Números 31
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC
1 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
1 O Senhor disse a Moisés:
2 Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete; daarna sal jy by jou volksgenote versamel word.
2 "Vinga os filhos de Israel do mal que lhes fizeram os madianitas; depois disso serás reunido aos teus."
3 Daarop het Moses met die volk gespreek en gesê: Laat manne uit julle midde hul vir die oorlog wapen, dat hulle teen M¡dian kan trek om die wraakgerig van die HERE aan M¡dian te voltrek.
3 Moisés disse então ao povo: "Armem-se para a guerra alguns homens dentre vós: eles atacarão Madiã, para executarem sobre ele a vingança do Senhor.
4 duisend vir elke stam van al die stamme van Israel moet julle na die oorlog stuur.
4 Poreis em linha de combate mil homens de cada uma das tribos de Israel."
5 Toe is daar uit die duisende van Israel duisend vir elke stam gelewer, twaalf duisend wat vir die oorlog gewapen was.
5 Reuniram-se, pois, dentre as famílias de Israel, mil homens por tribo, ou seja, doze mil homens de pé, prontos para o combate.
6 En Moses het hulle na die oorlog gestuur, duisend vir elke stam, hulle en P¡nehas, die seun van die priester Ele sar, na die oorlog, met die heilige voorwerpe en die trompette by hom om alarm te blaas.
6 Moisés enviou-os ao combate; mil homens de cada tribo, com Finéias, filho do sacerdote Eleazar, que levou também os objetos sagrados e as trombetas para tocar.
7 En hulle het oorlog toe getrek teen M¡dian, soos die HERE Moses beveel het, en al die manlike persone gedood.
7 Atacaram os madianitas, como o Senhor tinha ordenado a Moisés, e mataram todos os varões.
8 Ook het hulle die konings van M¡dian gedood by die wat hulle verslaan het: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vyf konings van M¡dian; ook het hulle B¡leam, die seun van Beor, met die swaard gedood.
8 Mataram também os reis de Madiã: Evi, Recém, Sur, Hur e Rebe, cinco reis de Madiã, e passaram ao fio da espada Balaão, filho de Beor.
9 Maar die kinders van Israel het die vroue van die Midianiete en hulle kinders as gevangenes weggevoer, en al hulle lasdiere en al hulle vee en al hulle rykdom geroof.
9 Levaram prisioneiras as mulheres dos madianitas com seus filhos, e pilharam todo o seu gado, seus rebanhos e todos os seus bens.
10 Verder, al hulle stede in hulle woonplekke en al hulle laers het hulle met vuur verbrand
10 Incendiaram todas as cidades que habitavam e todos os seus acampamentos.
11 en al die roof geneem en al die buit, mense en diere.
11 Levaram consigo todo o espólio e todos os despojos, animais e pessoas,
12 Daarna het hulle die gevangenes en die buit en die roof na Moses en die priester Ele sar en na die vergadering van die kinders van Israel gebring in die laer, in die vlaktes van Moab wat by die Jordaan van J,rigo is.
12 e conduziram-nos a Moisés, ao sacerdote Eleazar e à assembléia dos israelitas no acampamento que se encontrava nas planícies de Moab, perto do Jordão, em face de Jericó.
13 En toe Moses en die priester Ele sar en al die owerstes van die vergadering hulle buitekant die laer tegemoetgaan,
13 Moisés, o sacerdote Eleazar e todos os chefes da assembléia saíram-lhes ao encontro fora do acampamento.
14 het Moses kwaad geword vir die aanvoerders van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd wat van die veldtog af gekom het.
14 E Moisés, irado contra os generais do exército, os chefes de milhares e os chefes de centenas que voltavam da batalha, disse-lhes:
15 En Moses het vir hulle gesê: Het julle al die vroue laat lewe?
15 "O que é isso? Deixastes com vida todas essas mulheres?
16 Kyk, hulle was, deur die raad van B¡leam, vir die kinders van Israel 'n oorsaak van troubreuk teenoor die HERE in die saak van Peor, sodat die plaag in die vergadering van die HERE was.
16 Mas são justamente elas que, instigadas por Balaão, levaram os israelitas a serem infiéis ao Senhor na questão de Fogor, a qual foi também a causa do flagelo que feriu a assembléia do Senhor!
17 Maak dan nou dood almal wat van die manlike geslag onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat gemeenskap met 'n man gehad het.
