Números 4

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA

Sair da comparação
ARA Almeida Revista e Atualizada 1993
1 En die HERE het met Moses en A„ron gespreek en gesê:
1 Disse o Senhor a Moisés e a Arão:
2 Neem die volle getal van die seuns van Kehat op, onder die seuns van Levi uit, volgens hulle geslagte, volgens hulle families,
2 Levanta o censo dos filhos de Coate, do meio dos filhos de Levi, pelas suas famílias, segundo a casa de seus pais;
3 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om werk by die tent van samekoms te verrig.
3 da idade de trinta anos para cima até aos cinquenta será todo aquele que entrar neste serviço, para exercer algum encargo na tenda da congregação.
4 Dit sal die dienswerk van die seuns van Kehat by die tent van samekoms wees, naamlik die hoogheilige dinge.
4 É este o serviço dos filhos de Coate na tenda da congregação, nas coisas santíssimas.
5 By die opbreek van die laer moet A„ron en sy seuns kom en die voorhangsel tot bedekking afneem en daarmee die ark van die Getuienis bedek.
5 Quando partir o arraial, Arão e seus filhos virão, e tirarão o véu de cobrir, e, com ele, cobrirão a arca do Testemunho;
6 En hulle moet 'n dekkleed van robbevelle daarop sit en 'n doek, heeltemal van pers stof, daar bo-oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
6 e, por cima, lhe porão uma coberta de peles finas, e sobre ela estenderão um pano, todo azul, e lhe meterão os varais.
7 Hulle moet ook oor die toonbroodtafel 'n pers doek uitsprei en daarop neersit die skottels en die rookpanne en die bekers en die drankofferkanne; ook moet die altyd-blywende brood daarop wees.
7 Também sobre a mesa da proposição estenderão um pano azul; e, sobre ela, porão os pratos, os recipientes do incenso, as taças e as galhetas; também o pão contínuo estará sobre ela.
8 Daarna moet hulle 'n skarlaken doek daaroor uitsprei en dit met 'n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.
8 Depois, estenderão, em cima deles, um pano de carmesim, e, com a coberta de peles finas, o cobrirão, e lhe porão os varais.
9 Dan moet hulle 'n pers doek neem en die kandelaar tot verligting bedek, met sy lampe en sy snuiters en sy bakkies en al sy oliekanne waarmee hulle daarby diens doen.
9 Tomarão um pano azul e cobrirão o candelabro da luminária, as suas lâmpadas, os seus espevitadores, os seus apagadores e todos os seus vasos de azeite com que o servem.
10 En hulle moet dit met al sy gereedskap op 'n dekkleed van robbevelle neerlê en dit op die draagbaar sit.
10 E envolverão a ele e todos os seus utensílios na coberta de peles finas e o porão sobre os varais.
11 En oor die goue altaar moet hulle 'n pers doek uitsprei en dit met 'n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.
11 Sobre o altar de ouro estenderão um pano azul, e, com a coberta de peles finas, o cobrirão, e lhe porão os varais;
12 Hulle moet ook al die gereedskap neem waarmee hulle diens in die heiligdom doen, en dit op 'n pers doek neerlê en met 'n dekkleed van robbevelle toemaak en dit op die draagbaar sit.
12 tomarão todos os utensílios do serviço com os quais servem no santuário; e os envolverão num pano azul, e os cobrirão com uma coberta de peles finas, e os porão sobre os varais.
13 En hulle moet die as van die altaar verwyder en daar 'n purper doek oor uitsprei.
13 Do altar tirarão as cinzas e, por cima dele, estenderão um pano de púrpura.
14 En hulle moet al sy gereedskap daarop neersit waarmee hulle daarby diens doen: die vuurpanne, die vurke en die skoppe en die komme, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar 'n dekkleed van robbevelle oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
14 Sobre ele porão todos os seus utensílios com que o servem: os braseiros, os garfos, as pás e as bacias, todos os utensílios do altar; e, por cima dele, estenderão uma coberta de peles finas e lhe porão os varais.
15 En eers nadat A„ron en sy seuns, by die opbreek van die laer, klaar is met die toemaak van die heiligdom en van al die gereedskap van die heiligdom, moet die seuns van Kehat kom om te dra; maar hulle mag nie aan die heilige dinge raak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit wat die seuns van Kehat moet dra van die tent van samekoms.
15 Havendo, pois, Arão e seus filhos, ao partir o arraial, acabado de cobrir o santuário e todos os móveis dele, então, os filhos de Coate virão para levá-lo; mas, nas coisas santas, não tocarão, para que não morram; são estas as coisas da tenda da congregação que os filhos de Coate devem levar.
