Números 15

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Daarna het die HERE met Moses gespreek en gesê:
1 E falou o ­SENHOR a Moisés, dizendo:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land van julle inwoning kom wat Ek aan julle gee,
2 Fala aos filhos de Israel e dize-lhes: Quando entrardes na terra das vossas habitações, que eu vos darei,
3 en julle 'n vuuroffer aan die HERE wil berei, 'n brandoffer of slagoffer -- deur 'n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer of by julle feestye -- om vir die HERE 'n lieflike geur van beeste of van kleinvee te berei,
3 e fizerdes ao ­SENHOR uma oferta queimada, ou sacrifício em cumprimento de um voto, ou em oferta voluntária, ou em vossas solenidades, para apresentardes ao ­SENHOR um cheiro suave de ovelhas ou rebanho;
4 dan moet die een wat sy offer aan die HERE bring, as spysoffer bring 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin olie;
4 então, aquele que oferecer a sua oferta ao ­SENHOR, por oferta de alimentos, oferecerá uma décima parte de farinha misturada com a quarta parte de um him de azeite.
5 en wyn vir die drankoffer, 'n kwart-hin, moet jy berei by die brandoffer of vir die slagoffer, vir elke lam.
5 E a quarta parte de um him de vinho, para a oferta de bebida com a oferta queimada, ou para o sacrifício de um cordeiro.
6 Of vir 'n ram moet jy as spysoffer berei twee-tiendes van 'n efa fynmeel, met 'n derde van 'n hin olie gemeng.
6 Para cada carneiro prepararás uma oferta de alimentos de duas décimas partes de farinha, misturada com a terça parte de um him de azeite.
7 En 'n derde van 'n hin wyn vir die drankoffer moet jy as lieflike geur aan die HERE bring.
7 E para a oferta de bebida a terça parte de um him de vinho, em cheiro suave para o ­SENHOR.
8 En as jy 'n jong bul as brandoffer of slagoffer berei, deur 'n besondere gelofte te volbring of as dankoffer aan die HERE,
8 E, quando preparares o novilho para a oferta queimada ou sacrifício, para cumprir um voto, ou oferta pacífica ao ­SENHOR,
9 moet hy by die jong bul as spysoffer bring drie-tiendes van 'n efa fynmeel met 'n half-hin olie gemeng.
9 então oferecerás com o novilho uma oferta de alimentos de três décimas de farinha, misturada com a metade de um him de azeite,
10 En vir die drankoffer moet jy 'n half-hin wyn bring, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
10 e deverás trazer como uma oferta de bebida metade de um him de vinho, oferta queimada em cheiro suave ao ­SENHOR.
11 So moet gedoen word by elke bees of by elke ram of by 'n lam van die skape of van die bokke.
11 Assim será feito com cada boi, ou com cada carneiro, ou com cada um dos cordeiros ou cabritos.
12 Volgens die getal wat julle berei -- so moet julle doen by elkeen volgens hulle getal.
12 Segundo o número que oferecerdes, assim fareis com cada um, conforme o seu número.
13 Elke kind van die land moet hierdie dinge op dieselfde manier doen, om 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE te bring.
13 Todos os que nasceram da terra farão essas coisas dessa maneira, oferecendo oferta queimada em cheiro suave ao ­SENHOR.
14 En as 'n vreemdeling by julle vertoef, of hy wat vir geslagte onder julle is, en 'n vuuroffer van lieflike geur vir die HERE berei -- soos julle doen, so moet hy doen.
14 E se um estrangeiro peregrinar convosco, ou se estiver no meio de vós, nas vossas gerações, e oferecer uma oferta queimada de cheiro suave ao ­SENHOR, como vós fizerdes, assim fará ele.
15 Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. 'n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die HERE wees.
15 Um mesmo estatuto haverá para vós, da congregação, e também para o estrangeiro que peregrinar entre vós, um estatuto perpétuo nas vossas gerações; como vós sois, assim será o peregrino perante o ­SENHOR.
16 Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef.
16 Uma mesma lei e um mesmo hábito haverá para vós e para o estrangeiro que peregrinar convosco.
17 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
17 E o ­SENHOR falou a Moisés, dizendo:
18 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land kom waarheen Ek julle bring,
18 Fala aos filhos de Israel e dize-lhes: Quando entrardes na terra a que os levarei,
19 moet julle, as julle van die brood van die land eet, 'n offergawe aan die HERE afgee.
19 então quando comerdes do pão da terra, fareis elevar uma oferta alçada ao ­SENHOR.
20 As eersteling van julle growwe meel moet julle 'n koek as offergawe afgee; net soos die offergawe van die dorsvloer, so moet julle dit afgee.
20 Oferecereis um bolo das primícias da vossa massa, em oferta alçada; como fareis a oferta alçada da eira, assim oferecereis.
21 Van die eerstelinge van julle growwe meel moet julle 'n offergawe aan die HERE gee in julle geslagte.
21 Das primícias das vossas massas dareis ao ­SENHOR oferta alçada nas vossas gerações.
22 Verder, as julle jul misgaan en nie al hierdie gebooie doen wat die HERE aan Moses meegedeel het nie --
22 E se errardes e não obedecerdes a todos estes mandamentos, que o ­SENHOR falou a Moisés,
23 alles wat die HERE julle deur Moses beveel het van die dag af dat die HERE dit beveel het en verder in julle geslagte --
23 tudo o que o ­SENHOR vos ordenou, pela mão de Moisés, desde o dia em que o ­SENHOR ordenou Moisés, e dali em diante, nas vossas gerações,
24 dan moet die hele vergadering, as dit buiten wete van die vergadering, in swakheid gebeur het, een jong bul berei vir 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE, met die spysoffer en die drankoffer wat volgens voorskrif daarby behoort; en een bokram as sondoffer.
