Jó 24

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ACF

Sair da comparação
ACF Almeida Corrigida Fiel
1 Waarom het die Almagtige vir Hom geen geregstye voorbehou nie, en sien die wat Hom ken, nie sy geregsdae nie?
1 Visto que do Todo-Poderoso não se encobriram os tempos, por que, os que o conhecem, não vêem os seus dias?
2 Grenslyne verlê hulle; 'n trop vee roof hulle en laat dit wei.
2 Até os limites removem; roubam os rebanhos, e os apascentam.
3 Die esel van die wese dryf hulle weg, die bees van die weduwee neem hulle as pand.
3 Do órfão levam o jumento; tomam em penhor o boi da viúva.
4 Hulle stoot die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die land kruip almal saam weg.
4 Desviam do caminho os necessitados; e os pobres da terra juntos se escondem.
5 Kyk, soos wilde-esels in die woestyn trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die wildernis lewer brood vir hulle, vir die kinders.
5 Eis que, como jumentos monteses no deserto, saem à sua obra, madrugando para a presa; a campina dá mantimento a eles e aos seus filhos.
6 Op die veld gaan hulle voer haal, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes.
6 No campo segam o seu pasto, e vindimam a vinha do ímpio.
7 Naak bring hulle die nag deur, sonder klere, en hulle het geen bedekking teen die koue nie.
7 Ao nu fazem passar a noite sem roupa, não tendo ele coberta contra o frio.
8 Van die stortbui van die berge word hulle nat; en by gebrek aan skuiling druk hulle hul teen die rotse vas.
8 Pelas chuvas das montanhas são molhados e, não tendo refúgio, abraçam-se com as rochas.
9 Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het, verpand hulle.
9 Ao orfãozinho arrancam dos peitos, e tomam o penhor do pobre.
10 Naak gaan hulle heen, sonder klere; en terwyl hulle honger het, dra hulle gerwe aan.
10 Fazem com que os nus vão sem roupa e aos famintos tiram as espigas.
11 Tussen die mure van die mense pars hulle olie, trap die parskuipe terwyl hulle versmag van dors.
11 Dentro das suas paredes espremem o azeite; pisam os lagares, e ainda têm sede.
12 Uit die stad kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdheid daarvan nie.
12 Desde as cidades gemem os homens, e a alma dos feridos exclama, e contudo Deus lho não imputa como loucura.
13 Sulke mense behoort by die vyande van die lig: hulle ken nie die weë daarvan nie en bly nie op die paaie daarvan nie.
13 Eles estão entre os que se opõem à luz; não conhecem os seus caminhos, e não permanecem nas suas veredas.
14 Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief.
14 De madrugada se levanta o homicida, mata o pobre e necessitado, e de noite é como o ladrão.
15 En die oog van die owerspeler neem die skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit 'n sluier voor sy gesig.
15 Assim como o olho do adúltero aguarda o crepúsculo, dizendo: Não me verá olho nenhum; e oculta o rosto,
16 In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken nie die lig nie.
16 Nas trevas minam as casas, que de dia se marcaram; não conhecem a luz.
17 Want vir hulle saam is die stikdonker 'n môrestond, want hulle ken die verskrikkinge van die stikdonker.
17 Porque a manhã para todos eles é como sombra de morte; pois, sendo conhecidos, sentem os pavores da sombra da morte.
18 Gou dryf hul voort op die oppervlakte van die water; hulle stuk grond word vervloek in die land; hulle begeef hul nie meer op pad na die wingerde nie.
18 É ligeiro sobre a superfície das águas; maldita é a sua parte sobre a terra; não volta pelo caminho das vinhas.
19 Droogte, ook hitte, roof die sneeuwater weg -- so die doderyk die wat gesondig het.
19 A secura e o calor desfazem as águas da neve; assim desfará a sepultura aos que pecaram.
20 Die moederskoot vergeet hom; die wurms eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos 'n stuk hout --
20 A madre se esquecerá dele, os vermes o comerão gostosamente; nunca mais haverá lembrança dele; e a iniqüidade se quebrará como uma árvore.
21 hy wat die onvrugbare plunder wat nie baar nie, en aan die weduwee geen weldaad bewys nie.
21 Aflige à estéril que não dá à luz, e à viúva não faz bem.
22 Tog laat Hy deur sy krag die magtiges lank lewe; hy wat al van sy lewe nie seker was nie, staan weer op.
22 Até aos poderosos arrasta com a sua força; se ele se levanta, não há vida segura.
23 God gee hom veiligheid, en hy steun daarop; en sy oë is op hulle weë.
23 Se Deus lhes dá descanso, estribam-se nisso; seus olhos porém estão nos caminhos deles.
24 Hulle het hul verhef -- 'n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word verneder; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van 'n halm word hulle afgesny.
24 Por um pouco se exaltam, e logo desaparecem; são abatidos, encerrados como todos os demais; e cortados como as cabeças das espigas.
25 En is dit nou nie so nie, wie sal my van 'n leuen beskuldig en my rede tot niet maak?
25 Se agora não é assim, quem me desmentirá e desfará as minhas razões?

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jó 24, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.