Levítico 23

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
1 E o SENHOR falou a Moisés, dizendo:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye.
2 Fala aos filhos de Israel, e dize-lhes: a respeito das solenidades do SENHOR, proclamareis que serão santas convocações; estas são as minhas solenidades.
3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit 'n dag van volkome rus, 'n heilige vierdag; g,,n werk mag julle doen nie dit is 'n sabbat van die HERE in al julle woonplekke.
3 Seis dias será feito trabalho, mas o sétimo dia será o shabat do descanso, uma santa convocação; nenhum trabalho fareis nele; isto é o shabat do SENHOR em todas as vossas habitações.
4 Dit is die feestye van die HERE, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.
4 Estas são as solenidades do SENHOR, as santas convocações, que proclamareis nas suas estações.
5 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die HERE;
5 No décimo quarto dia do primeiro mês, pela tarde, é a Páscoa do SENHOR.
6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.
6 E no décimo quinto dia do mesmo mês é a festa dos pães ázimos do SENHOR; sete dias comereis pães ázimos.
7 Op die eerste dag moet daar vir julle 'n heilige vierdag wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie.
7 No primeiro dia, tereis uma santa convocação; nenhum trabalho servil fareis nele;
8 Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar 'n heilige vierdag wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie.
8 mas por sete dias oferecereis uma oferta feita por fogo ao SENHOR; ao sétimo dia haverá uma santa convocação; nenhum trabalho servil fareis nele.
9 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
9 E o SENHOR falou a Moisés, dizendo:
10 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.
10 Fala aos filhos de Israel, e dize-lhes: quando entrardes na terra que eu vos hei de dar, e colherdes a sua ceifa; então trareis um molho das primícias da vossa ceifa ao sacerdote;
11 En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag n die sabbat moet die priester dit beweeg.
11 e ele moverá o molho perante o SENHOR, para que sejais aceitos; no dia seguinte após o shabat o sacerdote o moverá.
12 Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, 'n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei,
12 E vós oferecereis naquele dia em que moverdes o molho um cordeiro de um ano, sem defeito, por uma oferta queimada ao SENHOR.
13 en die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van 'n efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan die HERE, 'n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, 'n kwart hin.
13 E a sua oferta de alimentos será dois décimos de farinha fina, misturada com óleo, uma oferta feita por fogo em cheiro suave ao SENHOR, e a oferta de bebida será de vinho, a quarta parte de um him.
14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
14 E não comereis pão, nem grão ressequido, nem espigas verdes, até aquele mesmo dia em que trouxerdes a oferta do vosso Deus; Isto será um estatuto eterno por vossas gerações, em todas as vossas habitações.
15 Dan moet julle tel van die dag n die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees;
15 E para vós contareis desde o dia seguinte do shabat, desde o dia em que trouxerdes o molho da oferta movida; sete shabats serão completos.
16 tot die dag n die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle 'n nuwe spysoffer aan die HERE bring.
16 Até ao dia seguinte ao sétimo shabat, contareis cinquenta dias; e oferecereis uma nova oferta de alimentos ao SENHOR.
17 Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van 'n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE.
17 Vós trareis das vossas habitações dois pães de movimento; eles serão de duas dízimas de farinha fina; eles serão assados com fermento; eles são as primícias ao SENHOR.
18 Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet 'n brandoffer aan die HERE wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
18 E oferecereis com o pão sete cordeiros de um ano, sem defeito, e um novilho, e dois carneiros; oferta queimada serão ao SENHOR, com a sua oferta de alimentos e as suas ofertas de bebida, por oferta feita por fogo, de cheiro suave ao SENHOR.
19 En julle moet een bokram as sondoffer berei. Ook twee jaaroud lammers as dankoffer,
19 Então sacrificareis um cabrito dos bodes, por oferta pelo pecado e dois cordeiros de um ano por sacrifício das ofertas de paz.
20 en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg saam met die twee lammers; die moet aan die HERE heilig wees, ten voordele van die priester.
20 E o sacerdote os moverá com o pão das primícias por oferta movida perante o SENHOR, com os dois cordeiros; eles serão santos para o SENHOR e para o sacerdote.
21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: 'n heilige vierdag moet dit vir julle wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie. Dit is 'n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.
21 E proclamareis naquele mesmo dia que tereis santa convocação; nenhum trabalho servil fareis nele; isto será um estatuto eterno em todas as vossas habitações por todas as vossas gerações.
22 En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
22 E quando colherdes a ceifa da vossa terra, não acabarás de colher os cantos do teu campo, nem colherás as espigas caídas da tua safra; tu as deixarás para o pobre e para o estrangeiro. Eu sou o SENHOR vosso Deus.