16 En die toesig van Ele sar, die seun van die priester A„ron, gaan oor die olie vir die kandelaar en die reukwerk van speserye en die voortdurende spysoffer en die salfolie; die toesig oor die hele tabernakel en oor alles wat daarin is: die heiligdom en bybehorende gereedskap.
16 Eleazar, filho de Arão, o sacerdote, terá a seu cargo o azeite da luminária, o incenso aromático, a contínua oferta dos manjares e o óleo da unção, sim, terá a seu cargo todo o tabernáculo e tudo o que nele há, o santuário e os móveis.
17 En die HERE het met Moses en A„ron gespreek en gesê:
17 Disse o Senhor a Moisés e a Arão:
18 Sorg dat die stam van die geslagte van die Kehatiete nie onder die Leviete uitgeroei word nie.
18 Não deixareis que a tribo das famílias dos coatitas seja eliminada do meio dos levitas.
19 Maar doen vir hulle dit, sodat hulle lewe en nie sterwe nie as hulle na die hoogheilige dinge aankom: A„ron en sy seuns moet ingaan en hulle aanstel elkeen oor sy dienswerk en oor wat hy moet dra.
19 Isto, porém, lhe fareis, para que vivam e não morram, quando se aproximarem das coisas santíssimas: Arão e seus filhos entrarão e lhes designarão a cada um o seu serviço e a sua carga.
20 Maar hulle moet nie inkom om vir 'n oomblik die heiligdom te sien nie, sodat hulle nie sterwe nie.
20 Porém os coatitas não entrarão, nem por um instante, para ver as coisas santas, para que não morram.
21 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
21 Disse mais o Senhor a Moisés:
22 Neem die volle getal op ook van die seuns van Gerson volgens hulle families, volgens hulle geslagte.
22 Levanta o censo dos filhos de Gérson, segundo a casa de seus pais, segundo as suas famílias.
23 Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat verplig is om diens te doen, om dienswerk te verrig by die tent van samekoms.
23 Da idade de trinta anos para cima até aos cinquenta será todo aquele que entrar neste serviço, para algum encargo na tenda da congregação.
24 Dit sal die dienswerk van die geslagte van die Gersoniete wees by die diens en by die vervoer:
24 É este o serviço das famílias dos gersonitas para servir e levar cargas:
25 hulle moet die tentdoeke van die tabernakel dra, ook die tent van samekoms, sy dekkleed en die dekkleed van robbevelle wat daar bo-oor is, en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms
25 levarão as cortinas do tabernáculo, a tenda da congregação, sua coberta, a coberta de peles finas, que está sobre ele, o reposteiro da porta da tenda da congregação,
26 en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en hulle lyne sowel as al die gereedskap wat by die bediening daarvan behoort; en alles wat daarvoor gedoen moet word, moet hulle verrig.
26 as cortinas do pátio, o reposteiro da porta do pátio, que rodeia o tabernáculo e o altar, as suas cordas e todos os objetos do seu serviço e servirão em tudo quanto diz respeito a estas coisas.
27 Die hele dienswerk van die seuns van die Gersoniete -- alles wat hulle moet dra en hulle hele diens -- moet wees volgens die bevel van A„ron en sy seuns; en julle moet hulle al hulle drawerk aanwys om dit waar te neem.
27 Todo o serviço dos filhos dos gersonitas, toda a sua carga e tudo o que devem fazer será segundo o mandado de Arão e de seus filhos; e lhes determinareis tudo o que devem carregar.
28 Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van die Gersoniete by die tent van samekoms; en wat hulle te besorg het, moet plaasvind onder leiding van Itamar, die seun van die priester A„ron.
28 Este é o serviço das famílias dos filhos dos gersonitas na tenda da congregação; o seu cargo estará sob a direção de Itamar, filho de Arão, o sacerdote.
29 Wat aangaan die seuns van Mer ri -- die moet jy tel volgens hulle geslagte, volgens hulle families.
29 Quanto aos filhos de Merari, segundo as suas famílias e segundo a casa de seus pais os contarás.
30 Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.
30 Da idade de trinta anos para cima até aos cinquenta contarás todo aquele que entrar neste serviço, para exercer algum encargo na tenda da congregação.
