Mateus 27

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA

Sair da comparação
NAA Nova Almeida Atualizada 2017
1 En toe dit dag geword het, het al die owerpriesters en die ouderlinge van die volk saam raad gehou teen Jesus om Hom dood te maak.
1 Ao romper o dia, todos os principais sacerdotes e os anciãos do povo entraram em conselho contra Jesus, para o matarem;
2 En hulle het Hom geboei en weggelei en Hom oorgelewer aan Pontius Pilatus, die goewerneur.
2 e, amarrando-o, levaram-no e o entregaram ao governador Pilatos.
3 Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge
3 Então Judas, que o traiu, vendo que Jesus havia sido condenado, tocado de remorso, devolveu as trinta moedas de prata aos principais sacerdotes e aos anciãos, dizendo:
4 en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien!
4 — Pequei, traindo sangue inocente. Eles, porém, responderam: — Que nos importa? Isso é com você.
5 En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang.
5 Então Judas, atirando as moedas de prata para dentro do templo, retirou-se e se enforcou.
6 En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is.
6 E os principais sacerdotes, pegando as moedas, disseram: — Não é lícito colocá-las no cofre das ofertas, porque é preço de sangue.
7 En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as 'n begraafplaas vir vreemdelinge.
7 E, tendo deliberado, compraram com elas o campo do oleiro, para cemitério de forasteiros.
8 Daarom is die stuk grond genoem Bloedgrond, tot vandag toe.
8 Por isso, aquele campo é chamado, até o dia de hoje, Campo de Sangue.
9 Toe is vervul wat gespreek is deur Jeremia, die profeet, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel;
9 Então se cumpriu o que foi dito por meio do profeta Jeremias: “Pegaram as trinta moedas de prata, preço em que foi estimado aquele a quem alguns dos filhos de Israel avaliaram,
10 en hulle het dit gegee vir die grond van die pottebakker, soos die Here my beveel het.
10 e as deram pelo campo do oleiro, assim como me ordenou o Senhor.”
11 En Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en gesê: Is U die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: U sê dit.
11 Jesus estava em pé diante do governador, e este o interrogou, dizendo: — Você é o rei dos judeus? Jesus respondeu:
12 En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie.
12 E, sendo acusado pelos principais sacerdotes e pelos anciãos, Jesus nada respondeu.
13 Toe sê Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie?
13 Então Pilatos perguntou: — Não está ouvindo quantas acusações fazem contra você?
14 En Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het.
14 Mas Jesus não respondeu nem uma palavra, a ponto de o governador ficar muito admirado.
15 En op die fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, die een wat hulle wou hê, vir die skare los te laat.
15 Ora, por ocasião da festa, o governador costumava soltar ao povo um preso, conforme eles quisessem.
16 En in daardie tyd het hulle 'n berugte gevangene gehad met die naam van Bar bbas.
16 Naquela ocasião, eles tinham um preso muito conhecido, chamado Barrabás.
17 Nadat hulle dan byeengekom het, sê Pilatus vir hulle: Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Bar bbas, of Jesus wat genoem word Christus?
17 Estando, pois, o povo reunido, Pilatos lhes perguntou: — Quem vocês querem que eu solte: Barrabás ou Jesus, chamado Cristo?
18 Want hy het geweet dat hulle Hom uit nydigheid oorgelewer het.
18 Porque sabia que era por inveja que eles tinham entregado Jesus.
19 En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met die regverdige man nie, want ek het vandag in 'n droom baie gely om sy ontwil.
19 E, estando Pilatos sentado no tribunal, a mulher dele mandou dizer-lhe: — Não se envolva com esse justo, porque hoje, em sonho, sofri muito por causa dele.
20 Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaal dat hulle Bar bbas moes begeer en Jesus ombring.
20 Mas os principais sacerdotes e os anciãos persuadiram o povo a que pedisse Barrabás e condenasse Jesus à morte.
21 Toe antwoord die goewerneur en sê vir hulle: Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat? En hulle antwoord: Bar bbas!
21 De novo, o governador perguntou: — Qual dos dois vocês querem que eu solte? Eles responderam: — Barrabás!
22 Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? Hulle sê almal vir hom: Laat Hom gekruisig word!
