Levítico 22
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ
1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
1 E o SENHOR falou a Moisés, dizendo:
2 Spreek met A„ron en sy seuns dat hulle versigtig moet wees met die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle aan My heilig sodat hulle my heilige Naam nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
2 Dize a Arão e a seus filhos que eles se separem das coisas santas dos filhos de Israel, e que eles não profanem o meu santo nome nestas coisas que eles consagram a mim. Eu sou o SENHOR.
3 Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, die siel moet uitgeroei word van my aangesig af weg. Ek is die HERE.
3 Dize-lhes: Qualquer pessoa de toda a vossa semente que entre as vossas gerações se chegar às coisas santas que os filhos de Israel santificam ao SENHOR, tendo sobre si a sua impureza, aquela alma será cortada da minha presença. Eu sou o SENHOR.
4 Niemand uit die nageslag van A„ron wat melaats is of 'n vloeiing het, mag van die heilige gawes eet voordat hy rein is nie. En hy wat aan iemand raak wat deur 'n lyk onrein is, of van wie 'n saadvloeiing uitgaan,
4 Qualquer homem da semente de Arão que for leproso ou tiver um corrimento não comerá das coisas santas, até que esteja limpo; e quem tocar alguma coisa que é impura de cadáver, ou um homem cuja semente sai dele;
5 of iemand wat aan enige kruipende ongedierte raak, waardeur hy onrein word, of aan 'n mens, deur wie hy onrein word ten gevolge van watter onreinheid ook al
5 ou qualquer que tocar alguma coisa rastejante, pela qual se fez impuro, ou a algum homem, de quem se pegou impureza, seja qual for a sua impureza.
6 die persoon wat aan so iets raak, sal tot die aand toe onrein wees, en hy mag van die heilige gawes nie eet nie tensy dat hy sy liggaam in die water gebad het.
6 A alma que nele tocar será impura até a tarde, e não comerá das coisas santas, a não ser que ele lave a sua carne com água.
7 Maar as die son onder is, sal hy rein wees; en daarna kan hy van die heilige gawes eet, want dit is sy voedsel.
7 E quando o sol se pôr, ele estará limpo, e depois comerá das coisas santas; porque este é o seu alimento.
8 Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat hy daardeur nie onrein word nie. Ek is die HERE.
8 Aquilo que morreu por si, ou foi dilacerado por animais, ele não comerá, para que não se contamine. Eu sou o SENHOR.
9 Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle weens die heilige gawes geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die HERE wat hulle heilig.
9 Portanto, eles guardarão a minha ordenança, para que por isso não levem pecado e, portanto, morram nele, havendo-o profanado. Eu, o SENHOR, os santifico.
10 Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. 'n Bywoner van 'n priester en 'n dagloner mag nie eet wat heilig is nie.
10 Nenhum estranho comerá coisa santa; nem o hóspede do sacerdote, nem o servo contratado; não comerão da coisa santa.
11 Maar as 'n priester iemand met sy geld koop, mag die daarvan eet, en die wat in sy huis gebore is; hulle mag van sy voedsel eet.
11 Mas se o sacerdote comprar alguém com o seu dinheiro, ele comerá disto, e aquele que é nascido na sua casa; estes comerão de seu alimento.
12 Maar as die dogter van 'n priester aan 'n vreemde behoort, mag sy van die offergawe van die heilige gawes nie eet nie.
12 Se a filha do sacerdote também se casar com um estrangeiro, ela não comerá da oferta das coisas santas.
13 Maar as die dogter van 'n priester weduwee is of verstoot word en sy kinderloos is en in die huis van haar vader terugkom soos in haar jeug, dan mag sy van die voedsel van haar vader eet; maar geen onbevoegde mag daarvan eet nie.
13 Mas se a filha do sacerdote for viúva, ou divorciada, e não tiver filho, e se houver tornado à casa de seu pai, como na sua juventude, ela poderá comer da carne do seu pai; mas nenhum estrangeiro comerá dele.
14 En as iemand by vergissing iets eet wat heilig is, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg, en so wat heilig is, aan die priester teruggee.
14 E se algum homem comer da coisa santa involuntariamente, então sobre ela acrescentará a sua quinta parte, e a dará ao sacerdote com a coisa santa.
15 So moet hulle dan die heilige gawes wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, nie ontheilig
15 E eles não profanarão as coisas santas dos filhos de Israel, que eles oferecem ao SENHOR,
16 en op hulle geen strafbare skuld laai deurdat hulle die heilige gawes sou eet nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
16 fazendo com que eles carreguem a iniquidade da transgressão, quando eles comem as suas coisas santas; porque eu, o SENHOR, os santifico.