17 Ide! Matai todos os filhos varões e todas as mulheres que tiverem tido comércio com um homem;
18 Maar laat al die kinders onder die vroulike persone wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, vir julle in die lewe bly.
18 mas deixai vivas todas as jovens que não o fizeram.
19 En julle, slaan sewe dae lank 'n kamp op buitekant die laer; elkeen wat 'n mens gedood en elkeen wat aan 'n gesneuwelde geraak het -- julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag ontsondig, julle en jul gevangenes.
19 E vós, acampai durante sete dias fora do acampamento. Todos os que tiverem matado um homem ou tocado em um morto, purificar-se-ão ao terceiro e ao sétimo dia, eles e seus prisioneiros.
20 Ook moet julle al die klere en elke ding van leer en alles wat van bokhaar gemaak is, en elke ding van hout ontsondig.
20 Purificai também toda veste, todo objeto de pele, todo tecido de pêlo de cabra e todo utensílio de madeira."
21 En die priester Ele sar het aan die krygsmanne wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die wetsinsetting wat die HERE Moses beveel het.
21 O sacerdote Eleazar disse então aos guerreiros que tinham combatido: "Eis o preceito da lei que o Senhor impôs a Moisés:
22 Net die goud en die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood --
22 o ouro, a prata, o bronze, o ferro, o estanho, o chumbo, tudo o que pode passar pelas chamas
23 elke ding wat in die vuur kan kom -- moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.
23 será purificado no fogo; mas será também purificado pela água lustral. Tudo o que não suporta o fogo será purificado com a água.
24 Julle moet ook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.
24 Lavareis vossas vestes no sétimo dia, para serdes puros; depois disso, voltareis ao acampamento."
25 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
25 O Senhor disse a Moisés:
26 Neem die volle getal op van wat as buit weggevoer is, van mense en van diere, jy en die priester Ele sar en die familiehoofde van die vergadering;
26 "Fazei o inventário de todo o espólio que foi tomado, homens e animais, tu, o sacerdote Eleazar e os chefes de família da assembléia.
27 en verdeel die buit tussen die wat met die oorlog te doen gehad het, wat op kommando uitgetrek het, ,n die hele vergadering.
27 Repartirás em seguida a presa em partes iguais entre os que pelejaram, e entre todo o resto da assembléia.
28 En hef 'n bydrae vir die HERE van die krygsmanne wat na die oorlog uitgetrek het -- een uit elke vyf honderd -- van die mense en van die beeste en van die esels en van die kleinvee.
28 Da parte daqueles que pelejaram e foram à guerra, separarás um tributo para o Senhor, um de cada quinhentos homens, gado, jumentos ou ovelhas.
29 Van hulle helfte moet julle dit neem, en gee dit aan die priester Ele sar as 'n offergawe aan die HERE.
29 Toma-o da sua metade para entregar ao sacerdote Eleazar, como oferta ao Senhor.
30 Maar uit die helfte van die kinders van Israel moet jy een neem, uitgehaal uit elke vyftig, uit die mense, uit die beeste, uit die esels en die kleinvee, uit al die diere; en jy moet dit aan die Leviete gee wat die diens by die tabernakel van die HERE waarneem.
30 Da metade que toca aos israelitas, tomarás um de cada cinqüenta, homens, bois, jumentos, ovelhas e qualquer outro animal, e darás aos levitas, que têm a guarda da casa do Senhor."
31 En Moses en die priester Ele sar het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
31 Moisés e o sacerdote Eleazar fizeram como o Senhor tinha ordenado.
32 En die buit, die oorskot van die roof wat die krygsmanne geneem het, was ses honderd vyf en sewentig duisend stuks kleinvee;
32 Os despojos, o conjunto do espólio que tinha feito o exército era de seiscentos e setenta e cinco mil ovelhas,
33 en twee en sewentig duisend beeste;
33 setenta e dois mil bois
34 en een en sestig duisend esels;
34 e sessenta e um mil jumentos.
35 en mensesiele, uit die vroulike persone wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, al die siele was twee en dertig duisend.
35 Havia também trinta e duas mil jovens que não tinham coabitado com homem algum.
36 En die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgetrek het, was in getal drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd stuks kleinvee.