31 En dit is wat by hulle drawerk besorg moet word, hulle hele dienswerk by die tent van samekoms: die style van die tabernakel met sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke
31 Isto será o que é de sua obrigação levar, segundo todo o seu serviço, na tenda da congregação: as tábuas do tabernáculo, os seus varais, as suas colunas e as suas bases;
32 en die pilare van die voorhof rondom met hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne -- al die gereedskap sowel as alles wat by die bediening daarvan behoort. En die gereedskap wat by hulle drawerk besorg moet word, moet julle met die naam aanwys.
32 as colunas do pátio em redor, as suas bases, as suas estacas e as suas cordas, com todos os seus utensílios e com tudo o que pertence ao seu serviço; e designareis, nome por nome, os objetos que devem levar.
33 Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van Mer ri, hulle hele diens by die tent van samekoms onder leiding van Itamar, die seun van die priester A„ron.
33 É este o encargo das famílias dos filhos de Merari, segundo todo o seu serviço, na tenda da congregação, sob a direção de Itamar, filho de Arão, o sacerdote.
34 En Moses en A„ron en die owerstes van die vergadering het die seuns van die Kehatiete getel volgens hulle geslagte en volgens hulle families;
34 Moisés, pois, e Arão, e os príncipes do povo contaram os filhos dos coatitas, segundo as suas famílias e segundo a casa de seus pais,
35 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms.
35 da idade de trinta anos para cima até aos cinquenta, todo aquele que entrou neste serviço, para exercer algum encargo na tenda da congregação.
36 En hulle geteldes was volgens hulle geslagte twee duisend sewe honderd en vyftig.
36 Os que deles foram contados, pois, segundo as suas famílias, foram dois mil setecentos e cinquenta.
37 Dit is die geteldes van die geslagte van die Kehatiete, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en A„ron volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses getel het.
37 São estes os que foram contados das famílias dos coatitas, todos os que serviam na tenda da congregação, os quais Moisés e Arão contaram, segundo o mandado do Senhor , por Moisés.
38 En die geteldes van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte en volgens hulle families,
38 Os que foram contados dos filhos de Gérson, segundo as suas famílias e segundo a casa de seus pais,
39 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms --
39 da idade de trinta anos para cima até aos cinquenta, todo aquele que entrou neste serviço, para exercer algum encargo na tenda da congregação,
40 hulle geteldes was volgens hulle geslagte, volgens hulle families, twee duisend ses honderd en dertig.
40 os que deles foram contados, segundo as suas famílias, segundo a casa de seus pais, foram dois mil seiscentos e trinta.
41 Dit is die geteldes van die geslagte van Gerson se seuns, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en A„ron volgens die bevel van die HERE getel het.
41 São estes os contados das famílias dos filhos de Gérson, todos os que serviam na tenda da congregação, os quais Moisés e Arão contaram, segundo o mandado do Senhor .
42 En die geteldes van die geslagte van Mer ri se seuns volgens hulle geslagte, volgens hulle families,
42 Os que foram contados das famílias dos filhos de Merari, segundo as suas famílias e segundo a casa de seus pais,
43 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms --
43 da idade de trinta anos para cima até aos cinquenta, todo aquele que entrou neste serviço, para exercer algum encargo na tenda da congregação,
44 hulle geteldes was volgens hulle geslagte drie duisend twee honderd.
44 os que deles foram contados, segundo as suas famílias, foram três mil e duzentos.
45 Dit is die geteldes van die geslagte van Mer ri se seuns wat Moses en A„ron volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses getel het.
45 São estes os contados das famílias dos filhos de Merari, os quais Moisés e Arão contaram, segundo o mandado do Senhor , por Moisés.
46 Al die getelde Leviete wat Moses en A„ron en die owerstes van Israel getel het, volgens hulle geslagte en volgens hulle families,
46 Todos os que foram contados dos levitas, contados por Moisés, e Arão, e os príncipes de Israel, segundo as suas famílias e segundo a casa de seus pais,
47 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was om dienswerk te verrig en die werk van vervoer by die tent van samekoms --
47 da idade de trinta anos para cima até aos cinquenta, todos os que entraram para cumprir a tarefa do serviço e a de levarem cargas na tenda da congregação,
48 hulle geteldes was agt duisend vyf honderd en tagtig.
48 os que deles foram contados foram oito mil quinhentos e oitenta.
49 Volgens die bevel van die HERE deur tussenkoms van Moses is hulle aangewys elkeen vir sy diens en vir sy drawerk; naamlik die geteldes, soos die HERE Moses beveel het.
49 Segundo o mandado do Senhor , por Moisés, foram designados, cada um para o seu serviço e a sua carga; e deles foram contados, como o Senhor ordenara a Moisés.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Números 4, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.