24 então, se alguma coisa for cometida por ignorância, sem o conhecimento da congregação, toda a congregação oferecerá um novilho para a oferta queimada em cheiro suave ao ­SENHOR, com a sua oferta de alimentos e oferta de bebida conforme a sua ordenança, e um bode para a oferta pelo pecado.
25 En die priester moet versoening doen vir die hele vergadering van die kinders van Israel, en dit sal hulle vergewe word; want 'n swakheid was dit, en hulle het hul offer as vuuroffer aan die HERE en hul sondoffer, weens hulle swakheid, voor die aangesig van die HERE gebring.
25 E o sacerdote fará expiação por toda a congregação dos filhos de Israel, e a transgressão lhes será perdoada; porque foi ignorância, e trarão a sua oferta, oferta queimada ao ­SENHOR, e a sua oferta pelo pecado perante o ­SENHOR, por causa da sua ignorância.
26 Dit sal dan die hele vergadering van die kinders van Israel vergewe word, ook die vreemdeling wat onder hulle vertoef; want dit het die hele volk deur swakheid oorgekom.
26 E será perdoada toda a congregação dos filhos de Israel, e ao estrangeiro que peregrina no meio deles, vendo que todo o povo estava em ignorância.
27 En as 'n enkele siel in swakheid sondig, moet die 'n jaaroud bokooi as sondoffer bring.
27 E se alguma alma pecar por ignorância, oferecerá uma cabra de um ano para a oferta pelo pecado.
28 En die priester moet versoening doen vir die siel wat hom misgaan het, weens sy sonde in swakheid voor die aangesig van die HERE begaan, om vir hom versoening te doen; en dit sal hom vergewe word.
28 E o sacerdote fará expiação pela alma que pecar por ignorância, quando pecar por ignorância perante o ­SENHOR, fazendo expiação por ela, e ela será perdoada.
29 Wat die kind van die land onder die kinders van Israel aangaan en die vreemdeling wat onder hulle vertoef -- een en dieselfde wet moet vir julle geld, vir hom wat in swakheid iets doen.
29 Tereis uma única lei para aquele que pecar por ignorância, tanto para o nascido entre os filhos de Israel como para o estrangeiro que peregrina entre eles.
30 Maar die siel wat iets moedswillig doen, van die kinders van die land of van die vreemdelinge, hy versmaad die HERE; en die siel moet uitgeroei word onder sy volk uit.
30 Mas a alma que fizer alguma coisa com presunção, quer seja nascido da terra ou um estrangeiro, o mesmo afronta ao ­SENHOR, e essa alma será cortada do meio do seu povo.
31 Want die woord van die HERE het hy verag en sy gebod verbreek. Di, siel moet sekerlik uitgeroei word; sy ongeregtigheid is op hom.
31 Essa alma será totalmente destruída, porque desprezou a palavra do ­SENHOR e transgrediu o seu mandamento; e a sua iniquidade será sobre ela.
32 En toe die kinders van Israel in die woestyn was, het hulle 'n man gekry wat op die sabbatdag hout bymekaarmaak.
32 E, enquanto os filhos de Israel estavam no deserto, encontraram um homem que apanhava lenha no dia do shabat.
33 En die wat hom gekry het terwyl hy hout bymekaarmaak, het hom na Moses en A„ron en na die hele vergadering gebring.
33 E aqueles que o encontraram apanhando lenha o trouxeram a Moisés e a Arão, e a toda a congregação.
34 En hulle het hom in die gevangenis gesit, want dit was nie beslis wat met hom gedoen moes word nie.
34 E o puseram sob guarda; porque não estava declarado o que se devia fazer com ele.
35 Toe sê die HERE vir Moses: Die man moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom buitekant die laer stenig.
35 E o ­SENHOR disse a Moisés: Certamente esse homem morrerá; toda a congregação o apedrejará fora do acampamento.
36 Toe het die hele vergadering hom buitekant die laer uitgebring en hom gestenig, dat hy gesterf het, soos die HERE Moses beveel het.
36 E toda a congregação o levou para fora do acampamento, e o apedrejou, e ele morreu, como o ­SENHOR ordenara a Moisés.
37 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
37 E o ­SENHOR falou a Moisés, dizendo:
38 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle, hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies 'n draad van pers stof vasbind.
38 Fala aos filhos de Israel e dize-lhes que nas bordas das suas vestes façam franjas, pelas suas gerações; e nas franjas das bordas ponham uma faixa azul.
39 En dit sal julle as klossies dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van die HERE dink, dat julle dit doen en nie jul hart en jul oë navolg waar julle agter aan hoereer nie,
39 E nas franjas essa faixa estará, para que o vejais, e vos lembreis de todos os mandamentos do ­SENHOR, e os cumprais; e não seguireis após o vosso coração, nem após os vossos olhos, após os quais andais adulterando.
40 sodat julle aan al my gebooie mag dink en dit doen, en aan julle God heilig mag wees.
40 Para que vos lembreis de todos os meus mandamentos, e os cumprais, e sejais santos ao vosso Deus.
41 Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle 'n God te wees. Ek is die HERE julle God.
41 Eu sou o ­SENHOR, vosso Deus, que vos tirei da terra do Egito, para ser vosso Deus; eu sou o ­SENHOR, vosso Deus.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Números 15, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.