36 Foi dada a metade àqueles que tinham ido ao combate, isto é, trezentas e trinta e sete mil e quinhentas ovelhas,
37 En die bydrae aan die HERE uit die kleinvee was ses honderd vyf en sewentig.
37 das quais seiscentas e setenta e cinco para o tributo do Senhor;
38 En die beeste was ses en dertig duisend, en die bydrae daarvan aan die HERE twee en sewentig.
38 trinta e seis mil bois, dos quais setenta e dois para o tributo do Senhor;
39 En die esels was dertig duisend vyf honderd, en die bydrae daarvan aan die HERE een en sestig.
39 trinta mil e quinhentos jumentos, dos quais sessenta e um para o tributo do Senhor;
40 En mensesiele was sestien duisend, en die bydrae daarvan aan die HERE twee en dertig siele.
40 dezesseis mil pessoas, das quais trinta e duas para o tributo do Senhor.
41 En Moses het aan die priester Ele sar die bydrae gegee wat as offergawe aan die HERE bestem was, soos die HERE Moses beveel het.
41 Moisés entregou ao sacerdote Eleazar o tributo tomado para o Senhor, como o Senhor lhe tinha ordenado.
42 En uit die helfte van die kinders van Israel wat Moses van die vegsmanne afgedeel het --
42 Restava a metade destinada aos filhos de Israel, que Moisés havia separado da dos guerreiros.
43 die helfte van die vergadering uit die kleinvee was drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd;
43 Esta parte da assembléia compreendia trezentas e trinta e sete mil e quinhentas ovelhas,
44 en die beeste was ses en dertig duisend;
44 trinta e seis mil bois,
45 en die esels dertig duisend vyf honderd;
45 trinta mil e quinhentos jumentos
46 en mensesiele sestien duisend --
46 e dezesseis mil pessoas.
47 uit die helfte van die kinders van Israel het Moses geneem -- van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van mense en van diere -- en hy het dit aan die Leviete gegee wat die diens by die tabernakel van die HERE waarneem, soos die HERE Moses beveel het.
47 Dessa metade dos israelitas Moisés tomou um de cada cinqüenta, homens e animais, e deu-os aos levitas, encarregados do serviço da casa do Senhor, assim como o Senhor lhe tinha ordenado.
48 Toe het die aanvoerders oor die duisende van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd, nader gekom na Moses
48 Os comandantes das tropas do exército, os chefes de milhares e de centenas
49 en aan Moses gesê: U dienaars het die volle getal van die krygsmanne opgeneem wat onder ons bevel was, en daarvan word nie een vermis nie.
49 aproximaram-se então de Moisés e disseram-lhe: "Teus servos fizeram a conta dos guerreiros que estiveram sob o nosso comando: não falta nem um sequer.
50 Daarom bring elkeen van ons as offer aan die HERE wat hy aan goue goed gevind het: armkettings en armbande, vingerringe, oorringe en halssierade, om versoening te doen vir ons siele voor die aangesig van die HERE.
50 Trazemos, pois, como oferta ao Senhor, tudo o que cada um encontrou de objetos de ouro: correntinhas, braceletes, anéis, brincos e colares, para que se faça expiação por nós diante do Senhor."
51 Toe het Moses en die priester Ele sar die goud, allerhande kunsvoorwerpe, van hulle aangeneem.
51 Moisés e o sacerdote Eleazar receberam deles esse ouro, toda a sorte de objetos artisticamente trabalhados.
52 En al die goud van die offergawe wat hulle aan die HERE afgegee het, was sestien duisend sewe honderd en vyftig sikkels, afkomstig van die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd.
52 O peso total do ouro, que foi assim separado e oferecido ao Senhor da parte dos chefes de milhares e de centenas, era de dezesseis mil setecentos e cinqüenta siclos.
53 Die krygsmanne het elkeen na welgevalle buitgemaak.
53 Os homens da tropa haviam pilhado cada um para si.
54 So het Moses en die priester Ele sar dan die goud van die owerstes oor duisend en oor honderd aangeneem en dit in die tent van samekoms gebring om die kinders van Israel voor die aangesig van die HERE in gedagtenis te bring.
54 Moisés e o sacerdote Eleazar, tendo recebido o ouro das mãos dos chefes de milhares e de centenas, levaram-no à tenda de reunião para que servisse de memorial diante do Senhor pelos israelitas.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Números 31, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.