Zacarias 8

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 En die woord van die HERE van die leërskare het gekom en gesê:
1 Novamente a palavra do SENHOR dos Exércitos veio a mim, di­zendo:
2 So spreek die HERE van die leërskare: Ek ywer oor Sion met 'n groot ywer, ja, Ek ywer met groot grimmigheid daarvoor.
2 Assim diz o SENHOR dos Exércitos: Eu zelei por Sião com grande zelo, e tive ciúmes dela com grande fúria.
3 So sê die HERE: Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die HERE van die leërskare: Die heilige berg.
3 Assim diz o SENHOR: Retornarei para Sião, e habitarei no meio de Jerusalém; e Jerusalém será chamada a cidade da verdade, e o monte do SENHOR dos Exércitos, o monte santo.
4 So sê die HERE van die leërskare: Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit -- elkeen met sy stok in sy hand vanweë die veelheid van hulle dae.
4 Assim diz o SENHOR dos Exércitos: Velhos e velhas ainda habitarão nas ruas de Jerusalém, e cada homem com seu cajado na sua mão, por causa da sua muita idade.
5 En die pleine van die stad sal vol wees van seuntjies en dogtertjies wat op die pleine daarvan speel.
5 E as ruas da cidade estarão cheias de meninos e meninas, que brincarão nas suas ruas.
6 So sê die HERE van die leërskare: As dit te wonderbaar is in die oë van die oorblyfsel van hierdie volk in die dae, sal dit ook in my oë te wonderbaar wees? spreek die HERE van die leërskare.
6 Assim diz o SENHOR dos Exércitos: Se isto for maravilhoso aos olhos do remanescente deste povo nesses dias, deveria também ser maravilhoso aos meus olhos? Diz o SENHOR dos Exércitos.
7 So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek gaan my volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste
7 Assim diz o SENHOR dos Exércitos: Eis que salvarei o meu povo da terra do leste e da terra do oeste;
8 en hulle aanbring; en hulle sal midde-in Jerusalem woon. Dan sal hulle vir My 'n volk wees, en k sal vir hulle 'n God wees, in trou en geregtigheid.
8 e eu os trarei, e habitarão no meio de Jerusalém; e eles serão o meu povo, e eu serei o seu Deus, em verdade e em justiça.
9 So sê die HERE van die leërskare: Laat julle hande sterk wees, julle wat in hierdie dae sulke woorde gehoor het uit die mond van die profete op die dag toe die fondament gelê is van die huis van die HERE van die leërskare, die tempel, om gebou te word.
9 Assim diz o SENHOR dos Exércitos: Fortalecei as vossas mãos, vós que ouvistes nestes dias estas palavras da boca dos profetas, que estivestes no dia em que o fundamento da casa do SENHOR dos Exércitos foi estabelecido, para que o templo fosse edificado.
10 Want voor hierdie dae het die mense geen loon getrek nie, ook vir die diere was daar geen loon nie; en vir die wat uit-- en ingaan, was daar weens die teëstander geen veiligheid nie; want Ek het al die mense die een teen die ander losgelaat.
10 Porque antes destes dias não havia salário para o homem, nem salário para os animais; nem havia paz para aquele que saía ou entrava por causa da aflição, porque eu incitei todos os homens, cada qual contra o seu próximo.
11 Maar nou sal Ek vir die oorblyfsel van hierdie volk nie wees soos in vroeër dae nie, spreek die HERE van die leërskare.
11 Mas agora não serei para com o resíduo deste povo como nos primeiros dias, diz o SENHOR dos Exércitos.
12 Want die saad van vrede, die wingerdstok, sal sy vrug gee, en die aarde sy opbrings lewer, en die hemel sal sy dou skenk; en die oorblyfsel van hierdie volk sal Ek al hierdie dinge laat beërwe.
12 Pois a semente será próspera; a videira dará o seu fruto, e o solo dará o seu acréscimo, e os céus darão o seu orvalho; e farei o remanescente deste povo possuir todas estas coisas.
13 En soos julle 'n vloek gewees het onder die nasies, o huis van Juda en huis van Israel, so sal Ek julle verlos, dat julle 'n seën kan wees. Wees nie bevrees nie, laat julle hande sterk wees.
13 E acontecerá que, assim como fostes uma maldição entre os pagãos, ó casa de Judá, e casa de Israel; então eu vos salvarei, e sereis uma bênção; não temais, mas fortalecei as vossas mãos.
14 Want so sê die HERE van die leërskare: Soos Ek My voorgeneem het om julle kwaad aan te doen, toe julle vaders My vertoorn het, sê die HERE van die leërskare, en Ek daar geen berou van gehad het nie --
14 Porque assim diz o SENHOR dos Exércitos: Como pensei em castigar-vos, quando vossos pais me provocaram à ira, diz o SENHOR dos Exércitos, e não me arrependi;
15 so het Ek My weer voorgeneem om in hierdie dae goed te doen aan Jerusalem en die huis van Juda. Wees nie bevrees nie.
15 então voltei a pensar nestes dias em fazer o bem a Jerusalém e à casa de Judá; não temais.
16 Dit is die dinge wat julle moet doen: Spreek die waarheid met mekaar; beoefen waarheid en 'n regspraak van vrede in julle poorte!
16 Estas são as coisas que deveis fazer: Falai a verdade cada homem com o seu próximo; executai juízo de verdade e de paz nas vossas portas;
17 En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie. Want dit alles haat Ek, spreek die HERE.
17 e nenhum de vós pense mal no seu coração contra o seu vizinho, nem ameis o juramento falso; pois todas estas coisas eu odeio, diz o SENHOR.
18 En die woord van die HERE van die leërskare het tot my gekom en gesê:
18 E a palavra do SENHOR dos Exércitos veio a mim, dizendo:
19 So sê die HERE van die leërskare: Die vasdag in die vierde en die vasdag in die vyfde en die vasdag in die sewende en die vasdag in die tiende maand moet vir die huis van Juda 'n vreugde en blydskap wees en vrolike feestye, maar julle moet die waarheid en die vrede liefhê.
19 Assim diz o SENHOR dos Exércitos: O jejum do quarto mês, e o jejum do quinto, e o jejum do sétimo, e o jejum do décimo, serão para a casa de Judá regozijo, alegria, e festividades alegres; amai, portanto, a verdade e a paz.
20 So sê die HERE van die leërskare: Nog sal volke aankom en die inwoners van baie stede.
20 Assim diz o SENHOR dos Exércitos: Ainda sucederá que virão povos e os habitantes de muitas cidades;
21 En die inwoners van die een stad sal gaan na die ander en sê: Kom, laat ons heengaan om die aangesig van die HERE om genade te smeek en die HERE van die leërskare te soek. Ek wil ook gaan!
21 e os habitantes de uma cidade irão à outra, dizendo: Vamos depressa orar diante do SENHOR, e buscar o SENHOR dos Exércitos; eu também irei.
22 So sal dan baie volke en magtige nasies kom om die HERE van die leërskare in Jerusalem te soek en die aangesig van die HERE om genade te smeek.
22 Sim, muitos povos e nações poderosas virão para buscar o SENHOR dos Exércitos em Jerusalém, e para orar diante do SENHOR.
23 So sê die HERE van die leërskare: In die dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van 'n Joodse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is.
23 Assim diz o SENHOR dos Exércitos: Naqueles dias sucederá que dez homens de todas as línguas das nações pegarão na orla das vestes daquele que é um judeu, dizendo: Nós iremos contigo, pois ouvimos que Deus está contigo.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Zacarias 8, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.