Salmos 35

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ACF

Sair da comparação
ACF Almeida Corrigida Fiel
1 'n Psalm van Dawid. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry!
1 Pleiteia, SENHOR, com aqueles que pleiteiam comigo; peleja contra os que pelejam contra mim.
2 Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp!
2 Pega do escudo e da rodela, e levanta-te em minha ajuda.
3 En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!
3 Tira da lança e obstrui o caminho aos que me perseguem; dize à minha alma: Eu sou a tua salvação.
4 Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word!
4 Sejam confundidos e envergonhados os que buscam a minha vida; voltem atrás e envergonhem-se os que contra mim tentam mal.
5 Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot.
5 Sejam como a moinha perante o vento; o anjo do Senhor os faça fugir.
6 Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg!
6 Seja o seu caminho tenebroso e escorregadio, e o anjo do Senhor os persiga.
7 Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.
7 Porque sem causa encobriram de mim a rede na cova, a qual sem razão cavaram para a minha alma.
8 Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting!
8 Sobrevenha-lhe destruição sem o saber, e prenda-o a rede que ocultou; caia ele nessa mesma destruição.
9 Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.
9 E a minha alma se alegrará no Senhor; alegrar-se-á na sua salvação.
10 Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!
10 Todos os meus ossos dirão: Senhor, quem é como tu, que livras o pobre daquele que é mais forte do que ele? Sim, o pobre e o necessitado daquele que o rouba.
11 Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.
11 Falsas testemunhas se levantaram; depuseram contra mim coisas que eu não sabia.
12 Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.
12 Tornaram-me o mal pelo bem, roubando a minha alma.
13 En ek -- toe hulle siek was, het ek 'n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.
13 Mas, quanto a mim, quando estavam enfermos, as minhas vestes eram o saco; humilhava a minha alma com o jejum, e a minha oração voltava para o meu seio.
14 Ek het rondgegaan asof dit 'n vriend, asof dit 'n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.
14 Portava-me como se ele fora meu irmão ou amigo; andava lamentando e muito encurvado, como quem chora por sua mãe.
15 Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.
15 Mas eles com a minha adversidade se alegravam e se congregavam; os abjetos se congregavam contra mim, e eu não o sabia; rasgavam-me, e não cessavam.
16 Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.
16 Com hipócritas zombadores nas festas, rangiam os dentes contra mim.
17 Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.
17 Senhor, até quando verás isto? Resgata a minha alma das suas assolações, e a minha predileta dos leões.
18 Ek sal U loof in 'n groot vergadering; onder 'n groot skare sal ek U prys.
18 Louvar-te-ei na grande congregação; entre muitíssimo povo te celebrarei.
19 Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie!
19 Não se alegrem os meus inimigos de mim sem razão, nem acenem com os olhos aqueles que me odeiam sem causa.
20 Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.
20 Pois não falam de paz; antes projetam enganar os quietos da terra.
21 En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!
21 Abrem a boca de par em par contra mim, e dizem: Ah! Ah! os nossos olhos o viram.
22 HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!
22 Tu, Senhor, o tens visto, não te cales; Senhor, não te alongues de mim:
23 Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.
23 Desperta e acorda para o meu julgamento, para a minha causa, Deus meu e Senhor meu.
24 Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!
24 Julga-me segundo a tua justiça, Senhor Deus meu, e não deixes que se alegrem de mim.
25 Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!
25 Não digam em seus corações: Ah! alma nossa! Não digam: Nós o havemos devorado.
26 Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word!
26 Envergonhem-se e confundam-se à uma os que se alegram com o meu mal; vistam-se de vergonha e de confusão os que se engrandecem contra mim.
27 Laat hulle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat 'n welbehae het in die vrede van sy kneg!
27 Cantem e alegrem-se os que amam a minha justiça, e digam continuamente: O Senhor seja engrandecido, o qual ama a prosperidade do seu servo.
28 En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.
28 E assim a minha língua falará da tua justiça e do teu louvor todo o dia.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Salmos 35, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.