Marcos 8

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 In die dae toe daar 'n baie groot menigte was en hulle niks gehad het om te eet nie, het Jesus sy dissipels na Hom geroep en vir hulle gesê:
1 Naqueles dias, sendo a multidão muito grande, e não tendo o que comer, Jesus chamou a si os seus discípulos, e disse-lhes:
2 Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie.
2 Eu tenho compaixão da multidão, porque já estão comigo há três dias, e não têm o que comer;
3 En as Ek hulle honger huis toe stuur, sal hulle op die pad beswyk, want sommige van hulle kom van ver.
3 e, se os deixar ir em jejum, para suas casas, desfalecerão no caminho; porquanto vários deles vieram de longe.
4 En sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan sal 'n mens hulle hier in die woestyn kan versadig met brood?
4 E os seus discípulos responderam-lhe: De onde poderá um homem satisfazer estes homens com pão aqui no deserto?
5 Toe vra Hy hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle sê: Sewe.
5 E ele perguntou-lhes: Quantos pães tendes? E disseram-lhe: Sete.
6 En Hy gee aan die skare bevel om op die grond te gaan sit; daarop neem Hy die sewe brode, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels om dit voor te sit; en hulle sit dit aan die skare voor.
6 E ele ordenou ao povo que se assentasse no chão. E, tomando os sete pães, e tendo dado graças, partiu-os, e deu-os aos seus discípulos, para colocarem diante deles, e puseram-nos diante do povo.
7 Hulle het ook 'n paar vissies gehad; en nadat Hy gedank het, sê Hy dat hulle dit ook moet voorsit.
7 E tendo alguns pequenos peixes, ele os abençoou, e também ordenou-lhes para que colocassem diante deles.
8 En hulle het geëet en versadig geword en die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.
8 Então eles comeram, e saciaram-se; e tomaram dos pedaços que sobraram, sete cestos.
9 En die wat geëet het, was omtrent vier duisend. En Hy het hulle weggestuur.
9 E os que haviam comido eram cerca de quatro mil; e ele os despediu.
10 En dadelik het Hy met sy dissipels in die skuit geklim en in die streke van Dalmanuta gekom.
10 E ele entrando imediatamente no barco com os seus discípulos, foi para as regiões de Dalmanuta.
11 En die Fariseërs het uitgegaan en met Hom begin redetwis en van Hom 'n teken uit die hemel gevra om Hom te versoek.
11 E vindo os fariseus, começaram a questioná-lo, tentando-o, procurando um sinal do céu.
12 Toe sug Hy swaar in sy gees en sê: Waarom begeer hierdie geslag 'n teken? Voorwaar Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie.
12 E, suspirando profundamente em seu espírito, disse: Por que procura esta geração um sinal? Na verdade eu vos digo que a esta geração não se dará nenhum sinal.
13 En Hy het hulle verlaat en weer in die skuit geklim en na die oorkant gegaan.
13 E, deixando-os, tornou a entrar no barco, e foi para o outro lado.
14 En hulle het vergeet om brode saam te neem, en het net een brood by hulle in die skuit gehad.
14 Ora, os discípulos tinham se esquecido de levar pães, e no barco não tinham consigo senão um pão.
15 En Hy het hulle beveel en gesê: Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.
15 E ele ordenou-lhes, dizendo: Fiquem atentos, guardai-vos do fermento dos fariseus e do fermento de Herodes.
16 Toe redeneer hulle onder mekaar en sê: Dit is omdat ons geen brode het nie.
16 E eles arrazoavam entre si, dizendo: Isto é porque não temos pão.
17 En Jesus merk dit en sê vir hulle: Waarom redeneer julle dat julle geen brode het nie? Begryp julle nie en verstaan julle nie? Het julle nog jul verharde hart?
17 E Jesus, percebendo isso, disse-lhes: Por que argumentais, por não terdes pão? Ainda não percebeis, nem compreendeis? Tendes ainda o vosso coração endurecido?
18 Het julle oë en sien julle nie? En het julle ore en hoor julle nie?
18 Tendo olhos, não vedes? E tendo ouvidos, não ouvis? E não vos lembrais?
19 En onthou julle nie toe Ek die vyf brode vir die vyf duisend gebreek het, hoeveel mandjies vol brokstukke julle opgetel het nie? Hulle sê vir Hom: Twaalf.
19 Quando eu parti os cinco pães entre os cinco mil, quantos cestos cheios de pedaços tomastes? E eles disseram-lhe: Doze.
