Marcos 13
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA
1 En toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter klippe en watter geboue!
1 Ao sair Jesus do templo, disse-lhe um de seus discípulos: Mestre! Que pedras, que construções!
2 En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie!
2 Mas Jesus lhe disse: Vês estas grandes construções? Não ficará pedra sobre pedra, que não seja derribada.
3 En toe Hy gaan sit het op die Olyfberg, regoor die tempel, vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andr,as Hom afsonderlik:
3 No monte das Oliveiras, defronte do templo, achava-se Jesus assentado, quando Pedro, Tiago, João e André lhe perguntaram em particular:
4 Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken wanneer al hierdie dinge volbring word?
4 Dize-nos quando sucederão estas coisas, e que sinal haverá quando todas elas estiverem para cumprir-se.
5 En Jesus antwoord hulle en begin te sê: Pas op dat niemand julle mislei nie.
5 Então, Jesus passou a dizer-lhes: Vede que ninguém vos engane.
6 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei.
6 Muitos virão em meu nome, dizendo: Sou eu; e enganarão a muitos.
7 Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie.
7 Quando, porém, ouvirdes falar de guerras e rumores de guerras, não vos assusteis; é necessário assim acontecer, mas ainda não é o fim.
8 Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is 'n begin van die smarte.
8 Porque se levantará nação contra nação, e reino, contra reino. Haverá terremotos em vários lugares e também fomes. Estas coisas são o princípio das dores.
9 Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot 'n getuienis.
9 Estai vós de sobreaviso, porque vos entregarão aos tribunais e às sinagogas; sereis açoitados, e vos farão comparecer à presença de governadores e reis, por minha causa, para lhes servir de testemunho.
10 En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.
10 Mas é necessário que primeiro o evangelho seja pregado a todas as nações.
11 En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in die uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.
11 Quando, pois, vos levarem e vos entregarem, não vos preocupeis com o que haveis de dizer, mas o que vos for concedido naquela hora, isso falai; porque não sois vós os que falais, mas o Espírito Santo.
12 En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.
12 Um irmão entregará à morte outro irmão, e o pai, ao filho; filhos haverá que se levantarão contra os progenitores e os matarão.
13 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
13 Sereis odiados de todos por causa do meu nome; aquele, porém, que perseverar até ao fim, esse será salvo.
14 En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie -- laat hom wat lees, oplet -- dan moet die wat in Judiais, na die berge vlug;
14 Quando, pois, virdes o abominável da desolação situado onde não deve estar (quem lê entenda), então, os que estiverem na Judeia fujam para os montes;
15 en wie op die dak is, moet nie afkom in die huis en ook nie ingaan om iets uit sy huis weg te neem nie;
15 quem estiver em cima, no eirado, não desça nem entre para tirar da sua casa alguma coisa;
16 en wie op die land is, moet nie omdraai na wat agter is om sy kleed weg te neem nie.
16 e o que estiver no campo não volte atrás para buscar a sua capa.
17 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae!
17 Ai das que estiverem grávidas e das que amamentarem naqueles dias!
18 En bid dat julle vlug nie in die winter mag plaasvind nie.
18 Orai para que isso não suceda no inverno.
19 Want daardie dae sal daar 'n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie.
19 Porque aqueles dias serão de tamanha tribulação como nunca houve desde o princípio do mundo, que Deus criou, até agora e nunca jamais haverá.
20 En as die Here die dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy die dae verkort.
20 Não tivesse o Senhor abreviado aqueles dias, e ninguém se salvaria; mas, por causa dos eleitos que ele escolheu, abreviou tais dias.
21 En as iemand d n vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! -- moet dit nie glo nie.
21 Então, se alguém vos disser: Eis aqui o Cristo! Ou: Ei-lo ali! Não acrediteis;
22 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
22 pois surgirão falsos cristos e falsos profetas, operando sinais e prodígios, para enganar, se possível, os próprios eleitos.
23 Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê.
23 Estai vós de sobreaviso; tudo vos tenho predito.
24 Maar in daardie dae, n die verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,
24 Mas, naqueles dias, após a referida tribulação, o sol escurecerá, a lua não dará a sua claridade,
25 en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.
25 as estrelas cairão do firmamento, e os poderes dos céus serão abalados.
26 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.
26 Então, verão o Filho do Homem vir nas nuvens, com grande poder e glória.
27 En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.
27 E ele enviará os anjos e reunirá os seus escolhidos dos quatro ventos, da extremidade da terra até à extremidade do céu.
28 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
28 Aprendei, pois, a parábola da figueira: quando já os seus ramos se renovam, e as folhas brotam, sabeis que está próximo o verão.
29 So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, voor die deur.
29 Assim, também vós: quando virdes acontecer estas coisas, sabei que está próximo, às portas.
30 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
30 Em verdade vos digo que não passará esta geração sem que tudo isto aconteça.
31 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
31 Passará o céu e a terra, porém as minhas palavras não passarão.
32 Maar van daardie dag en die uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.
32 Mas a respeito daquele dia ou da hora ninguém sabe; nem os anjos no céu, nem o Filho, senão o Pai.
33 Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
33 Estai de sobreaviso, vigiai [e orai]; porque não sabeis quando será o tempo.
34 Dit is soos 'n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak.
34 É como um homem que, ausentando-se do país, deixa a sua casa, dá autoridade aos seus servos, a cada um a sua obrigação, e ao porteiro ordena que vigie.
35 Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie;
35 Vigiai, pois, porque não sabeis quando virá o dono da casa: se à tarde, se à meia-noite, se ao cantar do galo, se pela manhã;
36 dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie.
36 para que, vindo ele inesperadamente, não vos ache dormindo.
37 En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!
37 O que, porém, vos digo, digo a todos: vigiai!
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Marcos 13, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.