Mateus 25
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARC
1 Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
1 Então, o Reino dos céus será semelhante a dez virgens que, tomando as suas lâmpadas, saíram ao encontro do esposo.
2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
2 E cinco delas eram prudentes, e cinco, loucas.
3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.
3 As loucas, tomando as suas lâmpadas, não levaram azeite consigo.
4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
4 Mas as prudentes levaram azeite em suas vasilhas, com as suas lâmpadas.
5 En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
5 E, tardando o esposo, tosquenejaram todas e adormeceram.
6 En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
6 Mas, à meia-noite, ouviu-se um clamor: Aí vem o esposo! Saí-lhe ao encontro!
7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
7 Então, todas aquelas virgens se levantaram e prepararam as suas lâmpadas.
8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
8 E as loucas disseram às prudentes: Dai-nos do vosso azeite, porque as nossas lâmpadas se apagam.
9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
9 Mas as prudentes responderam, dizendo:
10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
10 E, tendo elas ido comprá-lo, chegou o esposo, e as que estavam preparadas entraram com ele para as bodas, e fechou-se a porta.
11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
11 E, depois, chegaram também as outras virgens, dizendo: Senhor, senhor, abre-nos a porta!
12 Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
12 E ele, respondendo, disse: Em verdade vos digo que vos não conheço.
13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.
13 Vigiai, pois, porque não sabeis o Dia nem a hora em que o Filho do Homem há de vir.
14 Want dit is soos 'n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.
14 Porque isto é também como um homem que, partindo para fora da terra, chamou os seus servos, e entregou-lhes os seus bens,
15 En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.
15 e a um deu cinco talentos, e a outro, dois, e a outro, um, a cada um segundo a sua capacidade, e ausentou-se logo para longe.
16 En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.
16 E, tendo ele partido, o que recebera cinco talentos negociou com eles e granjeou outros cinco talentos.
17 Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.
17 Da mesma sorte, o que
18 Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.
18 Mas o que recebera um foi, e cavou na terra, e escondeu o dinheiro do seu senhor.
19 En n 'n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.
19 E, muito tempo depois, veio o senhor daqueles servos e ajustou contas com eles.
20 En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien.
20 Então, aproximou-se o que recebera cinco talentos e trouxe-lhe outros cinco talentos, dizendo: Senhor, entregaste-me cinco talentos; eis aqui outros cinco talentos que ganhei com eles.
21 En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
21 E o seu senhor lhe disse: Bem Sobre o pouco foste fiel, sobre muito te colocarei; entra no gozo do teu senhor.
22 En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.
22 E, chegando também o que tinha recebido dois talentos, disse: Senhor, entregaste-me dois talentos; eis que com eles ganhei outros dois talentos.
23 Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
23 Disse-lhe o seu senhor: Bem
24 En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u 'n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;
24 Mas, chegando também o que recebera um talento disse: Senhor, eu conhecia-te, que és um homem duro, que ceifas onde não semeaste e ajuntas onde não espalhaste;
25 omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.
25 e, atemorizado, escondi na terra o teu talento; aqui tens o
26 Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie.
26 Respondendo, porém, o seu senhor, disse-lhe: Mau e negligente servo; sabes que ceifo onde não semeei e ajunto onde não espalhei;
27 Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.
27 devias, então, ter dado o meu dinheiro aos banqueiros, e, quando eu viesse, receberia o que é meu com os juros.
28 Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het;
28 Tirai-lhe, pois, o talento e dai-o ao que tem os dez talentos.
29 want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
29 Porque a qualquer que tiver será dado, e terá em abundância; mas ao que não tiver, até o que tem ser-lhe-á tirado.
30 En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.
30 Lançai, pois, o servo inútil nas trevas exteriores; ali, haverá pranto e ranger de dentes.
31 En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;
31 E, quando o Filho do Homem vier em sua glória, e todos os santos anjos, com ele, então, se assentará no trono da sua glória;
32 en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;
32 e todas as nações serão reunidas diante dele, e apartará uns dos outros, como o pastor aparta dos bodes as ovelhas.
33 en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.
33 E porá as ovelhas à sua direita, mas os bodes à esquerda.
34 Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.
34 Então, dirá o Rei aos que Vinde, benditos de meu Pai, possuí por herança o Reino que vos está preparado desde a fundação do mundo;
35 Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
35 porque tive fome, e destes-me de comer; tive sede, e destes-me de beber; era estrangeiro, e hospedastes-me;
36 Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
36 e vestistes-me; adoeci, e visitastes-me; estive na prisão, e fostes ver-me.
37 Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
37 Então, os justos lhe responderão, dizendo: Senhor, quando te vimos com fome e
38 En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
38 E, quando te vimos estrangeiro e
39 En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
39 E, quando te vimos enfermo ou na prisão e fomos ver-te?
40 En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
40 E, respondendo o Rei, lhes dirá: Em verdade vos digo que, quando o fizestes a um destes meus pequeninos irmãos, a mim
41 Dan sal Hy ook vir die aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
41 Então, dirá também Apartai-vos de mim, malditos, para o fogo eterno, preparado para o diabo e seus anjos;
42 Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.
42 porque tive fome, e não me destes de comer; tive sede, e não me destes de beber;
43 Ek was 'n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.
43 sendo estrangeiro, não me recolhestes;
44 Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of 'n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?
44 Então, eles também lhe responderão, dizendo: Senhor, quando te vimos com fome, ou com sede, ou estrangeiro, ou nu, ou enfermo, ou na prisão e não te servimos?
45 Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.
45 Então, lhes responderá, dizendo: Em verdade vos digo que, quando a um destes pequeninos
46 En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.
46 E irão estes para o tormento eterno, mas os justos, para a vida eterna.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Mateus 25, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.