22 Pilatos lhes perguntou: — Que farei, então, com Jesus, chamado Cristo? Todos responderam: — Que seja crucificado!
23 En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word!
23 Pilatos continuou: — Que mal ele fez? Porém eles gritavam cada vez mais: — Que seja crucificado!
24 En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!
24 Vendo Pilatos que nada conseguia e que, ao contrário, o tumulto aumentava, mandou trazer água e lavou as mãos diante do povo, dizendo: — Estou inocente do sangue deste homem; fique o caso com vocês!
25 En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!
25 E o povo todo respondeu: — Que o sangue dele caia sobre nós e sobre os nossos filhos!
26 Toe laat hy vir hulle Bar bbas los, maar Jesus het hy laat g,sel en oorgelewer om gekruisig te word.
26 Então Pilatos lhes soltou Barrabás. E, depois de mandar açoitar Jesus, entregou-o para ser crucificado.
27 Daarop neem die soldate van die goewerneur Jesus met hulle saam in die goewerneur se paleis en bring die hele leërafdeling teen Hom bymekaar.
27 Logo a seguir, os soldados do governador, levando Jesus para o Pretório, reuniram em torno dele toda a tropa.
28 Toe trek hulle sy klere uit en werp 'n rooi mantel om Hom;
28 Tiraram a roupa de Jesus e o vestiram com um manto escarlate.
29 en hulle vleg 'n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en 'n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!
29 E, tecendo uma coroa de espinhos, a puseram na cabeça dele, e colocaram um caniço na sua mão direita. E, ajoelhando-se diante dele, zombavam, dizendo: — Salve, rei dos judeus!
30 En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof.
30 E, cuspindo nele, pegaram o caniço e batiam na sua cabeça.
31 En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word.
31 Depois de terem zombado dele, tiraram-lhe o manto e o vestiram com as suas próprias roupas. Então o levaram para ser crucificado.
32 En toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Cir,ne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra.
32 Ao saírem, encontraram um cireneu, chamado Simão, a quem obrigaram a carregar a cruz de Jesus.
33 En hulle het gekom op 'n plek wat Golgota genoem word -- dit beteken: Plek van die Hoofskedel --
33 E, chegando a um lugar chamado Gólgota, que significa “Lugar da Caveira”,
34 en vir Hom asyn, met gal gemeng, gegee om te drink; en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie.
34 deram vinho com fel para Jesus beber; mas ele, provando-o, não quis beber.
35 En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp.
35 Depois de o crucificarem, repartiram entre si as roupas dele, tirando a sorte.
36 En hulle het gaan sit en Hom daar bewaak.
36 E, assentados ali, o guardavam.
37 En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.
37 Por cima da cabeça de Jesus puseram por escrito a acusação contra ele: “ Este é Jesus, o Rei dos Judeus ”.
38 Toe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig, een aan die regter-- en een aan die linkerkant.
38 E dois ladrões foram crucificados com ele, um à sua direita e outro à sua esquerda.
39 En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud
39 Os que iam passando blasfemavam contra ele, balançando a cabeça e dizendo:
40 en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!
40 — Ei, você que destrói o santuário e em três dias o reedifica! Salve a si mesmo, se você é o Filho de Deus, e desça da cruz!
41 En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes en ouderlinge gespot en gesê:
41 De igual modo, os principais sacerdotes com os escribas e anciãos, zombando, diziam:
42 Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die Koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo.
42 — Salvou os outros, a si mesmo não pode salvar. É rei de Israel! Que ele desça da cruz, e então creremos nele.
43 Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou verlos as Hy behae in Hom het; want Hy het gesê: Ek is die Seun van God.
43 Confiou em Deus; pois que Deus venha livrá-lo agora, se, de fato, lhe quer bem; porque ele disse: “Sou Filho de Deus.”
44 En op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig was, Hom ook beledig.
44 Também os ladrões que haviam sido crucificados com ele o insultavam.
45 En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe;
45 A partir do meio-dia, houve trevas sobre toda a terra até as três horas da tarde.
46 en omtrent die negende uur het Jesus met 'n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagt ni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
46 Por volta de três horas da tarde, Jesus clamou em alta voz, dizendo:
47 En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Hy roep El¡a.
47 Alguns dos que estavam ali, ouvindo isto, diziam: — Ele chama por Elias.
48 Toe hardloop daar dadelik een van hulle en neem 'n spons en maak dit vol asyn, en sit dit op 'n riet en laat Hom drink.
