Romanos 2
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ
1 Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy 'n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.
1 Portanto, tu és indesculpável, ó homem, qualquer um que julgas; pois no que tu julgas a outro, a ti mesmo te condenas, pois tu que julgas, fazes as mesmas coisas.
2 En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.
2 Mas nós temos a certeza de que o julgamento de Deus é segundo a verdade contra os que cometem tais coisas.
3 En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?
3 E tu, ó homem, que julgas os que fazem tais coisas, pensas que, fazendo-as tu, escaparás do julgamento de Deus?
4 Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?
4 Ou desprezas tu as riquezas da sua benignidade, e paciência e longanimidade, não sabendo que a benignidade de Deus te leva ao arrependimento?
5 Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as 'n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God
5 Mas, segundo a tua dureza e teu coração impenitente, entesouras para ti mesmo ira para o dia da ira e da revelação do justo julgamento de Deus;
6 wat elkeen sal vergeld na sy werke:
6 o qual retribuirá a cada homem segundo os seus atos;
7 aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;
7 vida eterna aos que perseverando em fazer o bem, procuram glória, honra e imortalidade.
8 maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;
8 Mas indignação e ira aos que são contenciosos, e não obedecem à verdade, mas obedecem à injustiça;
9 verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;
9 tribulação e angústia sobre toda a alma do homem que faz o mal; primeiramente do judeu e também do gentio;
10 maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.
10 mas glória, honra e paz a todo homem que pratica o bem; primeiramente ao judeu e também ao gentio;
11 Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.
11 porque não há acepção de pessoas para Deus.
12 Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word;
12 Porque todos os que pecaram sem lei, também perecerão sem lei; e todos os que pecaram na lei, serão julgados pela lei;
13 omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word.
13 (porque os que ouvem a lei não são justos diante de Deus, mas os praticantes da lei serão justificados.
14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself 'n wet, al het hulle geen wet nie;
14 Porque quando os gentios, que não têm lei, fazem naturalmente as coisas contidas na lei, não tendo eles lei, são a lei para si mesmos;
15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,
15 os quais mostram a obra da lei escrita em seus corações, testificando também a sua consciência, e os seus pensamentos, ou acusando-os, ou defendendo-os),
16 in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.
16 no dia em que Deus julgar por meio de Jesus Cristo os segredos dos homens, conforme o meu evangelho.
17 Kyk, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God,
17 Eis que tu que és chamado de judeu, e descansas na lei, e te vanglorias em Deus;
18 en jy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word,
18 e conheces a sua vontade, e aprovas as coisas mais excelentes, sendo instruído pela lei;
19 en jy is oortuig dat jy 'n leidsman is van blindes, 'n lig vir die wat in duisternis is,
19 e confias que tu és guia dos cegos, luz dos que estão em trevas,
20 'n opvoeder van onverstandiges, 'n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het
20 instrutor dos insensatos, mestre de crianças, que tens a forma do conhecimento e da verdade na lei.
21 jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy?
21 Tu, pois, que ensinas a outro, não te ensinas a ti mesmo? Tu, que pregas que um homem não deve furtar, tu furtas?
22 Jy wat sê dat 'n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat 'n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?
22 Tu, que dizes que um homem não deve cometer adultério, tu cometes adultério? Tu, que abominas os ídolos, tu cometes sacrilégio?
23 Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet?
23 Tu, que te vanglorias na lei, por meio da infração da lei tu desonras a Deus?
24 Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster.
24 Porque o nome de Deus é blasfemado entre os gentios por causa de vós, como está escrito.
25 Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy 'n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword.
25 Porque a circuncisão é verdadeiramente proveitosa se tu guardares a lei; mas se tu és transgressor da lei, a tua circuncisão se torna em incircuncisão.
26 As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie?
26 Portanto, se o incircunciso guardar a justiça da lei, não será sua incircuncisão julgada como circuncisão?
27 En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis 'n oortreder van die wet is nie?
27 E se a incircuncisão que é por natureza, cumpre a lei, julgar-te-á a ti, que pela letra e circuncisão és transgressor da lei?
28 Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie d¡t is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;
28 Porque não é judeu o que o é exteriormente, nem é esta circuncisão, que é exteriormente na carne.
29 maar hy is 'n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is die van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
29 Mas é judeu o que o é no interior, e a circuncisão é a do coração, no espírito, e não na letra; cujo louvor não é de homens, mas de Deus.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Romanos 2, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.