Levítico 21

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA

Sair da comparação
NAA Nova Almeida Atualizada 2017
1 Verder het die HERE vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van A„ron, en sê vir hulle: Aan 'n dooie moet 'n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;
1 O Senhor disse a Moisés: — Fale aos sacerdotes, os filhos de Arão, e diga-lhes: O sacerdote não se contaminará por causa de um morto entre o seu povo,
2 behalwe aan sy bloedverwant, sy nabestaande: aan sy moeder en sy vader en sy seun en sy dogter en sy broer;
2 a não ser que se trate de um parente mais chegado: a mãe, o pai, um filho, uma filha, um irmão.
3 en aan sy suster wat jongmeisie is, sy nabestaande, wat nie aan 'n man toebehoort het nie aan haar mag hy hom verontreinig.
3 Também no caso da morte de uma irmã virgem, chegada a ele, que ainda não teve marido, pode contaminar-se.
4 Hy mag hom as getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.
4 Ele, sendo homem principal entre o seu povo, não se contaminará, pois ele se profanaria.
5 Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.
5 Os sacerdotes não farão calva na sua cabeça e não cortarão as extremidades da barba, nem farão cortes no próprio corpo.
6 Heilig moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die HERE, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.
6 Serão santos para o seu Deus e não profanarão o nome do seu Deus, porque oferecem as ofertas queimadas do Senhor , o pão de seu Deus; portanto, serão santos.
7 Hulle mag geen vrou neem wat 'n hoer of 'n onteerde is nie; en 'n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God.
7 Não poderão casar com mulher prostituta ou desonrada, nem com mulher divorciada de seu marido, pois o sacerdote é santo para o seu Deus.
8 Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is Ek, die HERE wat julle heilig.
8 Portanto, você deve considerá-lo santo, porque oferece o pão do seu Deus. Ele será santo para vocês, porque eu, o Senhor que os santifico, sou santo.
9 En as die dogter van 'n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.
9 Se a filha de um sacerdote se desonrar, entregando-se à prostituição, profana o pai dela; será queimada.
10 En die priester wat die hoogste onder sy broers is, op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om die klere aan te trek hy mag sy hare nie laat loshang en geen skeure in sy klere maak nie.
10 — O sumo sacerdote entre seus irmãos, sobre cuja cabeça foi derramado o óleo da unção, e que for consagrado para usar as vestes sagradas, não deixará os cabelos sem pentear, nem rasgará as suas roupas.
11 En hy mag by geen dooie kom nie, selfs aan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie;
11 Não se aproximará de cadáver algum, nem se contaminará por causa do seu pai ou da sua mãe.
12 en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is die HERE.
12 Não sairá do santuário, nem profanará o santuário do seu Deus, pois a consagração do óleo da unção do seu Deus está sobre ele. Eu sou o Senhor .
13 En hy moet 'n vrou in haar maagdelike staat neem.
13 Ele tomará por mulher uma virgem.
14 'n Weduwee of een wat verstoot is of 'n onteerde, of 'n hoer hulle moet hy nie neem nie; maar 'n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,
14 Não casará com viúva, divorciada, desonrada ou prostituta, mas tomará por mulher uma virgem do seu povo.
15 dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hom heilig.
15 E não profanará a sua descendência entre o seu povo, porque eu sou o Senhor , que o santifico.
16 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
16 O Senhor disse a Moisés:
17 Spreek met A„ron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie.
17 — Fale a Arão, dizendo: Nenhum dos seus descendentes, nas suas gerações, em quem houver algum defeito se aproximará para oferecer o pão do seu Deus.
18 Want niemand aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom nie: 'n blinde of 'n lamme of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie 'n liggaamsdeel te lank is,
18 Pois nenhum homem em quem houver defeito se aproximará: seja um homem cego, coxo, de rosto mutilado ou desproporcionado,
19 of iemand wat 'n been of 'n arm gebreek het,
19 homem que tiver o pé quebrado ou mão quebrada,
20 of wat 'n boggel het of uitgeteer is of 'n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of 'n gebreklike skaamdeel het.
20 que for corcunda, anão, que tiver defeito nos olhos, sarna, feridas na pele, ou que tiver testículo esmagado.
21 Geen man uit die nageslag van A„ron, die priester, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. 'n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie.
21 Nenhum homem da descendência de Arão, o sacerdote, em quem houver algum defeito se aproximará para oferecer as ofertas queimadas do Senhor ; ele tem defeito; não se aproximará para oferecer o pão do seu Deus.
22 Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet;
22 Poderá comer o pão do seu Deus, tanto do santíssimo como do santo.
23 maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat 'n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
23 Porém não poderá entrar até o véu, nem se aproximará do altar, porque tem defeito, para que não profane os meus santuários, porque eu sou o Senhor , que os santifico.
24 En Moses het dit aan A„ron en sy seuns gesê en aan al die kinders van Israel.
24 Foi isso que Moisés disse a Arão, aos filhos deste e a todos os filhos de Israel.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Levítico 21, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.