48 E, logo, um deles correu a buscar uma esponja e, tendo-a embebido em vinagre e colocado na ponta de um caniço, deu-lhe de beber.
49 Maar die ander sê: Wag, laat ons sien of El¡a kom om Hom te verlos.
49 Os outros, porém, diziam: — Espere! Vejamos se Elias vem salvá-lo.
50 Daarop het Jesus weer met 'n groot stem geroep en die gees gegee.
50 E Jesus, clamando outra vez em alta voz, entregou o espírito.
51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;
51 Eis que o véu do santuário se rasgou em duas partes, de alto a baixo; a terra tremeu e as rochas se partiram;
52 en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.
52 os túmulos se abriram, e muitos corpos de santos já falecidos ressuscitaram;
53 En n sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.
53 e, saindo dos túmulos depois da ressurreição de Jesus, entraram na cidade santa e apareceram a muitos.
54 En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.
54 O centurião e os que com ele guardavam Jesus, vendo o terremoto e tudo o que se passava, ficaram possuídos de grande temor e disseram: — Verdadeiramente este era o Filho de Deus.
55 En daar was baie vroue wat dit van ver af aanskou het, wat vir Jesus van Galil,a af gevolg en Hom gedien het.
55 Estavam ali muitas mulheres, observando de longe. Eram as que vinham seguindo Jesus desde a Galileia, para o servir.
56 Onder hulle was daar Maria Magdal,na en Maria, die moeder van Jakobus en Joses, en die moeder van die seuns van Sebed,s.
56 Entre elas estavam Maria Madalena, Maria, mãe de Tiago e de José, e a mulher de Zebedeu.
57 En toe dit aand geword het, het daar 'n ryk man van Arimath,a gekom met die naam van Josef, wat self ook 'n dissipel van Jesus was.
57 Ao cair da tarde, veio um homem rico de Arimateia, chamado José, que era também discípulo de Jesus.
58 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word.
58 Este foi até Pilatos e lhe pediu o corpo de Jesus. Então Pilatos mandou que o corpo lhe fosse entregue.
59 En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai
59 E José, levando o corpo, envolveu-o num lençol limpo de linho
60 en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.
60 e o depositou no seu túmulo novo, que ele tinha mandado abrir na rocha; e, rolando uma grande pedra para a entrada do túmulo, foi embora.
61 En Maria Magdal,na was daar en die ander Maria, en hulle het reg voor die graf gesit.
61 Estavam ali, sentadas em frente do túmulo, Maria Madalena e a outra Maria.
62 Die volgende dag -- dit is die dag n die voorbereiding -- kom die owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus saam
62 No dia seguinte, que é o dia depois da preparação, os principais sacerdotes e os fariseus se reuniram com Pilatos
63 en sê: My heer, ons herinner ons dat die verleier, toe hy in die lewe was, gesê het: Oor drie dae staan ek op.
63 e lhe disseram: — Senhor, nós lembramos que aquele enganador, enquanto vivia, disse: “Depois de três dias ressuscitarei.”
64 Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat sy dissipels nie miskien in die nag kom en Hom steel nie, en vir die volk sê: Hy het opgestaan uit die dode. En die laaste dwaling sal erger wees as die eerste.
64 Portanto, mande que o túmulo seja guardado com segurança até o terceiro dia, para que não aconteça que, vindo os discípulos dele, o roubem e depois digam ao povo: “Ressuscitou dos mortos.” E este último engano será pior do que o primeiro.
65 Daarop sê Pilatus vir hulle: Julle sal 'n wag kry; gaan verseker dit soos julle dit verstaan.
65 Pilatos respondeu: — Uma escolta está à disposição de vocês. Vão e guardem o túmulo como bem entenderem.
66 En hulle het gegaan en die graf verseker deur die steen te verseël in teenwoordigheid van die wag.
66 Indo eles, montaram guarda ao túmulo, selando a pedra e deixando ali a escolta.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Mateus 27, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.