20 En die sewe vir die vier duisend -- hoeveel mandjies vol brokstukke het julle opgetel? En hulle sê: Sewe.
20 E, quando parti os sete entre os quatro mil, quantos cestos cheios de pedaços tomastes? E disseram-lhe: Sete.
21 Toe sê Hy vir hulle: Hoe verstaan julle dan nie!
21 E ele lhes disse: Como é que vocês não compreendem ainda?
22 En Hy het in Bets ida gekom, en hulle het 'n blinde man na Hom gebring en Hom gesmeek om hom aan te raak.
22 E ele chegou a Betsaida; e trouxeram-lhe um homem cego, e pediram-lhe para tocá-lo.
23 Hy neem toe die blinde by die hand en lei hom uit buitekant die dorp; en nadat Hy in sy oë gespuug en hom die hande opgelê het, vra Hy hom of hy iets sien.
23 E ele tomou o homem cego pela mão, e o levou para fora da aldeia; e ele cuspindo nos seus olhos, e impondo suas mãos sobre ele, perguntou-lhe se ele enxergava alguma coisa.
24 En hy kyk op en sê: Ek sien die mense, want ek sien hulle soos bome rondloop.
24 E ele, olhando para cima, disse: Eu vejo homens como árvores, andando.
25 Daarna lê Hy weer die hande op sy oë en laat hom opkyk, en hy is herstel en het almal van ver af duidelik gesien.
25 Depois disto, ele colocou novamente suas mãos sobre os seus olhos, e o fez olhar para cima; e ele foi restaurado, e viu a cada homem claramente.
26 En Hy het hom na sy huis gestuur en gesê: Moenie in die dorp gaan of dit aan iemand in die dorp vertel nie.
26 E ele o mandou embora para sua casa, dizendo: Nem entres na aldeia, nem o digas a ninguém da aldeia.
27 En Jesus en sy dissipels het uitgegaan na die dorpe van Cesar,a-Fil¡ppi; en op die pad vra Hy sy dissipels en sê vir hulle: Wie sê die mense is Ek?
27 E saiu Jesus, e os seus discípulos, para as aldeias de Cesareia de Filipe; no caminho ele perguntou aos seus discípulos, dizendo: Quem dizem os homens que eu sou?
28 En hulle antwoord: Johannes die Doper, en ander: El¡a, en ander: Een van die profete.
28 E eles responderam: João, o Batista; mas alguns dizem: Elias; e outros: Um dos profetas.
29 En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê vir Hom: U is die Christus.
29 E ele lhes disse: Mas vós, quem dizeis que eu sou? E, respondendo Pedro, lhe disse: Tu és o Cristo.
30 En Hy het hulle streng beveel om niemand van Hom te vertel nie.
30 E ele ordenou-lhes que não contassem a nenhum homem sobre ele.
31 Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en n drie dae opstaan.
31 E ele começou a ensinar-lhes que o Filho do homem deveria sofrer muitas coisas, e ser rejeitado pelos anciãos, e pelos principais sacerdotes e escribas, que fosse morto, e após três dias ressuscitar.
32 En hierdie woord het Hy ronduit gespreek. En Petrus het Hom opsy geneem en Hom begin bestraf.
32 E ele falava estas palavras publicamente. E Pedro, tomando-o, começou a repreendê-lo.
33 Maar Hy het Hom omgedraai, en terwyl Hy sy dissipels aankyk, het Hy Petrus bestraf en gesê: Gaan weg agter My, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar die van die mense.
33 Mas ele, virando-se, e olhando para os seus discípulos, repreendeu a Pedro, dizendo: Para trás de mim, Satanás; porque tu não tens gosto das coisas que são de Deus, mas das coisas que são dos homens.
34 En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
34 E chamando a si a multidão, com os seus discípulos, disse-lhes: Se alguém quiser vir após mim, negue-se a si mesmo, tome a sua cruz, e siga-me.
35 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.
35 Porque aquele que quiser salvar a sua vida, perdê-la-á; mas quem perder a sua vida por minha causa e do evangelho, salvá-la-á.
36 Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?
36 Porquanto, que lucro tem o homem em ganhar o mundo inteiro, se perder a sua própria alma?
37 Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?
37 Ou que dará o homem em troca de sua alma?
38 Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.
38 Porquanto, qualquer que, entre esta geração adúltera e pecadora, se envergonhar de mim e das minhas palavras, também dele se envergonhará o Filho do homem, quando vier na glória de seu Pai, com os santos anjos.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Marcos 8, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.