, respondendo, disse-lhes: Vós errais, não conhecendo as escrituras, nem o poder de Deus.
30 Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.
30 Porque na ressurreição não casam, nem são dados em casamento, mas são como os anjos de Deus no céu.
31 En wat die opstanding van die dode betref -- het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:
31 E, quanto à ressurreição dos mortos, não lestes o que vos foi dito por Deus, dizendo:
32 Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes.
32 Eu sou o Deus de Abraão, e o Deus de Isaque, e o Deus de Jacó? Deus não é Deus dos mortos, mas dos vivos.
33 En toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.
33 E as multidões, ouvindo isto, maravilhavam-se com a sua doutrina.
34 En toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs die mond gestop het, het hulle almal saam vergader.
34 Mas os fariseus, quando ouviram que ele fizera emudecer os saduceus, eles se reuniram.
35 En een van hulle, 'n wetgeleerde, het 'n vraag gestel om Hom te versoek en gesê:
35 Então um deles, que era mestre da lei, perguntou-lhe, provando-o, dizendo:
36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?
36 Mestre, qual é o grande mandamento na lei?
37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
37 Respondeu-lhe Jesus: Tu amarás o Senhor teu Deus de todo o teu coração, e de toda a tua alma, e de toda a tua mente.
38 Dit is die eerste en groot gebod.
38 Este é o primeiro e grande mandamento.
39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
39 E o segundo é semelhante a este: Tu amarás o teu próximo como a ti mesmo.
40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
40 Desses dois mandamentos dependem toda a lei e os profetas.
41 En toe die Fariseërs saamgekom het, vra Jesus hulle
41 Enquanto os fariseus estavam reunidos, Jesus os indagou,
42 en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s'n.
42 dizendo: O que pensais vós do Cristo? De quem ele é filho? Eles disseram-lhe: O filho de Davi.
43 Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem as hy sê:
43 Disse-lhes ele: Como então Davi, em espírito, lhe chama Senhor, dizendo:
44 Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?
44 Disse o SENHOR ao meu Senhor: Assenta-te à minha direita, até eu fazer os teus inimigos por escabelo?
45 As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?
45 Então se Davi lhe chama Senhor, como é ele seu filho?
46 En niemand kon Hom 'n woord antwoord nie; ook het geeneen van daardie dag af dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.
46 E nenhum homem era capaz de responder-lhe uma palavra; e daquele dia em diante nenhum homem ousou fazer-lhe mais perguntas.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Mateus 22, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.