17 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
17 E o SENHOR falou a Moisés, dizendo:
18 Spreek met A„ron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Enigeen uit die huis van Israel of uit die vreemdelinge in Israel wat sy offer bring volgens al hulle geloftes en al hulle vrywillige offers wat hulle aan die HERE as brandoffer bring
18 Fala a Arão, e a seus filhos, e a todos os filhos de Israel, e dize-lhes: qualquer que seja da casa de Israel ou dos estrangeiros em Israel, que oferecer a sua oblação por todos os seus votos, e por todas as suas ofertas voluntárias, que eles oferecerão ao SENHOR como uma oferta queimada,
19 moet dit so bring, dat julle welgevalle vind: 'n dier van die manlike geslag sonder gebrek, van die beeste, die lammers of die bokke.
19 oferecerá segundo a sua própria vontade, um macho sem defeito, dos bois, das ovelhas, ou das cabras.
20 Julle mag nie iets bring waar 'n liggaamsgebrek aan is nie, want dit sal julle nie ten goede kom nie.
20 Mas nenhuma coisa em que haja defeito oferecereis, porque não seria aceitável de vós.
21 En as iemand 'n dankoffer aan die HERE offer om 'n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie.
21 E quando alguém oferecer um sacrifício das ofertas de paz ao SENHOR, para realizar seu voto, ou oferta voluntária, com bois ou ovelhas, este será perfeito para que seja aceito; não haverá defeito nele.
22 Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het of swere of skurfte of uitslag dit moet julle aan die HERE nie bring nie, en daarvan mag julle vir die HERE geen vuuroffer op die altaar lê nie.
22 Cego, ou quebrado, ou mutilado, ou que tenha sarna, ou escorbuto, ou com impigens, estes não oferecereis ao SENHOR, nem deles fareis oferta por fogo sobre o altar ao SENHOR.
23 Maar 'n bees of stuk kleinvee waarvan 'n liggaamsdeel te lank of te kort is, mag jy as vrywillige offer berei; maar as gelofte offer sal dit nie met welgevalle aangeneem word nie.
23 Qualquer novilho ou cordeiro, com alguma coisa em excesso, ou faltando em suas partes, poderás oferecer por oferta voluntária, mas por um voto não será aceito.
24 'n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan die HERE nie bring nie: in julle land mag julle dit nie doen nie,
24 Não oferecereis ao SENHOR o que está machucado, ou moído, ou quebrado, ou cortado; não fareis qualquer oferta assim na vossa terra.
25 en uit die hand van 'n uitlander mag julle van al hierdie diere aan julle God geen spys bring nie, want hulle verminking is aan hulle, 'n liggaamsgebrek is aan hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie.
25 Nem da mão do estrangeiro oferecereis pão ao vosso Deus, de todas estas coisas, porque a sua corrupção está nelas; e há nelas defeito; não serão aceitas de vós.
26 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
26 E o SENHOR falou a Moisés, dizendo:
27 As 'n bees of 'n lam of 'n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word as 'n vuuroffergawe aan die HERE.
27 Quando o novilho, ou ovelha, ou cabra, nasce, sete dias estará debaixo de sua mãe; do oitavo dia em diante será aceito por oferta feita por fogo ao SENHOR.
28 'n Bees of stuk kleinvee mag julle ook nie saam met sy kleintjie op een dag slag nie.
28 E quer seja vaca ou ovelha, vós não a matareis e a seu filhote, ambos em um dia.
29 En as julle 'n lofoffer aan die HERE bring, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.
29 E quando oferecerdes sacrifício de ações de graça ao SENHOR, vós o oferecereis de vossa própria vontade.
30 Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek is die HERE.
30 No mesmo dia se comerá; nada deixareis ficar até a manhã. Eu sou o SENHOR.
31 Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die HERE.
31 Portanto, guardareis os meus mandamentos e os cumprireis. Eu sou o SENHOR.
32 En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die HERE wat julle heilig,
32 Nem profanareis o meu santo nome, mas serei santificado entre os filhos de Israel. Eu sou o SENHOR que vos santifico,
33 wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle 'n God te wees. Ek is die HERE.
33 que vos tirei da terra do Egito, para ser vosso Deus. Eu sou o SENHOR.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Levítico 22, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.