23 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
23 E o SENHOR falou a Moisés, dizendo:
24 Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle 'n rusdag wees, 'n gedenkdag deur basuingeklank, 'n heilige vierdag.
24 Fala aos filhos de Israel, dizendo: no sétimo mês, no primeiro dia do mês, tereis um shabat, um memorial de soprar de trombetas, uma santa convocação.
25 G,,n beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan die HERE 'n vuuroffer bring.
25 Nenhum trabalho servil fareis nele, mas oferecereis uma oferta feita por fogo ao SENHOR.
26 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
26 E o SENHOR falou a Moisés, dizendo:
27 Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. 'n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan die HERE 'n vuuroffer bring.
27 E também no décimo dia deste sétimo mês, será o dia da expiação; será uma santa convocação para vós, e afligireis as vossas almas, e oferecereis uma oferta feita por fogo ao SENHOR.
28 En op daardie selfde dag mag julle g,,n werk doen nie, want dit is 'n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van die HERE julle God.
28 E nesse mesmo dia nenhum trabalho fareis, porque este é o dia da expiação, para fazer expiação por vós perante o SENHOR vosso Deus.
29 Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
29 Porque qualquer que seja a alma que, nesse mesmo dia não se afligir, ela será cortada dentre o seu povo.
30 Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen, die siel sal Ek uitroei onder sy volk uit.
30 E qualquer que seja a alma que fizer algum trabalho nesse mesmo dia, esta mesma alma eu destruirei dentre o seu povo.
31 Julle mag g,,n werk doen nie; dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
31 Nenhum tipo de trabalho fareis; isto será um estatuto eterno pelas vossas gerações, em todas as vossas habitações.
32 'n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.
32 Isto será para vós um shabat de descanso; e afligireis as vossas almas; no nono dia do mês à tarde, de uma tarde à outra tarde, celebrareis o vosso shabat.
33 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
33 E o SENHOR falou a Moisés, dizendo:
34 Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die HERE.
34 Fala aos filhos de Israel, dizendo: ao décimo quinto dia deste sétimo mês, por sete dias, será a festa dos tabernáculos ao SENHOR.
35 Op die eerste dag moet daar 'n heilige vierdag wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie.
35 No primeiro dia, haverá uma santa convocação; nenhum trabalho servil fareis nele.
36 Sewe dae lank moet julle aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle 'n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE 'n vuuroffer bring. Dit is 'n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.
36 Sete dias oferecereis uma oferta feita por fogo ao SENHOR; no dia oitavo, tereis uma santa convocação, e oferecereis ofertas feitas por fogo ao SENHOR; isto é uma assembleia solene, e nenhum trabalho servil fareis nele.
37 Dit is die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan die HERE 'n vuuroffer te bring: 'n brandoffer en spysoffer, 'n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe;
37 Estas são as solenidades do SENHOR, que proclamareis para serem santas convocações, para oferecer ao SENHOR uma oferta feita por fogo, uma oferta queimada e uma oferta de alimentos, um sacrifício e ofertas de bebida, cada coisa no seu dia,
38 behalwe die sabbatte van die HERE en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan die HERE gee.
38 além dos shabats do SENHOR, e além dos vossos dons, e além de todos os vossos votos, e além de todas as vossas ofertas voluntárias que dareis ao SENHOR.
39 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van die HERE sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag.
39 Também, no décimo quinto dia do sétimo mês, quando tiverdes recolhido o fruto da terra, celebrareis a festa do SENHOR, por sete dias; no dia primeiro haverá um shabat, e no dia oitavo haverá um shabat.
40 En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van die HERE julle God vrolik wees.
40 E tomareis para vós, no primeiro dia, ramos de árvores formosas, ramos de palmeiras, ramos de árvores espessas e salgueiros de ribeiros; e vos alegrareis perante o SENHOR vosso Deus por sete dias.
41 En julle moet dit as fees van die HERE sewe dae in die jaar vier. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.
41 E celebrareis esta festa ao SENHOR por sete dias no ano; isto será um estatuto eterno pelas vossas gerações; vós a celebrareis no sétimo mês.
42 Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon,
42 Vós habitareis em tendas por sete dias; todos os nascidos em Israel habitarão em tendas;
43 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.
43 para que as vossas gerações saibam que eu fiz os filhos de Israel habitarem em tendas, quando eu os trouxe da terra do Egito. Eu sou o SENHOR vosso Deus.
44 So het Moses dan die feestye van die HERE aan die kinders van Israel bekend gemaak.
44 E Moisés declarou aos filhos de Israel as solenidades do SENHOR.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Levítico 23, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.