Levítico 1

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVI

Sair da comparação
NVI Nova Versão Internacional
1 En die HERE het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê:
1 Da Tenda do Encontro o Senhor chamou Moisés e lhe ordenou:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die HERE 'n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee -- van beeste of van kleinvee.
2 "Diga o seguinte aos israelitas: Quando alguém trouxer um animal como oferta ao Senhor, que seja do gado ou do rebanho de ovelhas.
3 As sy offer 'n brandoffer is van beeste, moet dit 'n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind.
3 "Se o holocausto for de gado, oferecerá um macho sem defeito. Ele o apresentará à entrada da Tenda do Encontro para que seja aceito pelo Senhor,
4 En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen.
4 e porá a mão sobre a cabeça do animal do holocausto para que seja aceito como propiciação em seu lugar.
5 Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van die HERE slag; en die seuns van A„ron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.
5 Então o novilho será morto perante o Senhor, e os sacerdotes, descendentes de Arão, trarão o sangue e o derramarão nos lados do altar, que está na entrada da Tenda do Encontro.
6 Dan moet hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel.
6 Depois se tirará a pele do animal, que será cortado em pedaços.
7 En die seuns van A„ron, die priester, moet vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê.
7 Então os descendentes do sacerdote Arão acenderão o fogo do altar e arrumarão a lenha sobre o fogo.
8 Ook moet die seuns van A„ron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
8 Em seguida arrumarão os pedaços, inclusive a cabeça e a gordura, sobre a lenha que está no fogo do altar.
9 Maar die binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
9 As vísceras e as pernas serão lavadas com água. E o sacerdote queimará tudo isso no altar. É um holocausto, oferta preparada no fogo, de aroma agradável ao Senhor.
10 En as sy offer 'n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit 'n ram sonder gebrek wees wat hy bring.
10 "Se a oferta for um holocausto do rebanho, quer de cordeiros quer de cabritos, oferecerá um macho sem defeito.
11 En hy moet dit slag aan die noordekant van die altaar, voor die aangesig van die HERE; en die seuns van A„ron, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar uitgooi.
11 O animal será morto no lado norte do altar, perante o Senhor; os sacerdotes, descendentes de Arão, derramarão o sangue nos lados do altar.
12 Daarna moet hy dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet dit reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
12 Então o animal será cortado em pedaços. O sacerdote arrumará os pedaços, inclusive a cabeça e a gordura, sobre a lenha que está no fogo do altar.
13 Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles bring en op die altaar aan die brand steek; 'n brandoffer is dit, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
13 As vísceras e as pernas serão lavadas com água. O sacerdote trará tudo isso como oferta e o queimará no altar. É um holocausto, oferta preparada no fogo, de aroma agradável ao Senhor.
14 En as sy offer aan die HERE 'n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van jong duiwe.
14 "Se a sua oferta ao Senhor for um holocausto de aves, traga uma rolinha ou um pombinho.
15 En die priester moet dit na die altaar bring en die kop afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word.
15 O sacerdote trará a ave ao altar, destroncará o pescoço dela e a queimará, e deixará escorrer o sangue da ave na parede do altar.
16 Dan moet hy die krop met die vere daaraan verwyder en dit by die altaar gooi, aan die oostekant, op die asplek.
16 Ele retirará o papo com o seu conteúdo e o jogará ao lado leste do altar, onde ficam as cinzas.
17 Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; 'n brandoffer is dit, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
17 Rasgará a ave pelas asas, sem dividi-la totalmente, e então o sacerdote a queimará sobre a lenha acesa no altar. É um holocausto, oferta preparada no fogo, de aroma agradável ao Senhor".

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Levítico 1, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.