Oséias 9

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVI

Sair da comparação
NVI Nova Versão Internacional
1 Wees nie bly met gejuig, o Israel, soos die volke nie, want jy het gehoereer van jou God af weg; jy het hoereloon liefgehad op al die koringdorsvloere.
1 Não se regozije, ó Israel; não se alegre como as outras nações. Pois você se prostituiu, abandonando o seu Deus; você ama o salário da prostituição em cada eira de trigo.
2 Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.
2 Os produtos da eira e do lagar não alimentarão o povo; o vinho novo lhes faltará.
3 Hulle sal in die land van die HERE nie bly nie; maar Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is.
3 Eles não permanecerão na terra do Senhor; Efraim voltará para o Egito, e na Assíria comerá comida impura.
4 Hulle sal vir die HERE geen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die HERE kom nie.
4 Eles não derramarão ofertas de vinho para o Senhor, nem o agradarão os seus sacrifícios. Tais sacrifícios serão para eles como o pão dos pranteadores, que torna impuro quem o come. Essa comida será para eles mesmos; não entrará no templo do Senhor.
5 Wat sal julle dan doen op die feestyd en op die feesdag van die HERE?
5 O que farão vocês no dia de suas festas fixas, nos dias de festa do Senhor?
6 Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees.
6 Vejam! Fogem da destruição, mas o Egito os ajuntará, e Mênfis os sepultará. Os seus tesouros de prata as urtigas vão herdar; os cardos cobrirão totalmente as suas tendas.
7 Die dae van besoeking het gekom, die dae van vergelding het gekom; Israel sal dit ervaar! Die profeet word 'n dwaas, die man van die gees 'n waansinnige, weens die grootheid van jou ongeregtigheid, en omdat die vyandskap groot is.
7 Os dias de castigo vêm, os dias de punição estão chegando. Que Israel o saiba. Por serem tantos os pecados, e tanta a hostilidade de vocês, o profeta é considerado um tolo, o homem inspirado, um louco violento.
8 Efraim is 'n spioen teenoor my God; wat die profeet aangaan, die net van 'n voëlvanger is op al sy weë gesprei, vyandskap in die huis van sy God.
8 O profeta, junto ao meu Deus, é a sentinela que vigia Efraim, contudo, laços o aguardam em todas as suas veredas, e a hostilidade no templo do seu Deus.
9 Hulle het baie, baie verkeerd gehandel soos in die dae van G¡bea. Hy sal dink aan hulle ongeregtigheid, besoeking doen oor hulle sondes.
9 Eles mergulharam na corrupção, como nos dias de Gibeá. Deus se lembrará de sua iniqüidade e os castigará por seus pecados.
10 Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei; maar hulle het na Ba„l-Peor gekom en hulle aan die skandegod toegewy en 'n verfoeisel geword net soos die voorwerp van hulle liefde.
10 "Quando encontrei Israel, foi como encontrar uvas no deserto; quando vi os antepassados de vocês, foi como ver os primeiros frutos de uma figueira. Mas, quando eles vieram a Baal-Peor, consagraram-se àquele ídolo vergonhoso e se tornaram tão repugnantes quanto aquilo que amaram.
11 Efraim -- sy heerlikheid sal wegvlieg soos 'n voël. Geen geboorte, geen moederskap, geen ontvangenis meer nie!
11 A glória de Efraim lhe fugirá como pássaro: nenhum nascimento, nenhuma gravidez, nenhuma concepção.
12 Ja, al sou hulle hul kinders grootmaak, Ek maak hulle kinderloos, sonder mense; ja, wee hulleself ook as Ek van hulle wyk.
12 Mesmo que criem filhos, porei de luto cada um deles. Ai deles quando eu me afastar!
13 Efraim, soos Ek dit sien na Tirus heen, is geplant in 'n mooi omgewing, maar Efraim sal sy seuns na die moordenaar moet uitbring.
13 Vi Efraim, plantado num lugar agradável, como Tiro. Mas Efraim entregará seus filhos ao matador. "
14 Gee hulle, o HERE -- wat sal U gee? -- gee hulle 'n kinderlose moederskoot en uitgedroogde borste.
14 Ó Senhor, que darás a eles? Dá-lhes ventres que abortem e seios ressecados.
15 Al hulle boosheid is byeen in Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit my huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is opstandig.
15 "Toda a sua impiedade começou em Gilgal; de fato, ali eu os odiei. Por causa dos seus pecados, eu os expulsarei da minha terra. Não os amarei mais; todos os seus líderes são rebeldes.
16 Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.
16 Efraim está ferido, sua raiz está seca, eles não produzem frutos. Mesmo que criem filhos, eu matarei sua querida prole. "
17 My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerwe onder die nasies.
17 Meu Deus os rejeitará porque não lhe deram ouvidos; serão peregrinos entre as nações.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Oséias 9, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.